OM DIE GELOOF TE BEHOU

Dit is 'n "eye-opener" om bietjie in die media te gaan rondsnuffel en te hoor hoe mense vandag praat oor geloof en oor die Skrif en selfs oor die Almagtige. Dis 'n "eye-opener" want jy hoor dinge wat letterlik jou hare laat rys en jou help om te verstaan hoe ver baie mense van die geloof weggeval het. Maar ek is nie aldag so seker of dit 'n goeie ding is om jou ore uit te leen en jouself bloot te stel aan die manier hoe mense hulle mond uitspoel oor verskillende onderwerpe en die media gebruik om uiting te gee aan hulle eie innerlike wroegings en gebrek aan vastigheid nie. In die proses waarin 'n mens na ander se opinies begin luister, kan jy dalk self in 'n maalkolk van vertwyfeling verval.

Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde hiervan, net om naastenby 'n idee te probeer vorm van die omvang van hierdie skeptiese gees van ons tyd.

In Hong Kong is daar onlangs beswaar gemaak teen 'n reeks berigte in 'n plaaslike koerant wat glo seksueel aanstootlik was. Na aanleiding hiervan het 'n sekere webtuiste toe 'n inisiatief geloods waarvolgens mense beswaar kon aanteken as hulle meen dat die inhoud van die Skrif seksueel aanstootlik is. Altesaam 838 briewe van beswaar is toe ontvang van mense wat meen dit kan nadelig wees om die Skrif te lees, want dit is besaai met stories van verkragting, bloedskande en geweld. Die punt wat hulle wou maak is dat daar slegs sowat 80 besware teen die reeks in die koerant was, maar meer as 800 besware teen die inhoud van die Skrif.

Iemand skryf êrens 'n brief waarin hy verduidelik waarom hy nie die geloof wat in die Skrif voorgestel word, kan navolg nie. In hierdie brief maak hy beweringe soos die volgende: "The Bible is riddled with internal contradictions and inconsistencies... a literal reading of the Bible is contradicted by 200 years of scientific research... Not just science, but also modern philosophy argues against the view of the Divine communicated in the pages of the Bible... the God of the Bible is a logical contradiction and is easily dissolved by philosophy, like the mist in the morning... The Biblical God constantly changes his moral commandments... the Bible itself is the best argument that morality is indeed fluid... It can be really humorous to compare interpretations of the Bible with what the Bible is actually saying ... The Bible is monument to Man's attempt to grasp Himself, an attempt that may contain this or that insight, but that ultimately turned out to be just another subjective speculation."

In 'n bespreking oor die internet onder die opskrif "The Psychology of Faith" vind 'n mens onder meer die volgende uitsprake oor geloof: "Faith- nothing like a positive attitude, a confident approach to things... Faith is often just another name for delusion... I can't believe in or respect a god who offers to save me from his own wrath... Wake up believers in God and look to see if your religion is pulling the coin out from it's sleeve... Why Do Atheists Assume They are Smarter? - Because anyone who believes that a dead man can rise from the grave and fly up to heaven can't be that smart."

Dit is net so insiggewend om te gaan kyk na die Iys van boeke wat deesdae die meeste deur lesers regoor die wereld gelees word. In hierdie Iys is daar boeke soos "The God Delusion" deur Richard Dawkins (waarin hy beweer "belief in God and belonging to a religion are both outdated and dangerous"); "God is not Great" deur Christopher Hitchens (waarin beweer word "religion is violent, irrational, intolerant and allied to racism") en "The end of Faith" deur Sam Harris (waarin die skrywer onder meer se dat godsdiens mense emosioneel verblind en daarom "as an artifact of human thought has long outlived its usefulness").

'n Mens kan baie dinge opnoem om uitsprake soos hierdie te weerlê. 'n Mens kan vir die skeptiese geeste daarbuite se: As die Skrif dan so onbetroubaar is en die Elohiem van die Skrif so wreedaardig en so wisselvallig, wat maak dat mense oor .'n tydperk van duisende jare en oor 'n spektrum van feitlik elke stam, volk en nasie nog steeds onwrikbaar aan die Skrif vashou en hulle geloof verbind aan dieselfde Een aan wie Avraham 3800 jaar gelede sy geloof verbind het? 'n Mens kan hulle daaraan herinner dat Wie die Almagtige waarvan die Skrif praat, in werklikheid is, en dit wat die godsdienste van die wêreld van Hom gemaak het, hemelsbreed van mekaar verskil. Een van die skeptici hierbo het juis gesê: "It can be really humorous to compare interpretations of the Bible with what the Bible is actually saying." Die feit dat daar menslike elemente in die totstandkoming van die Skrif betrokke was (en daar dus noodwendig ook foute ingesluip het), is geen rede om die Skrif in sy geheel te bevraagteken nie. En behalwe dit, kan 'n mens aantoon dat meeste van die besware wat ingebring word teen die geloofwaardigheid van die Skrif, is gebaseer op menslike insigte, menslike verstaan van reg en verkeerd en die siening dat menseregte op geen manier benadeel mag word nie - dus, in wese, humanisties van aard.

Maar hierdie tipe argumente gaan nie die knoop vir jou en vir my deurhaak nie. Om ons geloof te midde van die felle aanslag van buite af, te behou, het ons meer nodig as dit. Ons wortels moet dieper veranker wees. Ons sekerhede moet op ewige waarhede berus, nie op slim argumente nie. Daarom moet ons terugkeer na die Skrif wat vir ons die Bron van waarheid bly - ongeag mense se pogings (wat ten diepste Satan se pogings is) om die Skrif in diskrediet te bring. Ons volstaan met vyf kragtige getuienisse uit die boek van Tehielliem (Psalms - dink veral na oor die implikasies van die vetgedrukte woorde):

Tehielliem 19:7-10 Die wet van Yahweh is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van Yahweh is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige. Die bevele van Yahweh is reg: hulle verbly die hart; die gebod van Yahweh is suiwer. dit verlig die oe. Die vrees van Yahweh is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van Yahweh is waarheid - tesame is hulle regverdig. Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop

Tehielliem 25:2-5 My Elohiem, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak. Yahweh, maak my u wee. bekend; leer my u paaie. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die Elohiem van my verlossing. U verwag ek die hele dag.

Tehielliem 86:8-11 Daar is niemand soos U onder die magtiges, Yahweh, en daar is niks soos u werke nie. AI die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Yahweh, en hulle sal u Naam eer, want U is groot en doen wonders, U alleen is Elohiem. Leer my, Yahweh, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.

Tehielliem 119:29-32 Verwyder van my die weg van leuens, en verleen my goedgunstiglik u wet. Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel. Ek kleef u getuienisse aan; O Yahweh, maak my nie beskaamd nie! Ek sal op die weg van u gebooie wandel, want U verruim my hart.

Tehielliem 145:17-19 Yahweh is regverdig in al sy wee en goedgunstig in al sy werke. Yahweh is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle.