KEN JY DIE EEN WIE SE NAAM JY BELY?

1. Om Yahweh te ken is ‘n basiese vereiste vir elke gelowige – Yesh 1:3 'n Os ken sy besitter en 'n esel die krip van sy eienaar, maar Yiesraél het geen kennis nie, my volk verstaan nie; Yerm 8:7 Selfs 'n groot sprinkaanvoël aan die hemel ken sy bepaalde tye, en 'n tortelduif en 'n swaweltjie en 'n kraanvoël neem die tyd van hulle koms in ag; maar my volk ken die reg van Yahweh nie; Hand 17:23 Want terwyl ek rondgegaan en julle aanbiddingsplekke aanskou het, het ek ook 'n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan 'n onbekende magtige. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.

2. Die Gees van Yahweh weet wat ons ten diepste nodig het – Rom 8:26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge; 1 Kor 2:11-12 Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die Gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in Elohiem is nie, behalwe die Gees van Elohiem. Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit Elohiem is, sodat ons kan weet wat Elohiem ons uit guns geskenk het.

3. Yahweh gee sy Gees aan ons om ons kennis van Homself te verbreed – Yesh 11:2 en op Hom sal die Gees van Yahweh rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van Yahweh; Efes 1:17 dat die Elohiem van ons Meester, Y'shua die Messias, die Vader van voortreflikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,

4. Die kennis wat van Yahweh af kom, is iets anders as natuurlike kennis – Joh 13:7 Y'shua antwoord en sê vir hom: Wat Ek doen, begryp ("oida" – "to know intuitively") jy nou nie, maar jy sal dit hierna verstaan ("ginosko" – "to get to know, by learning"); 1Kor 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van Elohiem nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

5. Hierdie kennis word bekom deur hulle wat daarna soek soos na ‘n groot skat – Spr 2:4-5 as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte, dan sal jy die vrees van Yahweh verstaan en die kennis van Elohiem vind; Yesh 58:2-8 Wel soek hulle My dag vir dag en het 'n behae in die kennis van my weë! Soos 'n nasie wat geregtigheid doen en die reg van sy Elohiem nie verlaat nie, vra hulle My na die regverdige verordeninge; hulle het 'n behae in die toenadering tot Elohiem. Waarom vas ons, en U sien dit nie? … Is dit nie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van afvalligheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek? Is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie? Dan sal jou lig deurbreek soos die daglig en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die grootheid van Yahweh jou agterhoede wees.

6. Hierdie kennis is groter en meer as wat ons dink Fil 3:8 Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van die Messias Y'shua, my Meester, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om die Messias as wins te verkry; Efes 3:18-20 dat julle in staat kan wees om saam met al die afgesonderdes ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van die Messias te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van Elohiem … wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink …

7. Ware kennis van die Vader en sy Seun hou die sleutel tot die ewige leweJoh 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die een, waaragtige Elohiem, en Y'shua die Messias wat U gestuur het; Yerm 9:23-24 So sê Yahweh: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie; maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek Yahweh is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in hierdie dinge het Ek 'n behae, sê Yahweh.

8. Kennis van die Vader en sy weë hou die sleutel tot ware vrede en vervulling Luk 19:41-42 En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek; Spr 2:9-10 dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid - elke goeie pad, Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees; Spr 24:3-4 Deur wysheid word 'n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig; en deur kennis word die kamers gevul met allerlei kosbare en lieflike goed.

9. Kennis van die waarheid hou verband met gewilligheid om Yahweh se wil te doen – Joh 7:17 As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit Elohiem is, en of Ek uit Myself praat; Psa 25:12 Wie tog is die man wat Yahweh vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.

10. Die gebrek aan ware kennis van Yahweh lei tot kwaad en verderf Yesh 11:9 Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele afgesonderde berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van Yahweh soos die waters die seebodem oordek; Hosh 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou Elohiem vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

11. Hulle wat Yahweh ken, sal nie deur vleierey van stryk gebring word nie – Dan 11:32 En die wat in afvalligheid handel teen die verbond, sal hy met vleiery besoedel, maar die volk wat hulle Elohiem ken, sal vashou en optree; Psa 9:10 (11) En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Yahweh!

12. Dit is slegs die Almagtige wat ware kennis van Homself aan ons kan meedeel Yerm 31:34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken Yahweh; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, sê Yahweh; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie; Yegez 20:41 As 'n lieflike geur sal Ek 'n behae in julle hê wanneer Ek julle uit die volke uitlei en julle uit die lande versamel waarin julle verstrooi was, en Ek sal My in julle as die Afgesonderde laat ken voor die oë van die nasies; 2 Kor 4:6 Want Elohiem wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn - dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die grootheid van Elohiem in die aangesig van Y'shua die Messias.