HOE MOOI IS JOU TENTE!
1. HOE MOOI IS JOU TENTE, O YIESRAÉL
Bemiedbar / Num 24:5 Hoe mooi is jou tente, o Yaákov, jou wonings, o Yiesraél!
Bemiedbar / Num 24:6 Soos dale met waterlope wat hulle ver uitstrek, soos tuine by 'n rivier, soos aalwyne wat Yahweh geplant het, soos seders by die water.
Vgl. met YeshaYahu / Jesaja 33:20 Aanskou Tsion, die stad van ons feestelike byeenkoms! Jou oë sal Yerushalayiem sien as veilige woonplek, as tent wat nie wegtrek nie, waarvan die penne nooit meer uitgeruk word nie en geeneen van sy toue ooit losgeskeur word nie.
2. HOE GESEËND IS JY AS VOLK, O YIESRAÉL
Devariem / Deut 27:9 Verder het Mosheh en die Lewitiese priesters die hele Yiesraél toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Yiesraél! Vandag het jy die volk van Yahweh geword.
Devariem / Deut 33:29 Geseënd is jy, o Yiesraél! Wie is soos jy? 'n Volk wat deur Yahweh verlos is, die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande julle al kruipende aan jou onderwerp; maar jy sal op hulle hoogtes stap.
Vgl. met Tehielliem / Psa 1:1-3 Geseënd is die man wat nie wandel in die raad van die afvallige en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die Torah van Yahweh, en hy oordink sy Torah dag en nag. En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.
3. HOE ONGEVRAAG IS JOU GEKERM, O YIESRAÉL
YeshaYahu / Jes 40:27 Waarom praat jy dan, o Yaákov, en sê jy, o Yiesraél: My weg is vir Yahweh verborge, en my reg gaan by my Elohiem verby?
YeshaYahu / Jes 40:28 Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige Elohiem is Yahweh, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.
Vgl. met Tehielliem / Psa 42:5 (6) Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op Elohiem; want ek sal Hom nog loof - die verlossing van sy aangesig!
4. HOE KAN JY BEVREES WEES, O YIESRAÉL
YeshaYahu / Jes 43:1 Maar nou, so sê Yahweh, jou Skepper, o Yaákov, en jou Formeerder, o Yiesraél: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!
YermeYahu / Jer 30:10 Jy dan, wees nie bevrees nie, o my kneg Yaákov, sê Yahweh; en wees nie verskrik nie, o Yiesraél! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap; en Yaákov sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom skrikmaak.
Vgl. met Tehielliem / Psa 3:6-7 Ek sal nie vrees vir tien duisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie. Staan op, Yahweh; verlos my, my Elohiem! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die afvallige stukkend gebreek.
5. HOE NABY IS JOU ONDERGANG, O YIESRAÉL
Yegezkel / Eze 13:4 Jou profete, o Yiesraél, is soos jakkalse in puinhope.
Hoshea 13:9 Dit is jou ondergang, o Yiesraél, dat jy teen My, jou helper, is.
Vgl. met Mieshleh / Spr 3:25-26 Jy hoef nie bang te wees vir 'n skielike skrik of vir die ondergang van die afvallige as dit kom nie; want Yahweh sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.
6. HOE GROOT IS JOU ELOHIEM, O YIESRAÉL
Tehielliem / Psa 68:35 (36) Ontsagwekkend is Elohiem uit jou afgesonderde plekke, o Yiesraél! Die El van Yiesraél - Hy gee aan die volk sterkte en kragte. Geseënd is Elohiem!
YeshaYashu / Jes 12:6 Juig en jubel, o inwoners van Tsion! Want die Afgesonderde van Yiesraél is groot in julle midde.
Vgl. met Tehielliem / Psa 40:16 Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van u verlossing voortdurend sê: Groot is Yahweh!
7. HOE TRAAG IS JY OM TE WAG, O YIESRAÉL
Tehielliem / Psa 130:7 Wag op Yahweh, o Yiesraél! want by Yahweh is die goedertierenheid, en by Hom is daar ruim verlossing
Tehielliem / Psa 131:3 Wag op Yahweh, o Yiesraél, van nou af tot in ewigheid!
Vgl. met Tehielliem / Psa 33:18-20 Kyk, die oog van Yahweh is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag; om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood. Ons siel wag op Yahweh; Hy is ons hulp en ons skild;
8. HOE KAN EK JOU OORGEE, O YIESRAÉL
Hoshea 11:8 Hoe kan Ek jou oorgee, o Efrayiem, jou prysgee, o Yiesraél? Hoe kan Ek jou maak soos Admah, jou gelykstel met Tsevoíem: my hart is omgekeer in My, tegelykertyd is my medelyde opgewek.
Hoshea 11:9 Ek sal my gloeiende toorn nie laat geld nie, Ek sal Efrayiem nie weer te gronde rig nie; want Ek is El en nie 'n mens nie, die Afgesonderde in jou midde. En Ek sal nie kom in gramskap nie.
Vgl. met MigaYah / Miga 5:3 Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat 'n barende verwek het. Dan sal die oorblyfsel van sy broers saam met die kinders van Yiesraél terugkeer.
Hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek
onder hulle gedoen het? (Bemiedbar 14:11)
Hoe lank sal julle jul so traag hou om die land in besit te gaan neem?
(Yahushua 18:3)
Hoe lank sal jy bly aarsel, o afvallige dogter? (YermeYahu 31:22)