DIE "NOG-NIE" ASPEK VAN GELOOF
Die Skrif verklaar uitdruklik dat geloof berus op ‘n verwagting en ‘n vaste hoop dat ons dinge sal ontvang en beleef wat ons nog nie kan sien nie en nog nie besit nie. So staan daar in Ievriem (Hebreërs) 11:1: "
Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons (nog) nie sien nie" en ook weer in vers 13: "In die geloof het hulle almal gesterf sonder om die beloftes te ontvang, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en verwelkom, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was." Hierdie siening van geloof sluit aan by die eenvormige boodskap van die Skrif in sy geheel, dat gelowiges kan uithou en kan volhou omdat hulle hul geloofsoog en hulle hoop geplaas het op dit wat Yahweh gesê het Hy nog in die toekoms vir hulle gaan doen. Twee Skrifgedeeltes wat hierdie soort hoop duidelik illustreer is Tehielliem (Psalm) 27:13-14 ("o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van Yahweh sal sien in die land van die lewendes nie.... Wag op Yahweh! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op Yahweh!") en Romeine 8:24-25 ("Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog? Maar as ons hoop wat ons (nog) nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding").Daar is dus in die hart van elke ware gelowige ‘n lewende hoop dat hy/sy in die toekoms dinge in ontvangs sal neem wat Yahweh lankal reeds voorberei het, maar nog nie uitgedeel of volledig laat realiseer het nie. Hierdie spanning tussen dit wat Yahweh beloof het en dit wat Hy nog nie gedoen het nie, het alles met TYD te make. Dit wat Yahweh belowe het, sal Hy op die regte tyd in vervulling laat gaan:
Psa 104:27
Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd.Isa 60:22
Die kleinste sal 'n geslag word en die geringste 'n magtige nasie. Ek, Yahweh, sal dit op die regte tyd gou laat kom.Gal 6:9
En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.Die "nog-nie" aspek van geloof het ook ‘n ander dimensie. Dis nie net Yahweh wat sekere dinge vir ‘n bepaalde tyd terughou sodat ons dit nog nie kan beleef nie. Ook van óns kant af is daar baie dinge wat nog nie in plek is nie – dinge wat met ongeloof en onkunde en ongehoorsaamheid te make het. Een van die belangrikste redes waarom Yahweh nog nie gedoen het wat Hy gesê het Hy sal doen nie, is juis omdat die mense wat Hy wil seën en wil bevoordeel met sy beloftes, nog nie by daardie plek gekom het waar hulle gereed is vir dit wat die Almagtige vir hulle wil gee en vir die wêreld in sy geheel, beplan het nie. Kom ons kyk wat sê die Skrif oor dinge wat moontlik nog nie in plek is in ons lewens nie.
Shemot (Ex) 9:30
Maar wat u en u dienaars betref - ek weet dat julle nog nie ontsag het vir Yahweh Elohiem nie.Shemot (Ex) 10:7
Toe vra Farao se dienaars vir hom: Hoe lank sal die man vir ons 'n strik wees? Laat die manne trek, dat hulle Yahweh hulle Elohiem kan dien. Weet u nog nie dat Mietsrayiem te gronde gaan nie?
Wayyiekkra (Lev) 26:18
En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig.Devariem (Deut) 12:9
Want julle het nog nie gekom in die rusplek en in die erfenis wat Yahweh jou Elohiem jou sal gee nie.1 Shemuel (1 Sam) 3:7
Maar Shemuél het Yahweh nog nie geken nie; ook was die woord van Yahweh nog nie aan hom geopenbaar nie.2 Kron 20:32-33
En hy (Yahushafat) het gewandel in die weg van sy vader Asa en daar nie van afgewyk nie, en het gedoen wat reg was in die oë van Yahweh. Net die hoogtes is nie afgeskaf nie: die volk het nog nie hulle hart op die Elohiem van hulle vaders gerig nie.Matt 15:17
Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie?Luk 24:41-44
En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: Het julle hier iets om te eet? … En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gepraat het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskryf is in die Torah van Mosheh en die profete en die psalms, vervul moet word.1 Kor 3:1-2
En ek, broers, kon met julle nie praat soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in die Messias. Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste kos nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,Ievriem (Heb) 12:4
Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied (Eng: "You have not yet resisted to the point of shedding blood") in julle stryd teen die sonde nie. En julle het die vermaning totaal vergeet wat met julle as seuns praat: My seun, ag die tugtiging van Yahweh nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want Yahweh tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.