ONAFWENDBARE VERVOLGING

 

As daar een gemeenskaplike eienskap uitgesonder moet word wat kenmerkend is van hulle wat van die vroegste tye af deel uitgemaak het van Yahweh se mense, dan is dit die feit dat almal vervolging geken en beleef het. Die apostel Shaul, wat volgens alle aanduidings self doodgemaak is ter wille van van sy geloof, het iets hiervan verstaan toe hy aan Timoteus geskryf het: "En almal wat ook toegewyd wil lewe in die Messias Y'shua, sal vervolg word" (2 Tim 3:12).

In die bekende boek van John Fox, "Fox’s Book of Martyrs", word van antieke bronne gebruik gemaak om te rekonstrueer hoe Shaul waarskynlik gesterf het: "Paul, the apostle, who before was called Saul, after his great travail and unspeakable labors in promoting the Gospel of the Messiah, suffered also in this first persecution under Nero. Abdias, declareth that under his execution Nero sent two of his esquires, Ferega and Parthemius, to bring him word of his death. They, coming to Paul instructing the people, desired him to pray for them, that they might believe; who told them that shortly after they should believe and be baptized at His sepulcher. This done, the soldiers came and led him out of the city to the place of execution, where he, after his prayers made, gave his neck to the sword."

In dieselfde boek word ook ‘n beskrywing gegee van hoe Timoteus tot sy einde gekom het: "Timothy was the celebrated disciple of St. Paul, and bishop of Ephesus, where he zealously governed the Church until A.D. 97. At this period, as the pagans were about to celebrate a feast called Catagogion, Timothy, meeting the procession, severely reproved them for their ridiculous idolatry, which so exasperated the people that they fell upon him with their clubs, and beat him in so dreadful a manner that he expired of the bruises two days later. "

Dit is opvallend dat volgens hierdie bron, Shaul onder Nero tot sy einde gekom het en Timoteus onder Domitianus, een van Nero se opvolgers. Nero en Domitianus staan allerweë bekend as twee van die wreedste Romeinse keisers wat vir die meeste vervolging van gelowiges verantwoordelik was. Die skrywer van Openbaring, die apostel Yahuganan, is na alle waarskynlikheid ook onder Domitianus as banneling na die eiland Patmos gestuur, nadat hy, volgens sekere bronne, eers in ‘n pot kokende olie gemartel en erg verbrand is. Een van die belangrike temas van Openbaring is die opkoms van die Dier uit die See (Openbaring 13:1) en die Dier uit die Aarde (Openbaring 13:11). Van die Dier uit die See word geskryf dat "aan hom gegee (is) om oorlog te voer teen die afgesonderdes en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie" (vers 7). Van die Dier uit die Aarde word geskryf dat dit vir "hom gegee (is) om 'n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal doodgemaak word wat die dier se beeld nie aanbid nie" (vers 15).

Dat hierdie profetiese visioen nog sy finale vervulling in die laaste dae moet bereik, is feitlik seker, maar dit is baie moontlik dat Yahuganan en sy tydgenote hierdie twee "diere" met Nero en Domitianus geïdentifiseer het. Onder Nero se bewind was daar ‘n verwoestende brand wat dae lank geduur het en twee derdes van Rome verwoes het. Dis opvallend dat Openbaring 13 van die Dier uit die Aarde sê dat hy "al die mag van die eerste dier" uitoefen en "selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense". Dis baie moontlik dat die gelowiges in Yahuganan se tyd hier onwillekeurig aan die groot brand in Rome sou gedink het. Hulle was heel moontlik ook terdeë bewus daarvan dat Nero se naam in Hebreeus "vuur" beteken het. Om alles te kroon, was die somtotaal van die Hebreeuse letterwaardes van sy Griekse titel, "Neron Kaisar", presies 666. Hy het tot sy einde gekom deur selfmoord te pleeg en selfs in hierdie opsig kon daar ‘n ooreenkoms met Openbaring 13 gevind word: "En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees." Die genesing van hierdie "dodelike wond" sou gesien kon word as ‘n soort "herlewing" van Nero in die persoon van Domitianus. Daar was juis ‘n gerug wat in daardie dae rondgegaan het dat Nero die dood "geflous" het en weer êrens sy verskyning sou maak. Ironies genoeg, die Hebreeuse betekenis van Domitianus se naam is "resemblence, likeness" en laat mens dink aan die woorde van Openbaring 13:12 "En hy (die tweede dier) oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is."

As ‘n mens die geskiedenis van die Jodedom nagaan, is die spoor van veragting en vervolging in sommige gevalle selfs nog duideliker as in die geval van Messiaanse gelowiges. In sy boek, A History of the Jews, skryf Paul Johnson: "The jews were exemplars of the human condition. They seemed to present all the inescapable dilemmas of man in a hightened and clarified form. They have always been "strangers and sojourners" in this world. They were the emblem of homeless and vulnerable humanity." Johnson verwys in sy boek na Bonhoeffer wat uit sy Nazi strafkamp geskryf het: "We have learned to see the great events of world history from the perspective of those who are excluded, under suspicion, ill-treated, powerless, oppressed and scorned, in short, those who suffer." Net so, sê Johnson, is dit wanneer ‘n mens die geskiedenis van die Jode aanteken – "it adds to history the new and revealing dimension of the underdog." Kom ons probeer vasstel, vanuit ‘n Skriftuurlike oogpunt, wat is hierdie dimensie van die "underdog" wat in situasies van vervolging na vore kom en wat uiteindelik help om die groter prentjie beter te verstaan.

