ERFDEEL TOT IN EWIGHEID
Een van die grootste verskille tussen menslike eienskappe / menslike pogings en Yahweh se eienskappe / Yahweh se werke is dat ons mense so kortstondig en wisselvallig is, maar dat Yahweh, daarenteen, staan vir blywendheid en ewigheid. Kom ons kyk na ‘n aantal gedeeltes in die boek Tehielliem (Psalms) wat dit bevestig.
E
rfdeel tot in ewigheid - Teh 28:9 Verlos u volk en seën u erfdeel, en wees vir hulle 'n herder en dra hulle tot in ewigheid. Teh 33:12 Geseënd is die nasie wie se Elohiem Yahweh is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.W
ysheid tot in ewigheid - Teh 111:10 Die vrees van Yahweh is die beginsel van die wysheid; almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand. Sy lof bestaan tot in ewigheid. Teh 19:7 Die Torah van Yahweh is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van Yahweh is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.I
nhoud van die Woord tot in ewigheid - Teh 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid. Teh 119:89 Vir ewig, o Yahweh, staan u woord vas in die hemel.G
oedertierenheid tot in ewigheid – Teh 100:5 Want Yahweh is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag. Teh 25:10 Al die paaie van Yahweh is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.H
erinneringsnaam tot in ewigheid - Teh 135:13 o Yahweh, u Naam is tot in ewigheid, u herinneringsnaam, Yahweh, van geslag tot geslag! Teh 5:11 Maar laat hulle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet.E
er tot in ewigheid - Teh 61:8 So wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, om my geloftes te betaal, dag na dag. Teh 68:4 Sing tot eer van Elohiem, psalmsing tot eer van sy Naam … Yah is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!I
ngang en uitgang tot in ewigheid - Teh 121:8 Yahweh sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid. Teh 32:7 U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Selah.D
eel tot in ewigheid - Teh 73:26 Al beswyk my vlees en my hart - Elohiem is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid. Teh 119:55-59 Yahweh, in die nag het ek gedink aan u Naam, en ek het u Torah onderhou. Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het. Yahweh is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar. Ek het U van ganser harte om guns gesmeek; bewys guns aan my ooreenkomstig u belofte. Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse.
Teh 16:11 U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.