DIE EWIGE EVANGELIE
En ek het 'n ander boodskapper in die middel van die lug sien vlieg met 'n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. En hy het met 'n groot stem gesê: Vrees Elohiem en gee Hom eer, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het (Openbaring 14:6-7).
Baie mense en groepe maak vandag aanspraak daarop dat hulle draers en verkondigers van die evangelie is. Talle programme word aangebied en baie geld word spandeer om hierdie "evangelie" te promoveer. Deur hierdie "evangelie" met die "ewige evangelie" van Openbaring 14 te vergelyk, blyk dit egter dat daar êrens ‘n groot skroef los is. Hoe verskriklik dit ook al mag klink om dit te moet sê, kan ‘n mens nie anders nie as om te erken: Die populêre evangelie wat in meeste kerke en by groot saamtrekke en op talle "sendingvelde" verkondig word, IS NIE DIESELFDE as die "ewige evangelie" wat die boodskapper van Openbaring 14 aan die mense van die aarde verkondig het nie.
Die woord "evangelie" is ‘n direkte vertaling van die Griekse woord "euangellion" wat sowat 75 keer in die Na-Messiaanse Geskrifte gebruik word. Letterlik vertaal, beteken hierdie woord: "goeie boodskap" of "goeie nuus". Die woord "euangellion" is heel waarskynlik ‘n Griekse vertaling van die Hebreeuse woord "basar" wat onder meer voorkom in YeshaYahu 52:7 ("Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Tsion sê: Jou Elohiem is Koning!") en YeshaYahu 61:1 ("Die Gees van die Meester Yahweh is op My, omdat Yahweh My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis"). Die werkwoord "basar" beteken letterlik "om vars, lewendig te wees; om vlees (vel) te hê of vlees te kry; om bly te wees of bly te maak; om ‘n blye boodskap te bring". Dis tragies dat heelwat van hierdie betekenis eintlik in die populêre gebruik van die woord "evangelie" verlore gaan.
Een van die probleme is dat baie Engelse vertalings volhard om "euangellion" met die woord "gospel" te vertaal. "Gospel" is afgelei van die Anglo-saksiese woord "god-spell" wat om twee redes onaanvaarbaar is: (1) "God" is ‘n mensgemaakte woord as aanspreekvorm vir die Almagtige wat ‘n konkoksie is van verskillende vorme van die naam van ‘n afgod, onder meer "Gad", "Godan", "Goda" en "Gud", en (2) Die woord "spell’ beteken onder meer "A charm consisting of some words of occult power", maar ook "a short time; a little time". Nie een van hierdie beskrywings laat reg geskied aan die wese van die "goeie boodskap" wat reg deur die Skrif verkondig word nie.
Kom ons kyk na ‘n aantal eienskappe van die "ewige evangelie" wat in Openbaring 14 ter sprake kom, sodat ons kan deurdring tot die kern van die misleiding van ons dag, maar ook die hart van die goeie boodskap wat Yahweh wil hê ons moet hoor.
"The pathetic thing is that we have scientists who are trying to prove evolution, which no scientist can ever prove." (Dr Robert Millikan, Nobel Prize winner and evolutionist)
"We have to admit that there is nothing in the geological records that runs contrary to the views of conservative creationists." (Evolutionist Edmund Ambrose)
"Modern apes ... seem to have sprung out of nowhere. They have no yesterday, no fossil record. And the true origin of modern humans ... is, if we are to be honest with ourselves, an equally mysterious matter." (Lyall Watson, Ph.D., Evolutionist)
"My attempts to demonstrate evolution by an experiment carried on for more than 40 years have completely failed." (N.H.Nilson, famous botanist and evolutionist)
"Not one change of species into another is on record ... we cannot prove that a single species has been changed." (Charles Darwin, My Life & Letters)
"Fossils are a great embarrassment to Evolutionary theory and offer strong support for the concept of Creation." (Gary Parker, Ph.D., palaeontologist and former evolutionist)