ISRAEL, MIKROKOSMOS VAN DIE MILLENNIA
LAND VAN MURE EN MONUMENTE
Mure en monumente as bevestiging van die waarheid van die Skrif
Mure in die vorm van murasies – simbolies van verval in die geloof
Mure as skeidslyne – simbolies van die middelmuur van skeiding tussen Jode en nie-Jode (Efes 2)
LAND VAN MENSE MET MURG
Mense soos Avraham, Yietsgak en Yaakov
Mense soos Mosheh, Yahushua en Dawied
Mense soos GiezkiYah, YeshaYahu, en EliYah
LAND VAN MO’ADIEM EN MEZUZOT
Mo’adiem (feeste) het hier hul oorsprong en sal ook hier finaal vervul word
Mo’adiem word hier met oorgawe gehou
Mezuzot, tsietsiet, en vele ander gebruike – sommige Skriftuurlik, ander nie
LAND VAN ONS MEESTER EN MESSIAS
Messias se eerste plek van openbare optrede
Messias se vernaamste area van openbare bediening
Messias se betrokkenheid by Yerushalayiem en die tempel
LAND VAN MISPLAASTE MAG
Misplaaste mag waarvolgens Yehudiem dinge byvoeg by die Torah
Misplaaste mag waarvolgens Y'shua se uitspraak teenoor Kefa verdraai word
Misplaaste mag waarvolgens Christendom die Torah minag en verwaarloos
LAND VAN MAMMON EN ANDER MAGTIGES
Mammon, soos ervaar kan word by plekke waar handel gedryf word
Mammon, in die manier waarop plekke van Skriftuurlike betekenis gekommersialiseer word
Menigte ander magtiges wat met ware geloof vermeng is deur die geskiedenis
LAND VAN MISTASTING EN MISLEIDING
Mistasting oor die Messias (2000 jaar gelede, tot vandag toe)
Mistasting oor die Naam van die Allerhoogste
Misleiding wat wêreldwyd versprei word weens die strategiese belangrikheid van Israel as wêreldsentrum van hoofstroom godsdienste.