HOE KOM ONS WAAR ONS MOET WEES?
Volgens die program van uitgewerkte Torah lesings (of "parashot") is hierdie week se gedeelte Shemot (Eksodus) 10:1 – 13:16 en dit staan bekend as "Parashat Bo". Parashah of parashat beteken seksie of Skrifgedeelte (parashot is die meervoud van parashah) en "Bo" is die Hebreeuse woord wat "kom, gaan of bring" beteken. Die parashot is ‘n program waarvolgens die hele Torah in een jaar deurgelees word. Elke week se seksie kry ‘n naam wat gebaseer is op ‘n sleutelwoord in die eerste vers van die porsie vir daardie week. "Parashat Bo" word só genoem omdat daar in die eerste vers van hierdie week se seksie die volgende geskryf staan:
Verder het Yahweh vir Mosheh gesê: Gaan na Farao toe, want Ek het sy hart verhard … (Shemot 10:1).In hierdie vers verwys die "bo" na Mosheh wat na Farao toe moes gaan, maar op ‘n dieper vlak gaan dit oor die volk wat uit Mietsrayiem (Egipte) moes kom, oftewel, Yahweh wat hulle daaruit wou bring. In die eerste 5 boeke van die Skrif speel "bo" ‘n geweldige belangrike rol omdat hierdie deel van die Skrif in wese beskryf hoe hierdie "Kom uit haar uit!" en "Gaan die land binne!" plaasgevind het: watter voorbereidings getref is, watter voorskrifte gevolg moes word, watter gesindheid die volk moes hê, watter prioriteite in gedagte gehou moes word, watter laste afgelê moes word, ensovoorts. Omdat ons eie leefstyl en eindbestemming ook met die woord "bo" saamgevat kan word, lê daar hierin vir ons ‘n kragtige boodskap opgesluit. Laat ons altyd onthou:
Wayyikra (Lev) 18:3
… die land Kenaán waarheen Ek julle bring ("bo") …Shemot (Exo) 6:8
En Ek sal julle bring ("bo") in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Avraham, aan Yietsgak en aan Yaákov te gee; en Ek sal dit aan julle as 'n besitting gee, Ek, Yahweh.Shemot (Exo) 15:17
U bring ("bo") hulle in en plant hulle op die bergland van u erfenis, die plek, o Yahweh, wat U as vaste woonplek vir U berei het, die afgesonderde plek wat u hande gestig het, o Yahweh!Shemot (Exo) 16:35
En die kinders van Yiesraél het die manna veertig jaar lank geëet totdat hulle in 'n bewoonde land gekom ("bo") het. Die manna het hulle geëet totdat hulle by die grens van die land Kenaán gekom het.Shemot (Exo) 15:23
En hulle het in Marah gekom ("bo"), maar kon die water van Marah nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Marah.
Shemot (Exo) 15:27
Daarna het hulle by Eliem gekom ("bo"), waar twaalf waterfonteine en sewentig palmbome was. En hulle het daar by die water kamp opgeslaan.Devariem (Deu) 9:28
Omdat Yahweh hulle nie kon bring ("bo") in die land wat Hy hulle beloof het nie …Bemiedbar (Num) 20:5 En waarom het julle ons uit Mietsrayiem laat optrek om ons in hierdie slegte plek te bring ("bo")? Dit is geen plek van graan of van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie.
Bemiedbar (Num) 16:13-14 Is dit nie genoeg dat jy ons uit 'n land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie? Ook het jy ons nie gebring ("bo") in 'n land wat oorloop van melk en heuning en aan ons geen lande en wingerde as erfdeel gegee nie. Wil jy die oë van hierdie manne uitgrawe? Ons sal nie opkom nie.
Shemot (Exo) 12:25
En as julle in die land kom ("bo") wat Yahweh aan julle sal gee soos Hy beloof het, moet julle hierdie diens onderhou.Shemot (Exo) 13:11-12
En as Yahweh jou in die land van die Kenaániete bring ("bo"), soos Hy aan jou en jou vaders met 'n eed beloof het, en Hy dit aan jou gee, dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan Yahweh afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê - wat manlik is, behoort aan Yahweh.Devariem (Deu) 27:3
En jy moet as jy oortrek daarop skryf al die woorde van hierdie Torah, sodat jy kan kom ("bo") in die land wat Yahweh jou Elohiem jou sal gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning, soos Yahweh, die Elohiem van jou vaders, jou beloof het.