HOE MOET ONS WEET ….?
1. Hoe moet ons weet of die Wet vandag nog in ons lewenswandel belangrik is?
Matt 5:17-19 “17 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. 18 Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. 19 Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.”
2. Hoe moet ons weet of die Shabbat in die groter prentjie van dinge belangrik is?
Matt 24:13-20 “Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom. 15 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die Plek van afsondering--laat hy wat lees, oplet-- 16 dan moet die wat in Yehudah is, na die berge vlug; 17 wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie; 18 en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie. 19 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae. 20 En bid dat julle vlug nie in die winter of op die Shabbat mag plaasvind nie.”
3. Hoe moet ons weet of Yisrael nog in die Vader se raadsplan belangrik is?
Matt 15:22-28 “En 'n Kena’anitiese vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Meester, Seun van Dawied! My dogter is erg van die duiwel besete. 23 Maar Hy het haar nie 'n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan. 24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Yisra’el. 25 Daarop kom sy en val voor Hom neer en sê: Meester, help my! 26 Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie. 27 En sy sê: Ja, Meester, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval. 28 Toe antwoord Yahshua en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af.”
4. Hoe moet ons weet of die Naam van die Vader in ons belydenis belangrik is?
Matt 26:63-66 “Maar Yahshua het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: Ek besweer U by die lewende Elohiem dat U vir ons sê of U die Messias, die Seun van Elohiem, is? 64 Yahshua antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van Yahweh 1 en kom op die wolke van die hemel. 65 Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: Hy het lasterlik gespreek, wat het ons nog getuies nodig? Kyk, nou het julle sy lastering gehoor! 66 Wat dink julle? En hulle antwoord en sê: Hy is die dood skuldig.”
1 26:64 Ons weet dat die Messias hier die Vader se Naam gebruik het, want volgens Joodse reg moes die Hoëpriester sy kleed skeur (26:65) en was die beskuldigde met die dood strafbaar (26:66) SLEGS as hy spesifiek die NAAM uitgespreek het.
5. Hoe moet ons weet of die Naam van die Seun in ons getuienis belangrik is?
Hand 26:9-18 “Wat my betref, ek het gemeen dat ek baie vyandige dinge teen die Naam van Yahshua die Natsarener moes doen. 10 Dit het ek ook in Yerushalayiem gedoen; en ek het baie van die afgesonderdes in gevangenisse opgesluit, nadat ek van die owerpriesters volmag verkry het; en so dikwels as hulle omgebring is, het ek my toestemming gegee. 11 En in al die sinagoges het ek hulle dikwels gestraf en gedwing om te laster; en ek het uitermate teen hulle gewoed en hulle vervolg, selfs tot in die buitelandse stede. 12 Toe ek dan daarvoor na Damaskus op reis was, met volmag en opdrag van die owerpriesters, 13 het ek, o koning, in die middel van die dag op die pad 'n lig uit die hemel gesien, sterker as die glans van die son, wat my en my reisgenote omstraal het. 14 En toe ons almal op die grond val, hoor ek 'n stem met my spreek en in die Ivritiese (Hebreeuse) taal sê: Sha’ul, Sha’ul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. 15 Toe sê ek: Wie is U, Meester? En Hy sê: Ek is Yahshua wat jy vervolg. 16 Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot 'n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn, 17 terwyl Ek jou verlos uit die volk en die heidene na wie Ek jou nou stuur, 18 om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot Elohiem, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en 'n erfdeel onder die afgesonderdes kan ontvang.”
6. Hoe moet ons weet of Feeste in die beplanning van ons jare belangrik is?
Joh 7:37-40 “En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Yahshua gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! 38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. 39 En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Afgesonderde Gees was daar nog nie, omdat Yahshua nog nie verhoog was nie. 40 Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlik die profeet.”
7. Hoe moet ons weet of Maande, jare en jaargroepe in die wêreldgeskiedenis belangrik is?
Luk 4:16-21 “Toe kom Hy in Nátsaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die dag van Shabbat in die sinagoge en staan op om te lees. 17 En die boek van die profeet YeshaYahu is aan Hom oorhandig; en toe Hy die boek oopmaak, kry Hy die plek waar geskrywe is: 18 Die Gees van Yahweh is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; 19 om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van Yahweh aan te kondig. 20 En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar teruggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig. 21 Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.2
2 Hierdie gebeurtenis het reg aan die begin van die Messias se aardse bediening van drie en ‘n half jaar plaasgevind en daar bestaan ‘n sterk vermoede dat dit met ‘n jubeljaar saamgeval het, aangesien die konteks van YeshaYahu 61, waaruit die Messias hier aanhaal, dié van ‘n jubeljaar is.
….. YAHSHUA GEE (EN IS) DIE ANTWOORD!!