‘N GOEIE KOPIE

Koop en verkoop is ‘n baie belangrike deel van ons almal se lewens. Ons is elke dag daarmee besig. In ons samelewing het dit byna onmoontlik geword om te bestaan sonder om ‘n koper te wees. Party mense is só daarop ingestel om die een winskoop na die ander los te slaan, dat dit hulle hele lewe in beslag neem. Ons het natuurlik almal ons gunsteling items – dinge wat ons meer geniet en wat ons verkies bo ander dinge. Dís die tipe dinge wat ons gewoonlik voor uitkyk en wat ons die graagste sal koop. Die vraag is gewoonlik net: Is daar genoeg geld beskikbaar om hierdie item te koop – kan ek dit bekostig? Soms weet ‘n mens voor jou siel jy kan dit nie juis bekostig nie en dan probeer jy jouself dikwels wysmaak dat jy nie daarsonder kan klaarkom nie. En voor jy jou oë kan uitvee, het jy dit tog maar gekoop …

My eie ondervinding met die koop van iets wat ek gedink het ek baie nodig het, is dat dit nie juis ‘n gevoel van satisfaksie bring, as ek uiteindelik so ver gekom het om die geld bymekaar te skraap en die ding te koop nie. Dis net asof die kooptransaksie nie regtig die leemte toemaak wat ek gehoop het dit sal toemaak nie. In ‘n sekere sin is die koop van materiële dinge baie soos verslawing. Iemand wend hom tot ‘n sekere middel omdat hy meen dit gaan hom laat beter voel of laat bedaar of tevrede stel. Maar al wat dit doen, is om die begeerte en die hunkering na nog meer van hierdie middel (of na ‘n "beter" of ‘n steker middel), nog méér intens te maak. Daar is nooit ‘n punt van bevrediging nie. Daar is nooit vervulling nie. Jy bereik nooit die stadium van vergenoegdheid nie. Jy wil voortdurend méér bekom omdat jy hierdie obsessiewe en tevergeefse hoop in jou het dat die eindpunt van "genoeg" net om die draai lê. Maar tensy jy ‘n drastiese besluit neem om met jou obsessie te stop, kom jy nooit by daardie punt uit nie.

Die Skrif gee vir ons ‘n ander perspektief op koop. Om te koop hoef nie altyd so sonder vreugde en vervulling en verdieping te wees nie. Die Skrif praat natuurlik van "koop" op ‘n ander vlak. Dis nie handel dryf in die gewone sin van die woord nie. Daarom kan dit nie met rand en sent afgemeet word nie. Daarom kan jy nooit bankrot word as gevolg daarvan nie. Daarom is dit iets waarmee jy jou voltyds kan besighou – ja selfs op die Shabbat. Trouens, die Shabbat is uitnemend geskik om te belê en te koop en berekeninge te maak op die vlak van dinge wat met jou siel en die ewigheid te make het. Op die ander ses dae van die week word jou lewe genoeg in beslag geneem deur die sorge en die transaksies van hierdie wêreld. Kom ons kyk na die perspektief wat die Skrif vir ons in hierdie verband gee en, wie weet, miskien ontdek ons in die proses die beste kopie wat ons nog ooit in ons lewe raakgeloop het!

  1. Waarheid, wysheid en verstand is van die dinge wat ons beslis moet koop, maar nooit moet verkoop nie.
  2. Mieshleh (Spreuke) 23:23 Koop waarheid en verkoop dit nie, ook wysheid en tug en verstand.

    (*) When we choose rather to suffer loss in our temporal interest than to deny or neglect the truth, then we buy it; and it is a pearl of such great price that we must be willing to part with all (and everything) to purchase it. When we neglect the study of it or part with it for pleasures, honours, riches, any things in this world, then we sell it.

  3. Omdat die lering uit Yahweh se mond meer werd is as goud en silwer, mag die najaag van geld ons nie van hierdie lering weghou nie.
  4. Tehielliem (Psalm)119:72 Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer.

    David had but a little of the word of Yahweh in comparison with what we have, yet see how highly he valued it; how inexcusable then are we, who have the complete Scriptures, and yet account them as a strange thing! On the other hand, he had a great deal of gold and silver in comparison with what we have, yet see how little he valued it. His riches increased, and yet he did not set his heart upon them, but upon the word of Yahweh.

  5. Die ware rykdom waarin ons ons kan verlustig, kan nie met geld gekoop word nie en kom deur aandagtig te luister na die woorde van Yahweh.
  6. YeshaYahu (Jesaja) 55:1-2 o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk! Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig.

    Our buying without money shows: (1) That the gifts offered us are invaluable and such as no price can be set upon. (2) That he who offers them has no need of us, nor of any returns we can make him. (3) That the things offered are already bought and paid for. (4) That we shall be welcome to the benefits of the promise, though we are utterly unworthy of them, and cannot make a tender of any thing that looks like a valuable consideration.

  7. Geen aardse besitting bring blydskap en egte waarde soos die ontdekking van die koninkryk van Yahweh nie.
  8. MattietYahu (Matteus) 13:44 Verder is die koninkryk van die hemele soos 'n skat wat verborge is in die saailand, wat 'n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.

    It is a great thing to discover the treasure hid in this field, and the unspeakable value of it. The reason why so many misjudge the value of the truth of Yahweh’s word, and will not be at the expense, and run the hazard, of entertaining it, is because they look only upon the surface of the field, and judge by that, and so see no excellency in how it appears to them. The richest mines are often in grounds that appear most barren; and therefore they will not so much as bid for the field, much less come up to the price.

  9. Ons ontmoeting met die Messias het ons sin vir waardes en winskopies totaal verander – wat vroeër vir ons wins was, is nou nutteloos.

Filippense 3:7-8 Maar wat vir my wins was, dit het ek om die Messias wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van die Messias Y'shua, my Meester, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om die Messias as wins te verkry.

I reckon myself an unspeakable loser if, to adhere to the things I had previously counted as gain, I had lost my interest in the Messiah … I count them loss; they are not only insufficient to enrich me, but they would certainly impoverish and ruin me, if I trusted in them, in opposition to Messiah.

 

(*) Engelse aanhalings (met geringe wysigings) geneem uit Matthew Henry’s Commentary on the Whole Bible.