DIE ONVERWAGSE, ONGEHOORDE EN ONMOONTLIKE VAN DIE WARE GELOOF – ‘n Ondersoek na Skrifgedeeltes waarin die woorde "al" of "alhoewel" voorkom

  1. Die onverwagse dat mense hulleself paai en dink dat dit sal goed gaan, terwyl hulle hulle harte teen Yahweh verhard (Devariem / Deut 29:19).
  2. Die ongehoorde dat Yahweh sy uitverkorenes, wat oor die hele aarde verspreid is, uiteindelik sal versamel (Devariem / Deut 30:4).
  3. Die ongehoorde dat Dawied vir Gholyat kan verslaan sonder dat daar ‘n swaard in sy hand is (1 Shemuel / 1 Sam 17:50).
  4. Die onmoontlike dat geen materiële vergoeding kan opweeg teen die waarde van eenvoudige gehoorsaamheid nie (1 Melagiem / 1 Konings 13:8).
  5. Die ongehoorde dat daar by ‘n mens geen kwade bedoelings en haatdraende gedagtes teenoor sy grootste vyand is nie (1 Shemuel 24:11).
  6. Die onmoontlike dat uiterlike bekoorlikheid en aangeplakte skoonheid nie kan opmaak vir innerlike verderf en sondigheid nie (YermeYahu / Jer 4:30-31).
  7. Die ongehoorde dat Yahweh sy toorn oor sy volk uitspreek en voltrek, maar volhou dat Hy nie ‘n einde aan hulle sal maak nie (YermeYahu / Jer 4:27).
  8. Die onverwagse dat ‘n volk wat deur die Almagtige self geleer en gelei word, hulle rug op Hom draai en nie na Hom luister nie (YermeYahu 32:33).
  9. Die onmoontlike dat selfs die veiligste vesting en mees ondeurdrinbare beskutting nie teen die toorn van die Almagtige bestand is nie (YermeYahu 49:16; 51:53).
  10. Die onverwagse dat mense die waarskuwende voorbeeld in die Skrif ignoreer en erger dinge doen as wat dáár beskryf word (Yegezkel / Eseg 23:11).
  11. Die ongehoorde dat Yahweh mense nadertrek en vertroos wat voorheen vreemdelinge en buitestaanders was (Rut 2:10, 13).
  12. Die onverwagse dat iemand wat skynbaar alles het wat ‘n mens kan begeer, nog steeds omdraai en Yahweh bedroef (NegemYah / Neh 13:26).
  13. Die ongehoorde dat ek selfs in die skaduwee van die dood nie vir teëspoed of ondergang hoef te vrees nie (Tehielliem / Ps 23:24).
  14. Die ongehoorde dat selfs ‘n laer wat teen jou opgeslaan word en ‘n oorlog wat rondom jou woed, jou nie laat vrees nie (Tehielliem 27:3).
  15. Die onmoontlike dat niks op hierdie aarde kan gebeur buite die grense wat Yahweh daarvoor aangelê het nie (YermeYahu 5:22; Tehielliem / Ps 75:3).
  16. Die ongehoorde dat mense in Yahweh se weë bly wandel, selfs nadat hulle verbrysel en verneder is (Tehielliem 44:19).
  17. Die ongehoorde dat jou vlees en jou hart maar kan beswyk, maar Elohiem nog steeds jou Rots en jou deel bly tot in ewigheid (Tehielliem 73:26).
  18. Die ongehoorde dat duisende en tienduisende rondom jou tot ‘n val kom, maar jy bly behoue onder die vleuels van Yahweh (Tehielliem 91:7).
  19. Die onverwagse dat ‘n groep mense teen die Almagtige kan draai, selfs nadat hulle sy groot werke gesien en sy guns geproe het (Tehielliem 95:9).
  20. Die ongehoorde dat iemand hom met die Woord van Yahweh besighou, al word daar planne beraam om hom skade aan te doen (Tehielliem 119:23).
  21. Die onmoontlike dat ‘n dwaas nie deur menslike of natuurlike maniere van sy dwaasheid sal kan afsien nie (Mieshleh / Spreuke 27:22).
  22. Die ongehoorde dat iemand wat geval het, weer kan opstaan, en een wat in duisternis is, weer die lig kan sien (MigaYah / Miga 7:8).
  23. Die ongehoorde dat ‘n mens kan jubel in Yahweh, nadat jy die een ramp op die ander beleef het (Gavakuk / Hab 3:17).
  24. Die onverwagse dat mense hardnekkig weier om in Y'shua te glo, terwyl hulle weet van al die wonders wat Hy gedoen het (Yahuganan / Joh 12:37).
  25. Die onverwagse dat baie mense sekere waarhede nie kan sien nie, terwyl daar niks fout met hulle oë is nie (Handelinge 9:8).
  26. Die ongehoorde dat die Messias sy rykdom en vootreflikheid prysgegee het en ter wille van ons arm geword het (2 Korinthiërs 8:9).
  27. Die ongehoorde dat iemand wat volgens menslike standaarde rede het om op die vlees te staat te maak, slegs op Yahweh vertrou (Filippense 3:4).
  28. Die onmoontlike dat gebooie en leringe van mense ooit enige blywende en reddende waarde kan hê (Kolossense 2:23).
  29. Die ongehoorde dat iemand wat gesterf het en in die Messias glo, weer sal lewe (Yahuganan / Joh 11:25).
  30. Die ongehoorde dat ‘n mens Iemand wat jy nie kan sien nie, innig kan liefhê en jou in Hom verbly met ‘n onuitspreeklike blydskap (1 Kefa / 1 Petrus 1:8).