Nederigheid
Ongesuurde Brode (brood wat nie suurdeeg bevat nie en dus nie "opgeblase" of "verhewe" is nie) herinner ons aan die karaktertrek van nederigheid en dien as aansporing om nederigheid met ons hele hart na te jaag. Deur die eeue het Joodse rabbi’s wat die Skrif ondersoek het, die belangrikheid van nederigheid raakgesien en dit treffend (op tipies Joodse wyse) beskryf:
He who runs after greatness, from him greatness will flee; he who flees from greatness, him will greatness follow.
If you minimize your merits, people will minimize your faults.
Do not forget that the fly was created before man.
Be not like the upper threshold, which can not be reached by everybody, but be like the undermost, which is accessible to everybody. Even though the building may fall, the lowest threshold remains unharmed.
When man sacrifices a burnt offering he receives a reward for his offering; but whosoever offers his humility has merit as if he had offered all the sacrifices of the earth.
Happy is the generation in which the great listen to the small, for then the more anxiously will the small listen to the great.
He who humbles himself on account of the Torah will ultimately be elevated through it.
The Almighty said to Mosheh, "Because of thy self-denial, the Torah shall be called by thy name.
While the Almighty despises what is broken among the animals, he loves in man a broken heart.
The Messiah will not come until haughtiness shall have ceased in Israel
Kom ons luister opnuut na elke oproep tot nederigheid in die Skrif. Laat ons onsself toets en ondersoek in hierdie opsig. En as ons ‘n beduidenis van hoogmoed in ons eie harte ontdek, laat ons in nederigheid na Yahweh terugkeer en in Hom alleen roem. Hier is slegs ‘n paar van die talle gedeeltes oor nederigheid in die Skrif.
Devariem 8:11-17 Neem jou in ag dat jy Yahweh jou Elohiem nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie; sodat jy nie miskien eet en versadig word nie en mooi huise bou en bewoon, en jou beeste en jou kleinvee vermeerder en jou silwer en goud vermeerder, ja, alles wat jy het, vermeerder - en jou hart hom dan verhef, dat jy Yahweh jou Elohiem vergeet wat jou uit Mietsrayiem, uit die slawehuis, uitgelei het; wat jou deur die groot en vreesaanjaende woestyn gelei het, deur giftige slange en skerpioene en 'n dorsland sonder water; wat vir jou water uit die klipharde rots laat kom het; wat jou in die woestyn manna laat eet het, wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou te beproef, om uiteindelik aan jou goed te doen - en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe.
YeshaYahu 2:12,17 Want 'n dag is daar vir Yahweh van die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word … Dan sal die hoogheid van die mense neergebuig en die trotsheid van die manne verneder word; en Yahweh alleen sal in daardie dag verhewe wees.
YeshaYahu 10:15 Kan die byl hom beroem teen die wat daarmee kap, of die saag spog teen hom wat dit trek? Asof 'n staf hulle swaai wat hom ophef, asof 'n stok hom ophef wat nie hout is nie!
YeshaYahu 57:15 Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, afgesonder is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die afgesonderde plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.
YeshaYahu 66:1-2 So sê Yahweh: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees? Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, sê Yahweh. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.
YermeYahu 9:23-24 So sê Yahweh: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie; maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek Yahweh is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in hierdie dinge het Ek 'n behae, sê Yahweh.
MigaYah 6:8 Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra Yahweh van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou Elohiem?
Gaghai 2:8 Aan My behoort die silwer en aan My die goud, sê Yahweh van die leërskare.
Tehielliem 51:17 (19) Die offers van Elohiem is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o Elohiem, nie verag nie!
Tehielliem 127:1 As Yahweh die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as Yahweh die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter
Tehielliem 147:10 Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie.
Mieshleh 21:30 Daar is geen wysheid, en daar is geen verstand, en daar is geen raad teenoor Yahweh nie.
1 Kronieke 29:14 Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.
MattietYahu 5:3 Geseënd is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
MattietYahu 11:29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;
MattietYahu 18:4 Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele.
MattietYahu 23:12 Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.
Romeine 12:3 Want deur die guns wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos Elohiem dit aan elkeen toebedeel het.
Kolossense 3:12 Beklee julle dan, as uitverkorenes van Elohiem, afgesonderdes en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
Yaákov 4:6 Maar Hy gee groter guns; daarom sê Hy: Elohiem weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy guns.
The disciple of the wise," the Rabbis say, "should have sufficient pride to stand in defence of the (truth) he represents