GESTALTES VAN AFGODEDIENS (2)
By ‘n vorige geleentheid het ons gesien hoe deurtrek ons hele samelewing van verskillende gestaltes van afgodediens is en daarop gewys dat ons as gelowiges hoegenaamd nie van hierdie gevaar vrygestel is nie. Vandag gaan ons probeer om opnuut die terrein van afgodediens te verken – hierdie keer sal ons veral let op ‘n aantal tipiese handelinge of aksies wat in die Skrif met afgodediens verbind word en probeer vasstel op watter manier hierdie handelinge (en die gesindheid of motief agter hierdie handelinge) in ons dag nog ‘n rol speel in mense se lewens.
Shofetiem / Rigters 2:17 Na hulle rigters het hulle egter ook nie geluister nie, maar agter ander magtiges aan gehoereer ("zanah" – "to commit adultery" // "to indulge in sensuality without restraint") en hulle daarvoor neergebuig.
Hoshea 2:16 En in daardie dag, sê Yahweh, sal jy My noem: My man; en jy sal my nie meer noem: My Baál nie.
YeshaYahu 42:17 Maar die wat op gesnede beelde vertrou ("batach" – "to hasten oneself to a place of refuge" // "to be eager to return to a well known stronghold"), wat aan gegote beelde sê: Julle is ons magtiges - hulle sal agteruitwyk, diep beskaamd staan.
Mieshleh / Spreuke 18:10 Die Naam van Yahweh is 'n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.
2 Melagiem / Konings 17:16 En hulle het al die gebooie van Yahweh hulle Elohiem verlaat en vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak, ja, 'n afgesonderde boomstam gemaak en gebuig ("shachah" – "to fall down flat" // "to descent from dignity or superiority") voor die hele leër van die hemel (d.w.s. die son, maan en sterre) en Baál gedien.
Ya’akov / Jakobus 4:10 Verneder julle voor die Meester, en Hy sal julle verhoog.
Hoshea 10:5
Oor die kalf van Bet-Awen (lett. "house of vanity") sal die inwoners van Shomeron besorg wees ("gur": "to turn aside from the road" // "to fear as in a strange place"); want sy volk sal oor hom treur en sy afgodspriesters oor hom sidder.Filippense 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by Elohiem.
Yegezkel 8:14 Hy het my toe gebring na die noordelike ingang van die poort by die huis van Yahweh, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammuz beween ("bakah" – "to bemoan, to complain, to make lamentation"). [Tammuz = songod].
Egah / Klaagliedere 3:32-33 Maar as Hy bedroef het, ontferm Hy Hom na die grootheid van sy goedertierenhede; want nie van harte verdruk of bedroef Hy die seuns van Adam nie.
YermeYahu 19:13 En die huise van Yerushalayiem en die huise van die konings van Yehudah sal word soos die plek Tofet, onrein; naamlik al die huise op die dakke waarvan hulle rook laat opgaan het ("qatar" – "to turn into frangrance by fire" // "causing a frangrance in a small, enclosed area") vir die hele leër van die hemel.
Handelinge 7:48 Maar die Allerhoogste woon nie in tempels (of "hokkies") wat met hande gemaak is nie.
YeshaYahu 2:6 Want U het u volk verwerp, die huis van Yaákov, omdat hulle vol is ("malah" – "to be satisfied, fulfilled" // "to experience fulness") van wat die Ooste aanbied, en van goëlaars soos die Pelieshtyne.
Kolossense 2:9-10 Want in Hom (Y'shua) woon al die volheid van Elohiem liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag.
YeshaYahu 8:19 En as hulle vir julle sê: Raadpleeg ("darash" – "to tread, frequent, seek diligently") die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel - moet 'n volk nie sy Elohiem raadpleeg nie?
YeshaYahu 45:11 So sê Yahweh, die Afgesonderde van Yiesraél en sy Formeerder: Vra My aangaande die toekomstige dinge; vertrou my seuns en die werk van my hande aan My toe!
YermeYahu 7:18 Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak ("kawwan" / "kun" – "to prepare or make provision for an established or fixed event") vir die hemelkoningin en vir ander magtiges drankoffers uit te giet om My te terg.
Wayyiekra / Levitikus 23:2
Spreek met die kinders van Yiesraél en sê vir hulle: Die feestye van Yahweh wat julle moet uitroep as afgesonderde samekomste - dit is my feestye.YeshaYahu 65:11 Maar julle wat Yahweh verlaat, wat my afgesonderde berg vergeet, wat 'n tafel dek ("arak" – "to arrange, to set in a proper order, to set in a row") vir Ghad en die mengsel inskink vir die magtige van die noodlot (Meni). [Ghad en Meni is die name van twee magtiges wat waarskynlik met geluk en die noodlot te make het].
Romeine 12:1-2 Ek vermaan julle dan, broers, by die ontferminge van Elohiem, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, afgesonderde en aan Elohiem welgevallige offer dit is julle redelike geloofsbeoefening. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van Elohiem is.