DIE BETEKENIS VAN KOLOSSENSE 1:15-20

Vertrekpunt: En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die een, waaragtige Elohiem, en Y'shua die Messias wat U gestuur het (Yahuganan 17:3)

Hy (Messias) is die Beeld van die onsienlike Elohiem (15)

die Eersgeborene van die hele skepping (15)

in (Gr. "en") Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is (16)

alle dinge is deur (Gr. "dia") Hom en tot (Gr. "eis") Hom geskape (16)

Hy is voor (Gr. "pro") alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand (17)

Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente;Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees (18)

dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon (19)