GESEËND IS YAHWEH!
- Geseënd is Yahweh wat sy goedertierenheid en sy trou nie aan ons onttrek nie – Bereshiet 24:27 "Geseënd is Yahweh, die Elohiem van Avraham, my meester, wat sy goedertierenheid en sy trou aan my meester nie onttrek het nie."
- Geseënd is Yahweh wat spesiale mense oor ons pad stuur – 1 Shemu’el 25:32 "Toe sê Dawied vir Avighail: Geseënd is Yahweh, die Elohiem van Yisra’el, wat jou vandag my tegemoet gestuur het!"
- Geseënd is Yahweh wat vir ons kinders en ouers gee wat in wysheid wandel – 1 Melagiem 5:7 "Geseënd is Yahweh vandag wat vir Dawied ‘n wyse seun gegee het oor hierdie groot volk."
- Geseënd is Yahweh wie se beloftes waar en betroubaar is – 1 Melagiem 8:15 "En hy sê: Geseënd is Yahweh, die Elohiem van Yisra’el, wie se hand volbring het wat sy mond met my vader Dawied gespreek en gesê het."
- Geseënd is Yahweh wat nie vir ons ‘n Verlosser laat ontbreek het nie – Rut 4:14 "Toe sê die vroue vir Naómi: Geseënd is Yahweh wat aan jou vandag ‘n losser nie laat ontbreek het nie! En mag sy naam in Yisra’el geroem word!"
- Geseënd is Yahweh wat sy wet op ons harte geskryf het – Ezra 7:27 "Geseënd is Yahweh, die Elohiem van ons vaders, wat so iets in die hart van die koning gegee het."
- Geseënd is Yahweh wat my versugtinge hoor en uitkoms gee op die regte tyd – Tehilliem 28:6-7 "6 Geseënd is Yahweh, want Hy het die stem van my smekinge gehoor. Yahweh is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang."
- Geseënd is Yahweh wat ons dag na dag dra – Tehilliem 68:19 "Geseënd is Yahweh! Dag ná dag dra Hy ons; El is ons verlossing!"
- Geseënd is Yahweh wat my hande leer om te veg – Tehilliem 144:1-2 "Geseënd is Yahweh, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer … my bergvesting, my skans en my redder, my skild en die Een by wie ek skuil"
- Geseënd is Yahweh wat ons troos in al ons verdrukking – 2 Kor 1:3-4 "Geseënd is die Elohiem en Vader van ons Meester, Y'shua die Messias, die Vader van ontferminge en die Elohiem van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur Elohiem getroos word."
- Geseënd is Yahweh wat ons in die Messias seën met alle geestelike seëninge – Efes 1:3 "Geseënd is die Elohiem en Vader van ons Meester, Y'shua die Messias wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in die Messias."
- Geseënd is Yahweh wat vir ons deur Y'shua die hoop op die wedergeboorte geskenk het – 1 Kefa 1:3-4 "Geseënd is die Elohiem en Vader van ons Meester, Y'shua die Messias wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Y'shua die Messias uit die dode, sodat ons 'n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons."