DIE KEUSES WAT ONS MAAK

Almal van ons word daagliks met keuses gekonfronteer. Die keuse of ons gaan aanhou of gaan handdoek ingooi. Die keuse of ons mense gaan aanvaar en gaan liefhê en of ons hulle gaan uitsluit en wegstoot. Die keuse of ons ons deur gerief gaan laat lei of deur verantwoordelikheid. Die keuse tussen dit wat reg is en dit wat aangenaam is. Die keuse om tot aksie oor te gaan of ‘n lae profiel te handhaaf. Die keuse om ‘n einde te maak aan dit wat verkeerd is, of nie. So sal ‘n mens kan aangaan – daar is nie ‘n enkele dag in ons lewe dat keuses nie ter sprake kom nie. En wat ons in elke situasie besluit, het gewoonlik verreikende gevolge. Iemand het gesê: "It is choices, not chance, that determines our destiny." In die Skrif kom die belangrikheid van keuses telkens na vore en word daar duidelike riglyne gegee oor die soort keuses wat gelowiges behoort te maak.

  1. YAHUSHUA SE HUIS EN GHIEDÓN SE HUIS
  2. Yahushua (Joshua) 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om Yahweh te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die magtiges wat julle vaders daar oorkant die Perat gedien het, òf die magtiges van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal Yahweh dien.

    Shofetiem (Rigters) 8:26-27 En die gewig van die goue ringe wat hy gevra het, was sewentien honderd shekels goud, behalwe die maantjies en die oorversiersels en purper klere wat die konings van Miedyan gedra het, en behalwe die kettings wat aan die nekke van hulle kamele was. En Ghiedón het daar 'n skouerkleed van gemaak en dit in sy stad, in Ofrah, opgestel; en die hele Yiesraél het dit daar agternagehoereer, en dit het vir Ghiedón en sy huis 'n strik geword.

  3. ESTER, TEEN MENSEWETTE, EN JOB, TEEN DIE VERWAGTING
  4. Ester 4:16 Gaan heen, versamel al die Yehudiem wat in Shushan te vinde is, en vas julle om my ontwil; en julle moet nie eet en drink nie, drie dae lank, nag en dag; ek ook met my dienaresse sal net so vas; en so sal ek na die koning ingaan, wat nie ooreenkomstig wet is nie, en as ek omkom, dan kom ek om.

    Iyov (Job) 2:3 En Yahweh vra vir die Satan: Het jy ag geslaan op my kneg Iyov? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man toegewyd en opreg, wat Elohiem vrees en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy toewyding, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak.

  5. DAWIED EN EEN UIT DIE GESLAG VAN DAWIED
  6. 2 Shemuél (2 Samuel) 22:22 Want ek het die weë van Yahweh gehou en nie in afvalligheid van my Elohiem afgewyk nie.

    YeshaYahu 7:14-15 Daarom sal Yahweh self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun verwek en hom Immanuél noem. Dikmelk en heuning sal hy eet totdat hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is.

  7. BAÁL SE DISSIPELS EN MASHIACH SE DISSIPELS
  8. 1 Melagiem (1 Konings) 18:21 En EliYah het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As Yahweh Elohiem is, volg Hom na; en as Baál dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.

    Yahuganan 6:67-68 Toe sê Y'shua vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie? En Shiemón Kefa antwoord Hom: Meester, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.

  9. SHAÚL DIE KONING EN SHAÚL DIE APOSTEL
  10. 1 Shemuél (1 Samuel) 13:2,7 het Shaúl vir hom drie duisend man uit Yiesraél uitgesoek; en by Shaúl was twee duisend in Miegmas en op die berge van Bet-el, en duisend was by Yahunatan in Ghieváh in Benyamien; maar die orige manne het hy laat gaan, elkeen na sy tente toe. En die Ievriem het die Yarden deurgetrek na die land Ghad en Ghielád; maar Shaúl was nog in Ghielghal met al die manne wat bewende agter hom aan gegaan het.

    Handelinge 21:12-13 En toe ons dit hoor, het ons saam met die broers van die plek hom gesmeek om nie op te gaan na Yerushalayiem nie. Maar Shaúl het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Yerushalayiem te sterf vir die Naam van die Meester Y'shua.

  11. DIE VREEMDELINGE EN DIE EERSTELINGE
  12. YeshaYahu 56:4-5 Want so sê Yahweh aan die ontmandes wat my Shabbatte hou en verkies wat My behaag en vashou aan my verbond: Ek sal aan hulle in my huis en binnekant my mure 'n herinneringsteken en 'n naam gee wat beter is as seuns en dogters; 'n ewige naam gee Ek aan hulle, wat nie uitgeroei sal word nie.

    Openbaring 14:4-5 Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir Elohiem en die Lam. En in hulle mond is die leuen nie gevind nie; want hulle is sonder gebrek.

  13. KEFA VERVUL MET VREES EN KEFA VERVUL MET DIE GEES
  14. MattietYahu (Matteus) 26:69-70 En Kefa het buite gesit in die binneplaas van die paleis, en 'n sekere diensmeisie het na hom gekom en gesê: Jy was ook by Y'shua, die Ghaliliet! Maar hy het dit voor almal ontken en gesê: Ek weet nie wat jy sê nie.

    Handelinge 4:18-20 En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Y'shua te praat of te leer nie. Toe antwoord Kefa en Yahuganan en sê vir hulle: Of dit reg is voor Elohiem om julle meer gehoorsaam te wees as Elohiem, moet julle self beslis; want vir ons is dit onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.

  15. ENKELES UIT SMIRNA EN ENKELES UIT SARDIS
  16. Openbaring 2:14 Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bielám wat Balak geleer het om 'n struikelblok voor die kinders van Yiesraél te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer.

    Openbaring 3:4 Maar jy het enkele persone in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is.

  17. JOSEF SEUN VAN YAÁKOV EN JOSEF VAN RAMATAYIEM
  18. Bereshiet (Genesis) 39:7-8 Na hierdie dinge het die vrou van sy meester haar oë na Yosef opgerig en gesê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het geweier en aan die vrou van sy meester gesê: Kyk, deur my is dit dat my meester geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee.

    Markus 15:42-43 En toe dit aand geword het, omdat dit die voorbereiding was, dit is die dag voor die Shabbat, kom daar 'n vername raadslid, Yosef van Ramatayiem, wat self ook die koninkryk van Elohiem verwag het; en hy waag dit om na Pilatus in te gaan en die liggaam van Y'shua te vra.

  19. MOSHEH EN MASHIACH

Ievriem (Hebreërs) 11:24-25 Deur die geloof het Mosheh, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word, omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van Elohiem as om 'n tyd lank die genot van die sonde te hê.

Ievriem (Hebreërs) 12:2 die oog gevestig op Y'shua, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die folterpaal verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van Elohiem gaan sit het.