KOM NADER EN WORD VERSADIG
Die apostel Yaakov (Jakobus) het die bekende woorde geskryf: "Nader tot Elohiem en Hy sal tot julle nader". Dis ‘n waarheid wat hy nie uit sy duim gesuig het nie, hy kry dit uit die Skrif, soos dit in daardie dae bekend was – uit gedeeltes soos 1 Kron 28:9 (As jy Hom soek sal Hy Hom deur jou laat vind); Tehielliem (Psalms) 145:18 (Yahweh is naby almal wat Hom aanroep) en Malági 3:7 (Keer terug na My en Ek wil na julle terugkeer). Die probleem is baiekeer dat wanneer ons hierdie tipe uitnodiging in die Skrif teëkom, is ons soos ‘n skaam seuntjie wat nie seker is of hy dit kan waag om sy maatjie te vertrou wat aandring dat hy saam met hom moet kom nie. Vir die een of ander rede vind meeste van ons dit moeilik om te reageer op die uitnodiging: Kom nader! Miskien dink ons dit gaan té blootstellend wees. Miskien is ons bang ons kry seer of word op ‘n dwaalspoor gelei. En boonop is daar baiekeer dinge wat ons terughou en vashou en maak dat ons nie in beweging kan kom nie. Wat ook al die rede vir ons traagheid mag wees, die Skrif bring ons keer op keer te staan voor die woorde: Kom nader, en ervaar wat Yahweh vir jou wil doen!
KOM NADER EN LUISTER NA DIE WOORDE VAN YAHWEH Yahushua 3:9
KOM NADER EN HOU OP HINK OP TWEE GEDAGTES 1 Melagiem 18:21
En EliYah het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As Yahweh Elohiem is, volg Hom na; en as Baál dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.KOM NADER EN WAAG DIT MET YAHWEH Yerm 30:21 En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser uit sy midde voortkom; en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? sê Yahweh.
KOM NADER EN KYK WAAR DAAR NOG SONDE IS 1 Shemuel 14:38 En Shaúl sê: Kom nader hierheen, al die hoofde van die volk, en ondersoek en kyk waarin hierdie sonde vandag begaan is.
KOM NADER EN HERSTEL DIE ALTAAR VAN YAHWEH 1 Melagiem 18:30 Toe sê EliYah vir die hele volk: Kom nader na my. En die hele volk het nader gekom na hom; en hy het die altaar van Yahweh herstel wat afgebreek was.
KOM NADER EN ONDERWERP DIE VYAND Yahushua 10:24 En toe hulle daardie konings uitgebring het na Yahushua, roep Yahushua al die manne van Yiesraél en sê aan die aanvoerders van die soldate wat met hom saam getrek het: Kom nader, sit julle voete op die nekke van hierdie konings; en hulle het nader gekom en hul voete op hulle nekke gesit.
KOM NADER EN WORD VERSADIG MET DIE GOEIE Teh 65:4 Geseënd is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die afgesonderdheid van u paleis.
KOM NADER MET JOU HELE HART YeshaYahu 29:13 En Yahweh het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My 'n aangeleerde mensegebod is,
KOM NADER EN NEEM DIE TUGTIGING AAN TsefanYah 3:1-2 Wee die opstandige en die besoedelde … stad. Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan nie; op Yahweh vertrou dit nie, tot sy Elohiem kom dit nie nader nie.
KOM NADER EN SOEK JOU BROERS OP Bereshiet 45:4
Verder sê Yosef vir sy broers: Kom tog nader tog nader na my. En toe hulle nader nader kom, sê hy: Ek is julle broer Yosef vir wie julle na Mietsrayiem verkoop het. 1Sa 30:21 Dawied het met die manne nader gekom en hulle na die welstand gevra.KOM NADER EN TREE IN VIR DIE REGVERDIGES Bereshiet 18:23 En Avraham het nader gekom en gesê: Sal U ook die regverdige saam met die afvallige ombring?
KOM NADER EN KRY SEKERHEID OOR DIE WOORD Dan 7:16 Ek het nader gekom na een van die wat daar gestaan het, en van hom sekerheid gevra oor dit alles; en hy het dit vir my gesê en die uitlegging van die dinge aan my bekend gemaak:
KOM NADER EN VERTROU YAHWEH VIR ‘N WONDERWERK 1 Melagiem 18:36
En op die tyd dat hulle die voedseloffer bring, het die profeet EliYah nader gekom en gesê: Yahweh, Elohiem van Avraham, Yietsgak en Yiesraél, laat dit vandag bekend word dat U Elohiem in Yiesraél is, en ek u kneg, en dat ek al hierdie dinge op u woord gedoen het.KOM NADER DEUR DIE AANGEWESE HOËPRIESTER Yegezkel 44:15
Maar die Lewitiese priesters, die kinders van Tsadok, wat die diens van my afgesonderde plek waargeneem het toe die kinders van Yiesraél van My af weggedwaal het, hulle moet na My toe nader kom om My te dien en voor my aangesig staan om aan My die vet en die bloed te offer, sê die Meester Yahweh.