  1. Die dimensie van waarheid. Miskien is die bekende spreuk, "Die waarheid maak seer", hier van toepassing. Dis nie net die een wat die waarheid hoor wat seerkry nie, maar dikwels ook die een wat die waarheid ken en oordra. Die psalmskrywer het iets hiervan beleef toe hy gesê het : "Al u gebooie is waarheid; hulle (my vyande) vervolg my sonder oorsaak; help my!" (Tehielliem 119:86). Y'shua het bevestig dat die wêreld nie die Gees van die waarheid kan ontvang nie (Yahuganan 14:17). Waarom nie? Omdat die Gees van die waarheid ook die Gees van Afsondering is wat die gelowiges in die waarheid afsonder (Yahuganan 17:19).
  2. Die dimensie van geen kompromie. In die wêreld (en baie kerke) se oë is dit ter wille van die vrede en eensgesind die heel beste om wedersyds mekaar se geloof te aanvaar en op raakpunte klem te lê, eerder as op verskilpunte. Vir die gelowige wat aan Yahweh gehoorsaam wil wees, is dit bykans onmoontlik. Johnson skryf heel tereg: "The Jews could not, and did not recognize the existence of other deities, or show respect for them." Die gelowige, wat werklik die eerste gebod (en ander gebooie) wil gehoorsaam, val in hierdie opsig in dieselfde kategorie as die Jode. Hierdie houding is in die oë van die wêreld heeltemal onverstaanbaar en onaanvaarbaar.
  3. Die dimensie van eksklusiwiteit. Die ware geloof waarvan die Skrif praat, is in baie opsigte eksklusief . Hierdie geloof staan op ‘n aantal belangrike pilare: Daar is net een ware Elohiem; daar is net een stel waardes wat as norm geld van reg en verkeerd; daar is net een uitverkore volk; daar is net een Middelaar tussen Yahweh en die mense – niemand kom na die Vader behalwe deur Hom nie. Daar is net een dag in die week wat Yahweh vir Homself afgesonder het en boonop is daar net een Naam wat die Vader geopenbaar het as sy Gedenknaam van geslag tot geslag. Volgens Openbaring is dit hierdie Naam, en die Naam van Y'shua, sy Seun, wat op die voorhoofde van die uitverkorenes geskryf sal word. Hierdie eksklusiwiteit gaan direk teen die grein in van die moderne wêreld, wat alles so inklusief as moontlik wil maak.
  4. Die dimensie van propaganda. Van die vroegste tye af, maar veral sedert die tyd van die apostels, was daar ‘n magtige stroom van anti-Semitiese propaganda wat uiteindelik nie net die Jode geraak het nie, maar almal wat ongekwalifiseerd aan Yahweh en sy Woord gehoorsaam wou wees (anti-Semities beteken letterlik: gekant teen hulle wat met die Naam van Yahweh verbind word). Johnson skryf in sy boek "Anti-Semitism was fuelled not just by vulgar rumour but by the deliberate propaganda of intellectuals." Die invloedryke Augustinus het verkondig dat die Jode se mislukking en vernedering ‘n bewys is dat die Christendom die enigste ware geloof is en dat die "kerk" oor die "sinagoge" getriomfeer het. In Antiochië het Chrysostomos agt "Sermons against the Jews" gehou waarin die Jode onder meer as moordenaars van die Messias voorgehou is. Een van die voorlopers van die hervorming, Erasmus, het êrens geskryf: "Who is there among us who does not hate this race of men? … If it is Christian to hate the Jews, then we are all Christians in abundance." Martin Luther het selfs nog verder gegaan as dit: en gesê: "The Jewish people should be dealt with, their homes smashed and destroyed, their inmates put in a stable like gypsies, their property seized and then these poisonous envenomed worms should be drafted into forced labour and made to earn their bread by the sweat of their noses."
  5. Die dimensie van suiwering en roepingsbewustheid. Daar is geen twyfel nie dat Yahweh vervolging van die vroegste tye toegelaat het sodat sy volk daardeur gesuiwer en vir iets groters voorberei kon word. Daarom het Y'shua self gesê: "Geseënd is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele" (MattitYahu 5:10). Dit stem ooreen met die woorde van die profeet Daniel: "Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die afvallige sal in afvalligheid handel; en geeneen van die afvallige mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan" (Daniel 12:10). Selfs ‘n sekulêre geskiedskrywer soos Paul Johnson het dit ingesien en sy boek afgesluit met die woorde: "That Jews (ons kan hier byvoeg: …and all true followers of Yahweh) should over the millenia attract such unparalleled, indeed inexplicable, hatred would be regrettable, but only to be expected. Above all, that the Jews should still survive, was wholly predictable …they believed they were a special people with such unanimity and passion, and over so long a span, that they indeed became one …they always knew that (their community) was appointed to be a pilot-project for the entire human race."