ONS LIEFDE VIR YAHWEH

‘n Ontleding van Devariem 11

 

  1. WAT BETEKEN LIEFDE VIR YAHWEH?

  1. Hou altyd sy insettinge en sy gebooie (1) [letterlik: elke dag / die hele dag]
  2. Hou al sy insettinge en gebooie (8) ["kol" / "kalal" = to complete, to make perfect]
  3. Luister goed na sy insettinge en gebooie (13) [letterlik: hoor én luister – "shema shema"]
  4. Bêre sy insettinge en gebooie in julle hart en julle siel (18) [letterlik: fix, establish, appoint]
  5. Leer sy insettinge en gebooie vir ander (19) ["lamad" = to make disciples]
  6. Voer sy insettinge en gebooie met entoesiasme uit (22) [letterlik: bewaar én koester – "shamar shamar"]
  7. Kleef vas aan sy insettinge en gebooie (22) ["dabaq" = to stick, to cling, to cleave – vgl. YermeYahu 13:11]

  1. WAAROM MOET ONS DIT BEWYS?

  1. Julle het die grootheid van Yahweh gesien en leer ken (2-6)
  2. Dan sal julle sterk wees (7)
  3. Dan sal julle die oorvloed, verkwikking en versadiging van Yahweh ervaar (9-11; 14-15)
  4. Dan sal julle voordurend in die sorg van die Almagtige wees (12)
  5. Dan sal julle dae verleng en vermenigvuldig word (9, 21)
  6. Dan sal Yahweh julle vyande voor julle uit verdryf (23-25)
  7. Dan sal die seën van Yahweh oor julle lewens rus (26-29)