Lig in ‘n donker wêreld

Die afgelope week (19 Junie) was die herdenking van die geboorte van een van die merkwaardigste mense wat nog ooit geleef het: Blaise Pascal, Franse wiskundige, wetenskaplike en godsdienstige filosoof, wat onder meer beroemdheid verwerf het met sy "Pascal’s theorem" (oor die eienskappe van ‘n keël ["cone"]); die ontwerp van ‘n metode om wiskundige berekenings meganies te doen ("mathematical calculators", based on insights gained from the "Pascal’s triangle"); baanbrekerswerk oor die teorie van waarskynlikheid ("the theory of probability") en insigte oor lugdruk ("air pressure") en hidroliese druk ("hydraulic pressure") wat vandag nog gebruik word. Pascal het in die 1600’s gelewe, byna 400 jaar gelede, en het weens swak gesondheid net 39 jaar oud geword, maar het ‘n groter impak op die wêreld gehad as meeste ander mense wat ooit geleef het. Sy insigte oor die eienskappe van ‘n keël kan met die volgende twee sketse geïllustreer word:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Pascal het geleef in die tyd van die "Dertig jaar oorlog" (1618 –1648) – ‘n oorlog wat hoofsaaklik in Europa gewoed het en wat in wese ‘n fisiese oorlog tussen die Protestante en die Rooms Katolieke was. In hierdie donker tyd, waarin mense en groepe regoor Europa die swaard opgeneem het sodat hulle eie godsdienstige oortuigings oor dié van ander kon seëvier, het Blaise Pascal soos ‘n helder lig uitgestaan en nie gehuiwer om die bedenklike godsdienstige praktyke van sy dag te veroordeel nie. Pascal het geglo dat godsdiens niks beteken as dit nie op ‘n fondasie van persoonlike geloof gebou is nie. Alhoewel hy self een van die mees intelligente mense van sy tyd was, het hy keer op keer daarop gewys dat geloof nie in die eerste plek ‘n saak van die kop is nie, maar van die hart. En in ‘n tyd toe baie mense rondom hom perspektief verloor het oor wat werklik saak maak en wat nie, het Pascal na vore gekom met ‘n soort wysheid wat een honderd persent in lyn is met wat die Skrif (meer as een keer) oor wysheid sê, naamlik dat wysheid begin met die dien van Yahweh. Kom ons kyk na ‘n aantal van Pascal se bekende uitsprake.

  1. Men despise religion. They hate it and are afraid it may be true. Hierdie stelling kan vergelyk word met 2 Timoteus 3:8 "En net soos Jannes en Jambres Mosheh teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof."
  2. Truth is so obscure in these times, and falsehood so established, that, unless we love the truth, we cannot know it. Hierdie stelling kan vergelyk word met 2 Tessalonisense 2:9-10 "die werking van die Satan met allerlei kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerlei verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie."
  3. The knowledge of Elohim is very far from the love of Him. Hierdie stelling kan vergelyk word met 1 Korintiërs 13:2 "En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie."
  4. Not only do we know Elohim by Y'shua Messiah alone, but we know ourselves only by Y'shua Messiah. We know life and death only through Y'shua Messiah. Apart from Y'shua Messiah, we do not know what is our life, nor our death, nor Elohim, nor ourselves. Hierdie stelling kan vergelyk word met Yahuganan 15:5 "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie."
  5. Happiness is neither without us nor within us. It is in Elohim, both without us and within us. Hierdie stelling kan vergelyk word met Hand 17:26-28 "En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle Yahweh kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag."
  6. Kind words do not cost much. Yet they accomplish much. Hierdie stelling kan vergelyk word met Mieshleh 12:25 "Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer, maar 'n vriendelike woord vrolik dit op" en Mieshleh 15:23 "'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is 'n woord op sy tyd!"
  7. Men never do evil so completely and cheerfully as when they do it from a religious conviction. Hierdie stelling kan vergelyk word met MattietYahu 26:65 "Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: Hy het lasterlik gepraat, wat het ons nog getuies nodig? Kyk, nou het julle sy lastering gehoor."
  8. That we must love one Elohim only is a thing so evident that it does not require miracles to prove it. Hierdie stelling kan vergelyk word met Devariem 6:4-6 "Hoor, Yiesraél, Yahweh is ons Elohiem; Yahweh is een. Daarom moet jy Yahweh jou Elohiem liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees."
  9. Little things console us because little things afflict us. Hierdie stelling kan vergelyk word met Hooglied 2:15 "Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei" en ZegarYah 4:10 "Want wie verag die dag van klein dinge, terwyl daardie sewe - die oë van Yahweh wat die hele aarde deurloop - met blydskap die skietlood aanskou in die hand van Zerubbavel?"
  10. There are only three types of people; those who have found Elohim and serve him; those who have not found Elohim and seek him, and those who live not seeking, or finding him. The first are rational and happy; the second unhappy and rational, and the third foolish and unhappy. Hierdie stelling kan vergelyk word met Tehielliem 1:1-3 "Geseënd is die man wat nie wandel in die raad van die afvallige en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die Torah van Yahweh, en hy oordink sy Torah dag en nag. En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit."

Ons kan inspirasie put uit die voorbeeld van Blaise Pascal – ‘n man wat swaarkry geken het en die diepste donkertes rondom hom beleef het, maar te midde van hierdie omstandighede aan sy geloof vasgeklou het en dit sodoende reggekry het om werklik ‘n impak op sy tyd te maak – nie net met sy geloof nie, maar ook met sy talente en sy houding teenoor mense en teenoor die lewe in die algemeen.