ISRAEL, LAND VAN BETEKENIS
Daar is geen ander land ter wêreld wat so ryk is aan betekenis en simboliek as die land wat in die moderne tyd bekendstaan as "Israel" nie. Al die gebeure wat vir ons van die eerste tot die laaste boek in die Skrif beskryf word, is gefokus op hierdie land. Reeds in Bereshiet (Genesis) lees ons dat Yahweh vir Avraham uit die land van die Kasdiem (of Chaldeërs, d.w.s. Babilon) laat wegtrek het en aan hom die land Kena’an (Kanaän) as erfdeel belowe het. Kena’an stem in breë trekke ooreen met die moderne Israel, maar sluit heelwat streke in wat deur die loop van die geskiedenis in die hande van ander nasies en groepe geval het en wat vandag nie meer formeel deel van Israel is nie. Dis veral in die boek Yahushua (Joshua) dat daar ‘n breedvoerige beskrywing gegee word van die geografiese besonderhede van die land wat Yahweh vir sy volk wou laat toekom en hoedat die volk hierdie land deeltjie vir deeltjie in besit geneem het. In die boek Openbaring vind die wêreldgeskiedenis sy klimaks met die beskrywing van die nuwe hemel en nuwe aarde, asook die nuwe Yerushalayiem as die volkome vervulling van alles wat in die res van die Skrif oor die fisiese land en sy hoofstad, Yerushalayiem, gesê word. In hierdie studiestuk gaan ons die fokus veral op die boek Yahushua laat val, omdat ons hierin duidelik kan sien dat toe Yahweh vir sy volk "die land" (ha-arets) gegee het, Hy vir hulle VEEL MEER as net ’n stuk grond laat toekom het.
Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee
(1:6). Die feit dat hierdie land in belofte-vorm aan Yiesraél gegee is, dui daarop dat dit besondere betekenis van die TOEKOMS het en dat die ontvangs van hierdie gawe absoluut VAS EN SEKER is.Dink aan die saak wat Mosheh, die kneg van Yahweh, julle beveel het toe hy gesê het: Yahweh julle Elohiem verskaf ‘n rusplek aan julle en sal hierdie land aan julle gee
(1:13). Hierin kan ons die kwalitatiewe verskil sien tussen die lande van hierdie wêreld (selfs fisiese Israel vandag) en "ha-arets" wat Yahweh uiteindelik aan sy volk sal gee.Verder het hulle vir Yahushua gesê: Sekerlik gee Yahweh die hele land in ons hand, ja, al die inwoners van die land bewe selfs vir ons (2:24). Die geskiedenis van hierdie land en die manier waarop dit, ten spyte van soveel aanslae, deur al die eeue behoue gebly het, dui daarop dat Yahweh altyd vir diegene wat op Hom vertrou, die oorwinnings sal gee.
Want veertig jaar lank het die kinders van Yiesraél in die woestyn getrek, totdat die hele volk omgekom het, die soldate wat uit Mietsrayiem weggetrek het, wat nie aan die stem van Yahweh gehoorsaam was nie; vir wie Yahweh gesweer het dat Hy hulle die land nie sou laat sien wat Yahweh hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan ons te gee nie (5:6).
En hulle het die dag na die Pesag van die opbrings van die land geëet: ongesuurde brode en gebraaide koring, daardie selfde dag
(5:11). Om te bevestig dat die ontvangs van hierdie land, met al die gawes wat daarmee saamgaan, vas en seker en betroubaar is, het Yahweh toegesien dat sy vasgestelde tye gehou word, van die oomblik af toe die volk die eerste keer in die land ingegaan het.En die dag nadat hulle van die opbrings van die land geëet het, het die manna opgehou, sodat die kinders van Yiesraél verder geen manna gehad het nie; maar hulle het geëet van die opbrings van die land Kenaán in daardie jaar
(5:12). Selfs die wonderwerk van die manna het oorbodig geraak toe Yahweh begin het om in die land van belofte daagliks in die behoeftes van sy volk te voorsien!En Yahweh was met Yahushua, en die gerug van hom het deur die hele land gegaan (6:27). Vanweë sy gehoorsaamheid, is Yahushua werklik deur Yahweh geseën – dit was duidelik vir almal en hy hoef dit nie self vir mense te gesê het nie.
En as die Kenaániete en al die inwoners van die land dit hoor, sal hulle ons omsingel en ons naam van die aarde af uitroei; wat sal U dan vir u grote Naam doen? (7:9). Daar was nog nie ‘n periode in die geskiedenis waarin daar nie ‘n intense stryd rondom die land van Yiesraél was nie.
So het Yahushua dan die hele land verslaan, die Berge en die Suidland en die Laeveld en die Hange met al hulle konings sonder om iemand te laat oorbly wat vrygekom het; en alles wat asemhaal, het hy met die banvloek getref, soos Yahweh, die Elohiem van Yiesraél, beveel het
(10:40). Die getuienis van die Skrif is dat elke keer wanneer Yiesraél nie die nalatenskap van ander volkere heeltemal uit hulle midde verdryf het nie, daar later onhanteerbare probleme opgeduik het.En toe Yahushua oud en ver op sy dae was, het Yahweh vir hom gesê: Jy is oud en ver op jou dae, en daar het nog ‘n baie groot stuk land oorgebly om in besit te neem
(13:1). Die hele land is nie op een slag aan Yahushua oorgegee nie en die volk moes leer wat dit beteken om hulle oë en harte voortdurend op Yahweh te rig.Daarom het Gevron die erfdeel geword van Kalev, die seun van Yefunne, die Kenizziet, tot vandag toe, omdat hy volgehou het om Yahweh, die Elohiem van Yiesraél, te volg (14:14). Kalev word beloon vir sy getrouheid aan Yahweh.
So het Ek julle dan ‘n land gegee waar julle nie aan gearbei en stede wat julle nie gebou het nie, dat julle daarin kan woon; wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie, daar eet julle van (24:13). Die onverdiende guns van Yahweh is die goue draad wat rondom alles aangaande hierdie land gespan is.