MAG YAHWEH DOEN WAT HOM BEHAAG

Rom 15:5 En mag die Elohiem van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van die Messias Y'shua, ("phrone-oo" = to exercise your minds in the same manner; to take interest in the same matters; to be concerned and affectionate about the same things).

Rom 15:13 En mag die Elohiem van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Afgesonderde Gees! ("perisseu-oo" = to possess in abundance – both in quality and quantity; to have more than what is needed).

2Co 9:10 En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem ("auxanoo" = to grow, to increase – all by itself, like the lilies of the field – Matt 6:28).

1Th 5:23 En mag Hy, die Elohiem van die vrede, julle volkome afgesonder maak ("hagiazoo" = set you aside completely for his purpose and his honour and his delight).

1Th 5:23 Mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van ons Meester, Y'shua die Messias! ("tere-oo" = to be guarded consistently from loss or injury, and against outside dangers; to have the eyes of Yahweh upon your entire life, day and night).

2Th 2:16-17 En mag ons Meester, Y'shua die Messias self en ons Elohiem en Vader, wat ons liefgehad het en 'n ewige troos en goeie hoop in guns gegee het, julle harte vertroos en julle versterk in alle goeie woorde en werke! ("steridzoo" = to enable to become strong as a pillar and to stand (up) – no matter what. Hoe kan Y'shua, die Seun aan die regterhand van die Vader, dít in ons lewens teweeg bring? Sien Luk 22:32: "Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broers versterk [steridzoo] – Hy doen dit nog steeds deur vir ons in te tree by die Vader!).

2Ti 2:7 Dink na oor wat ek sê; en mag die Meester jou insig gee in alles! ("sunesis" = mental ability to put things together that belong together; knowledge and understanding concerning all things that really matter in this world).

Heb 13:20-21 Mag die Elohiem van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik ons Meester, Y'shua die Messias, deur die bloed van die ewige verbond uit die dode teruggebring het, julle toerus met elke goeie ding, om sy wil te doen, deur in ons te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Y'shua die Messias aan wie die eer toekom tot in alle ewigheid! ("katartidzoo" = to complete thoroughly and in every respect; to repair and restore that which is out of line, imperfect or in need of adjustment).

1Pe 5:10 En mag die Elohiem van alle guns self, wat ons geroep het tot sy ewige voortreflikheid in die Messias Y'shua, nadat ons 'n kort tyd gely het, julle volkome maak, bevestig, versterk en grondves! ("themelio-oo" = to lay a basis for future things; to provide a firm foundation).

ONTHOU ALTYD, ONS ELOHIEM IS ‘N ELOHIEM VAN … LYDSAAMHEID (Rom 15:5); BEMOEDIGING (Rom 15:5); HOOP (Rom 15:13); VOORSIENING (2 Kor 9:10); VREDE (1 Th 5:23); LIEFDE (2 Th 2:16-17) en GUNS (1 Kefa 5:10).