FEES VAN VERNUWING

In Yahuganan (Johannes) 10:22 word aangedui dat Y'shua die Fees van die Vernuwing in Yerushalayiem bygewoon het. Hierdie fees, wat ook as die Fees van die Tempelwyding of in Engels as "The Feast of the Dedication of the Altar" of "The Feast of Lights" of "Chanukah" bekendstaan, is ‘n fees wat deur die Yehudiem sedert die periode van die Makkabeërs, vanaf die jaar 165 v.M. om presies te wees, gevier is. In die eertste Boek van die Makkabeërs, hoofstuk 4:59 staan daar geskryf: "Moreover Yehudah and his brothers with the whole congregation of Israel ordained, that the days of the dedication of the altar should be kept in their season from year to year by the space of eight days, from the 25th day of the month Kislev, with mirth and gladness." Die Makkabeërs (waarvan Yehudah een was) was ‘n toegewyde Yehudiese familie van die stam van Levi wat gelewe het in die tyd van die Griekse koning Antiochus Epiphanes en wat geweier het om hierdie koning se wreedhede en sy veragting van Yahweh en sy gebooie te aanvaar. Die Makkabeërs se opstand is aangevuur deur ‘n hele reeks van vergrype onder leiding van Koning Antiochus Epiphanes wat oor ‘n hele aantal jaar gestrek het. Eers het hy Yerushalayiem ingeval, derduisende Yehudiem laat doodmaak en nog duisende ander gedwing om na sy pype te dans. In die jaar 167 v.M. het hy ‘n altaar ter ere van Zeus in die tempel laat oprig. Kom ons lees wat staan daar in die Eerste Boek van Makkabeërs oor hierdie donker periode in die geskiedenis van die Yehudioem geskryf:

1Makk. 1:21 e.v. And he entered proudly into the sanctuary, and took away the golden altar, and the candlestick of light, and all the vessels thereof, And the table of the shewbread, and the pouring vessels, and the vials. and the censers of gold, and the veil, and the crown, and the golden ornaments that were before the temple, all which he pulled off. He took also the silver and the gold, and the precious vessels: also he took the hidden treasures which he found. And when he had taken all away, he went into his own land, having made a great massacre, and spoken very proudly. Therefore there was a great mourning in Israel … and all the house of Jacob was covered with confusion … And he spake peaceable words unto them, but all was deceit: for when they had given him credence, he fell suddenly upon the city, and smote it very sore, and destroyed much people of Israel. And when he had taken the spoils of the city, he set it on fire, and pulled down the houses and walls thereof on every side. But the women and children they took captive, and possessed the cattle … For the king had sent letters by messengers unto Jerusalem and the cities of Juda that they should follow the strange laws of the land, And forbid burnt offerings, and sacrifice, and drink offerings, in the temple; and that they should profane the sabbaths and festival days: And pollute the sanctuary and holy people: Set up altars, and groves, and chapels of idols, and sacrifice swine's flesh, and unclean beasts: That they should also leave their children uncircumcised, and make their souls abominable with all manner of uncleanness and profanation: To the end they might forget the law, and change all the ordinances. And whosoever would not do according to the commandment of the king, he said, he should die.

Die Makkabeërs, aanvanklik onder leiding van Mattatias, en na sy dood, onder leiding van sy 5 seuns, en veral Yehudah (wat die bynaam "Judah the Hammer" ontvang het), het hulle voet neergesit en ‘n houding ingeneem van : Genoeg is genoeg! Dis interessant dat die Hebreeuse stamwoord van "Chanukah" ("chanuch" of "chanach" = "om toe te wy") baie dieselfde klink as die Afrikaanse woord "genoeg"! Hulle het ‘n georganiseerde opstand teen Antiochus geloods, die tempel in 165 v.M. weer onder die beheer van Antiochus en sy troepe uit teruggeneem, dit gereinig, ‘n nuwe altaar laat oprig en nuwe tempelvoorwerpe laat maak (waaronder die Menorah soos voorgeskryf in die Torah – met sewe vertakkings (en nie 9 soos deesdae allerweë met Chanukah geassosieer word nie). En om die seël hierop te plaas het hulle ‘n jaarlikse fees van agt dae uitgeroep, soos ons reeds hierbo gesien het. Daar is ‘n sterk vermoede onder geskiedkundiges dat die eerste agtdaagse fees van Chanukah in die jaar 165 v.M. eintlik ‘n vertraagde Huttefees was, omdat daar weens die oorlog en die streng maatreëls van Antiochus nie voorheen geleentheid daarvoor was nie.

