DIE SLUIMERENDE GEVAAR VAN HUMANISME

Wanneer mense met die waarheid van die Woord gekonfronteer word, sê hulle dikwels:

"Die Vader ken my hart – ek hoef nie die Woord letterlik te gehoorsaam nie"

"Wat in die Skrif staan, is nie vir vandag bedoel nie, want baie dinge het verander"

"Ek hou die Shabbat op ‘n dag wat inpas by my program"

"Die Skepper het vir my ‘n gesonde verstand gegee, sodat ek kan besluit wat reg en verkeerd is"

"Die Vader verwag nie van my om iets te glo wat teen my grein ingaan nie"

Kom ons kyk vir ‘n oomblik na die volgende aanhaling: "There is no possible way to find truth and wisdom outside of YAHWEH’S word and His Messiah Who is Truth. Many of the governmental systems of this world are nothing more than deceptive ploys engendered to cause man to trust in his own ability to bring about certain conditions apart from and without the intervention of the Creator YAHWEH, This is humanism at its root." Humanisme word as volg gedefinieer:

Humanism: "A Philosophy or attitude that addressers itself exclusively to human as opposed to divine or supernatural concerns, often coupled with the belief that man is capable of reaching self-fulfilment without divine aid" (American Heritage Illustrated Encyclopedic Dictionary).

"Humanitarianism" is defined as the doctrine that man may perfect his own nature without divine aid (Webster’s Dictionary).

Humanism is a variety of beliefs, methods, and philosophies that place central emphasis on the human realm. [Yahweh] is not necessary to live a fulfilling life. [Yahweh] did not create men but men created [Yahweh]. (Quackwatch Dictionary).

HOE WORD DAAR IN DIE SKRIF TEEN HIERDIE GEVAAR GEWAARSKU?

1 Shemuel 16:7 Maar Yahweh sê vir Shemuél: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die mens sien, sien Elohiem nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar Yahweh sien die hart aan.

YermeYahu 10:23 Ek weet, o Yahweh, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.

YermeYahu 17:5 So sê Yahweh: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van Yahweh afwyk.

Yegezkel 28:2,7 Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is ‘n El, ek bewoon ‘n woning vir magtiges in die hart van die seë—terwyl jy tog ‘n mens is en geen El nie—daarom, kyk, Ek bring vreemdes oor jou, die geweldigste nasies, en hulle sal hul swaarde trek teen die skoonheid wat jou wysheid verwerf het, en jou glans ontwy.

Job 9:2,3 Hoe kan ‘n mens regverdig wees by El? 3 As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie. Job 10:4 Het U vleeslike oë? Of sien U soos ‘n mens sien? 5 Is u dae soos die dae van ‘n mens, of u jare soos die dae van ‘n man?

Job 14:1,2 Die mens uit ‘n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus. Hy spruit uit soos ‘n blom en verwelk; ook vlug hy soos ‘n skaduwee en hou nie stand nie.

Tehilliem 84:5 Geseënd is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.

Mieshleh 14:12 Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

Mieshleh 16:1-3 Die planne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van Yahweh. Al die weë van ‘n man is suiwer in sy oë, maar Yahweh toets die geeste. Laat jou werke aan Yahweh oor, dan sal jou planne uitgevoer word.

Mieshleh 20:24 Die voetstappe van ‘n man hang van Yahweh af: hoe sou ‘n mens dan sy weg verstaan?

Hoshea 11:9 Ek sal my gloeiende toorn nie laat geld nie, Ek sal Efrayiem nie weer te gronde rig nie; want Ek is El en nie ‘n mens nie, die Afgesonderde in jou midde. En Ek sal nie kom in gramskap nie.

MigaYah 5:7 Dan sal die oorblyfsel van Yaákov onder baie volke wees soos dou van Yahweh, soos reënbuie op die plante, wat op geen mens wag nie en ter wille van geen seun van Adam vertoef nie.

MattietYahu 19:6 Wat Elohiem dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

Lukas 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar Elohiem ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is 'n gruwel voor Elohiem.

Romeine 9:20 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen Elohiem antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?

1 Korintiërs 2:9 Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat Elohiem berei het vir die wat Hom liefhet.

1 Korintiërs 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van Elohiem nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Ghalasiërs 1:11 Maar ek maak julle bekend, broers, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.

Ghalasiërs 2:6 Maar van die wat in aansien was--wat hulle vroeër was, maak by my geen verskil nie; Elohiem neem die persoon van die mens nie aan nie

1 Kefa 1:24 Want alle vlees is soos gras, en al die voortreflikheid van die mens soos 'n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, 25 maar die woord van Yahweh bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is

2 Kefa1:21 want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Afgesonderde Gees gedrywe, het die afgesonderde mense van Elohiem gepraat.

HUMANISME WORD IN OPENBARING ONTMASKER!

Openb 1:8 Ek is die Alef en die Tau, die begin en die einde, sê Yahweh, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Openb 2:4 (Efese) Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.

Openb 3:17 (Laodisea) Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.

Openb 4:11 U is waardig, o Yahweh, om te ontvang die grootheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.

Openb 6:15-17 En die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die grotte en in die rotse van die berge, en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?

Openb 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van 'n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

Openb 15:3-4 En hulle het die lied gesing van Mosheh, die dienskneg van Elohiem, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Yahweh Elohiem, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die afgesonderdes! Wie sal U nie vrees nie, Yahweh, en u Naam nie lof toebring nie? Want U alleen is afgesonder; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.

Openb 18:4 Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.

Openb 22:3-4 Sy diensknegte sal Hom dien. En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.