EEUE-OUE GESTALTES VAN ONGEHOORSAAMHEID

  1. Hand 19:9 Maar toe sommige hulle verhard en ongehoorsaam was en voor die menigte aanhou kwaadspreek van die Weg, het hy van hulle weggegaan en die dissipels afsonderlik geneem en elke dag in die skool van 'n sekere Tirannus samesprekinge gehou.
  2. (AANHOUDEND KWAADSPREEK VAN DIE WEG)

  3. Rom 2:5-8 Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as 'n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van Elohiem wat elkeen sal vergeld na sy werke: aan die wat deur volharding in goeie werke grootheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe; maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn.
  4. (JOU HART VERHARD EN DIE WAARHEID VERWERP)

  5. Efes 2:1-3 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het.
  6. (LAAT JOU LEI DEUR DIE PATROON VAN DIE WÊRELD EN DIE WIL VAN DIE VLEES)

  7. Efes 5:5-6 Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat 'n afgodedienaar is, 'n erfdeel het in die koninkryk van die Messias en van Elohiem nie. Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van Elohiem oor die kinders van die ongehoorsaamheid.
  8. (MAAK DIE REGTE GELUIDE, MAAR IN WESE ‘N AFGODEDIENAAR)

  9. Kol 3:5-8 Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, waardeur die toorn van Elohiem oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom, waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het. Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.
  10. (VERSUIM OM HARTSTOG, SLEGTE BEGEERTES EN GIERIGHEID ["PLEONEKTES" = OBSESSIE OM ALTYD MEER TE HÊ], ASOOK TOORN, WOEDE, BOOSHEID EN LASTER AF TE LÊ)

  11. Titus 1:13-16 Daarom moet jy hulle skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees, en hulle nie besig hou met Yehudiese fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie. Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel. Hulle bely dat hulle Elohiem ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.
  12. (HOU JOU BESIG MET GEBOOIE VAN MENSE WAT VAN DIE WAARHEID AFGEWYK HET)

  13. 1 Kefa (1 Petrus) 4:14-17 As julle beledig word oor die Naam van die Messias, is julle geseënd, omdat die Gees van die voortreflikheid en van Elohiem op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy lof toegebring. Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van 'n ander bemoei nie. Maar wanneer iemand as 'n volgeling van die Messias ly, moet hy hom nie skaam nie, maar Elohiem lof toebring in hierdie opsig. Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van Elohiem. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van Elohiem ongehoorsaam is?

(DIE EVANGELIE VAN ELOHIEM VERWERP DEUR VOLGELINGE VAN DIE MESSIAS TE BELEDIG OOR DIE NAAM VAN DIE MESSIAS)