HEMELSE BEREKENINGE
Die woord "reken" word dikwels in die Skrif gebruik om aan te dui dat Yahweh se verstaan van geregtigheid en die beginsels van sy koninkryk soms totaal anders is as die verstaan en die beginsels van hierdie wêreld. Volgens wêreldse beginsels lyk ‘n situasie soms hopeloos en verlore, maar dan leer die Skrif dat ‘n mens binne-in daardie situasie kan oorleef, en selfs kan groei, deur van ‘n besondere soort "reken" gebruik te maak. "Reken" het te make met ‘n spesiale soort dink en beoordeling van jou omstandighede (en die lewe in die algemeen) wat uiteindelik die verskil kan maak tussen vrees en moedeloosheid, aan die een kant, en vertroue en oorwinning, aan die ander kant. Kom ons kyk na ‘n klompie gedeeltes in die Skrif wat vir ons in hierdie verband die regte perspektief kan bring.
Bemiedbar (Num) 18:26-27 Jy moet ook met die Lewiete praat en aan hulle sê: As julle van die kinders van Yiesraél die tiendes neem wat Ek aan julle van hulle as jul erfdeel gegee het, moet julle daarvan 'n offergawe aan Yahweh afgee, 'n tiende van die tiende. En julle offergawe sal vir julle gereken word soos koring van die dorsvloer af en soos die volle opbrings uit die parskuip.
Bemiedbar (Num) 23:9 Want van die top van die rotse af sien ek hom, en van die heuwels af aanskou ek hom. Kyk, 'n volk wat afgesonderd woon en hom nie tot die nasies reken nie.
1 Melagiem (1 Kon) 3:8 En u kneg is midde onder u volk wat U verkies het, 'n groot volk wat nie getel of bereken kan word weens die groot getal nie. 1 Kon 7:47 En Shelomoh het al die voorwerpe ongeweeg laat bly vanweë die baie groot getal; die gewig van die koper is nie bereken nie. 1 Kon 8:5 En terwyl koning Shelomoh en die hele by hom vergaderde gemeente van Yiesraél saam met hom voor die ark staan, het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanweë die groot getal nie getel of bereken kon word nie.
Ezr 9:13 En na alles wat oor ons gekom het vanweë ons slegte dade en ons groot skuld - want U, onse Elohiem, het ons minder toegereken as wat ons ongeregtighede verdien het, en aan ons nog soveel vrygeraaktes gegee.
Tehielliem (Psa) 32:2 Geseënd is die mens aan wie Yahweh die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.
Tehielliem (Psa) 88:4 Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos 'n man sonder krag.
Egah (Klaagl) 4:2 Bet. Die kinders van Tsion, die kosbares, wat teen fyn goud geskat was, ag, hoe is hulle gereken soos erdekruike, die werk van pottebakkershande.
Hand 1:17 want hy is saam met ons getal gereken en het die aandeel in hierdie bediening ontvang.
Rom 6:11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir Elohiem in die Messias Y'shua.
Rom 8:18 Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die voortreflikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
Rom 9:8 Dit wil sê, nie hulle is kinders van Elohiem wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.
Ievriem (Heb) 11:17-18 Deur die geloof het Avraham, toe hy op die proef gestel is, Yietsgak geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer, aan wie gesê is: In Yietsgak sal jou nageslag genoem word - want hy het gereken dat Elohiem mag het om selfs uit die dode op te wek.
Mieshleh (Spr) 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy.