ONAFWENDBARE VERVOLGING
As daar een gemeenskaplike eienskap uitgesonder moet word wat kenmerkend is van hulle wat van die vroegste tye af deel uitgemaak het van Yahweh se mense, dan is dit die feit dat almal vervolging geken en beleef het. Die apostel Shaul, wat volgens alle aanduidings self doodgemaak is ter wille van van sy geloof, het iets hiervan verstaan toe hy aan Timoteus geskryf het: "En almal wat ook toegewyd wil lewe in die Messias Y'shua, sal vervolg word" (2 Tim 3:12).
In die bekende boek van John Fox, "Fox’s Book of Martyrs", word van antieke bronne gebruik gemaak om te rekonstrueer hoe Shaul waarskynlik gesterf het
: "Paul, the apostle, who before was called Saul, after his great travail and unspeakable labors in promoting the Gospel of the Messiah, suffered also in this first persecution under Nero. Abdias, declareth that under his execution Nero sent two of his esquires, Ferega and Parthemius, to bring him word of his death. They, coming to Paul instructing the people, desired him to pray for them, that they might believe; who told them that shortly after they should believe and be baptized at His sepulcher. This done, the soldiers came and led him out of the city to the place of execution, where he, after his prayers made, gave his neck to the sword."In dieselfde boek word ook ‘n beskrywing gegee van hoe Timoteus tot sy einde gekom het: "Timothy was the celebrated disciple of St. Paul, and bishop of Ephesus, where he zealously governed the Church until A.D. 97. At this period, as the pagans were about to celebrate a feast called Catagogion, Timothy, meeting the procession, severely reproved them for their ridiculous idolatry, which so exasperated the people that they fell upon him with their clubs, and beat him in so dreadful a manner that he expired of the bruises two days later. "
Dit is opvallend dat volgens hierdie bron, Shaul onder Nero tot sy einde gekom het en Timoteus onder Domitianus, een van Nero se opvolgers. Nero en Domitianus staan allerweë bekend as twee van die wreedste Romeinse keisers wat vir die meeste vervolging van gelowiges verantwoordelik was. Die skrywer van Openbaring, die apostel Yahuganan, is na alle waarskynlikheid ook onder Domitianus as banneling na die eiland Patmos gestuur, nadat hy, volgens sekere bronne, eers in ‘n pot kokende olie gemartel en erg verbrand is. Een van die belangrike temas van Openbaring is die opkoms van die Dier uit die See (Openbaring 13:1) en die Dier uit die Aarde (Openbaring 13:11). Van die Dier uit die See word geskryf dat "aan hom gegee (is) om oorlog te voer teen die afgesonderdes en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie" (vers 7). Van die Dier uit die Aarde word geskryf dat dit vir "hom gegee (is) om 'n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal doodgemaak word wat die dier se beeld nie aanbid nie" (vers 15).
Dat hierdie profetiese visioen nog sy finale vervulling in die laaste dae moet bereik, is feitlik seker, maar dit is baie moontlik dat Yahuganan en sy tydgenote hierdie twee "diere" met Nero en Domitianus geïdentifiseer het. Onder Nero se bewind was daar ‘n verwoestende brand wat dae lank geduur het en twee derdes van Rome verwoes het. Dis opvallend dat Openbaring 13 van die Dier uit die Aarde sê dat hy "al die mag van die eerste dier" uitoefen en "selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense". Dis baie moontlik dat die gelowiges in Yahuganan se tyd hier onwillekeurig aan die groot brand in Rome sou gedink het. Hulle was heel moontlik ook terdeë bewus daarvan dat Nero se naam in Hebreeus "vuur" beteken het. Om alles te kroon, was die somtotaal van die Hebreeuse letterwaardes van sy Griekse titel, "Neron Kaisar", presies 666. Hy het tot sy einde gekom deur selfmoord te pleeg en selfs in hierdie opsig kon daar ‘n ooreenkoms met Openbaring 13 gevind word: "En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees." Die genesing van hierdie "dodelike wond" sou gesien kon word as ‘n soort "herlewing" van Nero in die persoon van Domitianus. Daar was juis ‘n gerug wat in daardie dae rondgegaan het dat Nero die dood "geflous" het en weer êrens sy verskyning sou maak. Ironies genoeg, die Hebreeuse betekenis van Domitianus se naam is "resemblence, likeness" en laat mens dink aan die woorde van Openbaring 13:12 "En hy (die tweede dier) oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is."
As ‘n mens die geskiedenis van die Jodedom nagaan, is die spoor van veragting en vervolging in sommige gevalle selfs nog duideliker as in die geval van Messiaanse gelowiges. In sy boek, A History of the Jews, skryf Paul Johnson: "The jews were exemplars of the human condition. They seemed to present all the inescapable dilemmas of man in a hightened and clarified form. They have always been "strangers and sojourners" in this world. They were the emblem of homeless and vulnerable humanity." Johnson verwys in sy boek na Bonhoeffer wat uit sy Nazi strafkamp geskryf het: "We have learned to see the great events of world history from the perspective of those who are excluded, under suspicion, ill-treated, powerless, oppressed and scorned, in short, those who suffer." Net so, sê Johnson, is dit wanneer ‘n mens die geskiedenis van die Jode aanteken – "it adds to history the new and revealing dimension of the underdog." Kom ons probeer vasstel, vanuit ‘n Skriftuurlike oogpunt, wat is hierdie dimensie van die "underdog" wat in situasies van vervolging na vore kom en wat uiteindelik help om die groter prentjie beter te verstaan.