NIE SOOS ONS VADERS NIE

Lees ZegarYah 1:1-6 en MattietYahu 23:31-32. Let op …

Ons vaders se afwyking van die waarheid - Jos 24:14-15 Vrees dan nou Yahweh en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die afgode wat julle vaders gedien het oorkant die Perat en in Mietsrayiem, en dien Yahweh. Maar as dit verkeerd is in julle oë om Yahweh te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die magtiges wat julle vaders daar oorkant die Perat gedien het, òf die magtiges van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal Yahweh dien.

Ons vaders se rebelsheid - 1Sa 12:15 Maar as julle nie na die stem van Yahweh luister nie en rebels is teen die mond van Yahweh, dan sal die hand van Yahweh teen julle wees en teen julle vaders.

Ons vaders se ontrouheid - 2Ch 30:7 En wees nie soos julle vaders en julle broers wat ontrou teen Yahweh, die Elohiem van hulle vaders, gehandel het nie, sodat Hy hulle 'n voorwerp van verbasing gemaak het soos julle self sien.

Ons vaders se hardnekkigheid - 2Ch 30:8 Verhard nou nie julle nek soos julle vaders nie, gee aan Yahweh die hand en kom na sy afgesonderde plek wat Hy vir ewig afgesonder het, en dien Yahweh julle Elohiem, dat sy gloeiende toorn van julle afgewend kan word.

Ons vaders se vermetelheid - Neh 9:16 Maar hulle, naamlik julle vaders, het vermetel gehandel en hulle nek verhard en nie na u gebooie geluister nie;

Ons vaders se ontwyding van die Shabbat - Neh 13:17-18 En ek het met die edeles van Yehudah getwis en vir hulle gesê: Watter verkeerde ding is dit wat julle doen, dat julle die dag van die Shabbat ontwy? Het julle vaders nie so gehandel, sodat onse Elohiem oor ons en oor hierdie stad al hierdie rampspoed gebring het nie? Ja, julle vermeerder die gloeiende toorn oor Yiesraél deur die Shabbat te ontwy!

Ons vaders se verharding van die hart - Psa 95:8-9 Verhard julle hart nie soos by Merivah, soos op die dag van Massah in die woestyn nie; waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.

Ons vaders se blindheid - Psa 106:7 julle vaders in Mietsrayiem het nie ag geslaan op u wonders, hulle het nie gedink aan die oorvloed van u gunsbewyse nie, maar was rebels by die see, by die Rietsee.

Ons vaders se ongeregtighede - Isa 65:6-7 Kyk, dit staan voor my aangesig geskryf; Ek sal nie stilbly nie, tensy dat Ek dit vergeld het; ja, Ek sal dit vergeld in hulle boesem - julle ongeregtighede en die ongeregtighede van julle vaders tesame, sê Yahweh; (wandel op 'n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan [2]; offer in tuine en rook laat opgaan op bakstene [3]; in die grafte sit en vernag in verborge plekke [4]; wat varkvleis eet, en daar is brokke onrein vleis in hulle skottels [4]; wat sê: Bly daar! Kom nie naby my nie, want ek is afgesonder vir jou / KJV: "I am holier than thou"[5])

Ons vaders se nietigheid (ongeloof / kleingeloof) - Jer 2:5-6 So sê Yahweh: Watter onreg het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My afgewyk en agter nietige afgode aan geloop het en self nietig geword het? En hulle het nie gesê nie: Waar is Yahweh wat ons uit Mietsrayiem laat optrek het, ons in die woestyn gelei het, in 'n land van wildernis en kuile, in 'n land van droogte en doodskaduwee, in 'n land waar niemand deurtrek en waar geen mens woon nie?

Ons vaders se skande en oneer - Jer 3:25 Ons wil neerlê in ons skande en ons oneer moet ons oordek; want ons het teen Yahweh onse Elohiem gesondig, ons en ons vaders van ons jeug af tot vandag toe, en ons het nie geluister na die stem van Yahweh onse Elohiem nie.

Ons vaders se verwaarlosing van die Torah - Jer 16:11-12 dan moet jy vir hulle sê: Omdat julle vaders My verlaat het, sê Yahweh, en agter ander magtiges aan geloop en hulle gedien en hul daarvoor neergebuig het, maar My verlaat het en my Torah nie gehou het nie, en julle nog erger gehandel het as julle vaders; want kyk, julle wandel elkeen na die verhardheid van sy bose hart, om na My nie te luister nie.

Ons vaders se leuens - Jer 16:19 O Yahweh, my sterkte en my beskutting en my toevlug in die dag van benoudheid, tot U sal volke van die eindes van die aarde af kom en sê: Net leuens het ons vaders geërf, nietige afgode, en daaronder was niks wat voordeel kon bring nie.

Ons vaders se verontagsaming van Yahweh se Naam - Jer 23:27 is hulle daarop bedag om my volk my Naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle die een aan die ander vertel, soos hulle hulle vaders my Naam vergeet het vanweë Baál?

Ons vaders se hoogmoed (hulle was nie verbrysel van hart nie) - Jer 44:9-10 Het julle vergeet die booshede van julle vaders en die booshede van die konings van Yehudah en die booshede van hulle vroue en julle eie booshede en die booshede van julle vroue wat hulle bedryf het in die land Yehudah en op die strate van Yerushalayiem? Hulle is tot vandag toe nie verbrysel van hart nie, en hulle was nie bevrees en het nie gewandel in my Torah en in my insettinge wat Ek julle en jul vaders voorgehou het nie.

Ons vaders se verkeerde insettinge en verordeninge - Eze 20:18 Maar Ek het aan hulle kinders in die woestyn gesê: Wandel nie in die insettinge van julle vaders nie en onderhou nie hulle verordeninge nie en verontreinig julle nie met hulle drekgode nie.

Ons vaders se troubreuk - Eze 20:27 Daarom, seun van Adam, praat met die huis van Yiesraél en sê vir hulle: So sê die Meester Yahweh: Verder het julle vaders My in hierdie saak oneer aangedoen, dat hulle troubreuk teen My begaan het:

Daarom

Kom ons verbly ons in die voorreg om deel van Avraham se nageslag te kan wees (Rom 9:8) en Yahweh ook ons Vader te kan noem (1 Joh 5:1). Kom ons maak egter seker dat ons nie wandel in die afvalligheid van beide ons eie vaders en die Hebreeuse vaders wat deur ons "aanneming tot kinders" nou ook "ons vaders" geword het nie. Kom ons dien die Elohiem van ons vaders (Hand 24:14); hou vas aan die beloftes aan ons vaders (Hand 26:6) en onderwerp ons aan die Vader van ons vaders (Heb 12:9).