Ek meen nie dat daar ‘n verpligting op nie-Yehudiese gelowiges rus om hierdie fees te vier nie, maar dit sal beslis nie kwaad doen om dit wel te doen nie en met die aanvang van hierdie fees vandag kan ons mekaar gerus herinner aan die ywer en toewyding en onverskrokke vrees vir Yahweh wat in deur die lewe en getuienis van die Makkabeërs na vore gekom het. Dit word onder meer weerspieël in hierdie woorde van Mattatias, die vader van die Makkabeërs:

"Though all the nations that are under the king's dominion obey him, and fall away every one from the religion of their fathers, and give consent to his commandments: Yet will I and my sons and my brethren walk in the covenant of our fathers. Yahweh forbid that we should forsake the law and the ordinances. We will not hearken to the king's words, to go from our religion, either on the right hand, or the left … Call to remembrance what acts our fathers did in their time; so shall ye receive great honour and an everlasting name. Was not Avraham found faithful in temptation, and it was imputed unto him for righteousness? Yoseph in the time of his distress kept the commandment and was made master of Egypt. Pinechas our father in being zealous and fervent obtained the covenant of an everlasting priesthood. Yahushua for fulfilling the word was made a judge in Yisrael. Kalev for bearing witness before the congregation received the heritage of the land. David for being merciful possessed the throne of an everlasting kingdom. EliYah for being zealous and fervent for the law was taken up into heaven. ChananYah, AzarYah and Mishaél by believing were saved out of the flame. Daniel for his innocence was delivered from the mouth of lions. And thus consider ye throughout all ages, that none that put their trust in Him shall be overcome" (1 Makk. 2).

In hierdie maand, waarin mense regoor die wêreld so kunsmatig betower word deur die verwagting en koorsagtige voorbereidings vir ‘n ander fees (wat ook op die 25ste dag van ‘n maand gehou word, maar van ‘n ander kalender en in ‘n totaal ander gees as die gees van die Makkabeërs), kan ons gerus inspirasie put uit die oorsprong en betekenis van die Fees van Vernuwing en Her-toewyding. Ons het weliswaar nie ‘n fisiese tempel wat ons kan opknap en suiwer nie. Maar wat van die onsigbare tempel van Yahweh en die verregaande vergrype teen hierdie tempel? Yahweh se huis of tempel is simbolies van sy Torah, sy waardes en sy beginsels van reg en geregtigheid, guns en barmhartigheid, versoening en ware vrede. Verder is die tempel die ruimte wat spesiaal geskep is om lof en eer en aanbidding (in gees en in waarheid) aan Hom toe te bring en om die lig van Yahweh die wêreld in te reflekteer. Hoeveel daarvan kom in ons dag tot sy reg? Hoeveel van die vrees vir Yahweh en sy Woord kom in ons dag tot sy reg? Hy woon nie regtig in ‘n huis wat met hande gemaak is nie. Maar Hy wil woon en gesien word in die lewens van hulle wat sy Naam bely. Die vraag is egter of hierdie "huis" / "tempel" in ons dag veel beter lyk as in die dae van Antiochus Epiphanes. Het ons nie weer by ‘n punt gekom waar daar drastiese vernuwing en daadwerkilike hertoewyding nodig is nie? Waar toegewyde gelowiges sal opstaan en in die gees van Yehudah die Makkabeër oor die vergrype teen Yahweh en sy Woord sal uitroep: Genoeg is genoeg!

Die profeet Gaghai (Haggai) skryf ook oor ‘n dag waarop die volk van Yiesrael ‘n punt in hulle geskiedenis bereik het waar hulle tot stilstand geroep moes word, diepe selfondersoek moes instel en al hulle kragte moes inspan om Yahweh se tempel weer in ere te herstel. Die dag en datum word selfs uitgespel: Die 24ste dag van die negende maand. Vandag is dit die 12de Desember 2009, volgens die Gregoriaanse Kalender. Maar volgens die kalender van die Skrif is dit vandag ook die 24ste dag van die negende maand. Miskien moet ons juis op hierdie dag weer ‘n slag mooi luister na die boodskap van Gaghai, die één profeet wat meer as enige ander profeet, die volk opgeroep het om die Huis van Yahweh te herstel, net soos later weer, in die tyd van die Makkabeërs.

Hag 1:7-9; 2:15-19 So sê Yahweh van die leërskare: Slaan ag op wat julle beleef het! Klim op die berg en bring hout aan en bou die huis; dan sal Ek 'n behae daaraan hê en My grootheid toon, sê Yahweh. Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? sê Yahweh van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop … Merk dan nou tog op, van hierdie dag af terug! Voordat hulle steen op steen gelê het in die tempel van Yahweh, in daardie tyd het iemand gekom by 'n koringmied van twintig maat, en daar was maar tien; hy het gekom by die parskuip om vyftig emmers te skep, en daar was maar twintig. Ek het julle swaar getref met brandkoring en heuningdou en hael - al die werk van julle hande - nogtans het niemand van julle hom tot My gewend nie, sê Yahweh. Merk tog op, van hierdie dag af terug, van die vier en twintigste dag van die negende maand, naamlik van die dag af toe hulle die fondament van die tempel van Yahweh gelê het; merk op: Is daar nog saad in die skuur? Ja, selfs die wingerdstok en die vyeboom en die granaatboom en die olyfboom het niks opgelewer nie. Van hierdie dag af sal Ek seën …