PERSOONLIKHEDE WAT IN DIE SKRIF UITGESONDER

WORD OMDAT HULLE KARAKTER BO DIÉ

VAN ANDER UITGESTYG HET

 

Satan              Listiger as al die diere van die veld

(slang)                        Bereshiet 3:1 Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat Yahweh Elohiem gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat Elohiem gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?

 

Yosef              Meer geliefd by sy vader as al sy broers

Bereshiet 37:4 Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer as al sy broers liefhet, het hulle hom gehaat en kon nie vriendelik met hom praat nie.

 

Mosheh          Sagmoediger as al die mense op die aardbodem

Bemidbar 12:3  Maar die man Mosheh was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.

 

Shaul              Groter van gestalte as die hele volk

1 Shemuel 10:23-24  En toe hy tussen die mense gaan staan, was hy van sy skouers af boontoe hoër as die hele volk.   En Shemu’el sê aan die hele volk: Sien julle hom ...  daar is nie een onder die hele volk soos hy nie.

 

Dawied            Meer getrou as al die dienaars van die koning

1 Shemuel 22:14  Maar wie is onder al u dienaars so getrou soos Dawied, wat skoonseun van die koning is en aangesluit het by u lyfwag en geëerd is in u huis?

 

Avshalom       Mooier van aansien as al die mans van Yisrael

2 Shemuel 14:25  En in die hele Yisra’el was daar geen man so mooi soos Avshalom, so geprys nie: van sy voetsool af tot sy hoofskedel toe was daar geen gebrek aan hom nie.

 

Shelomo         Meer wysheid as al die kinders van die Ooste

1 Melagiem 4:30 sodat die wysheid van Shelomo groter was as die wysheid van al die kinders van die Ooste en as al die wysheid van Mitsrayiem (Egipte).

 

Yehudah         Meer geneig tot sonde as al die ander stamme van Yisrael

1 Melagiem 14:22 En Yehudah het gedoen wat verkeerd was in die oë van Yahweh en sy ywer opgewek, meer as al die dade van hulle vaders, deur hul sondes wat hulle gedoen het.

 

Agav               Meer verlei om kwaad te doen as enige ander koning

1 Melagiem 21:25 Waarlik, daar was niemand soos Agav wat homself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van Yahweh nie, omdat sy vrou Izével hom verlei het (vgl. 1 Melagiem 16:30).

 

GizkiYah         Beter as al die ander konings t.o.v. sy vertroue op Yahweh

2 Melagiem 18:5 Hy het op Yahweh, die Elohiem van Yisra’el, vertrou, sodat onder al die konings van Yehudah ná hom en die wat voor hom gewees het, niemand soos hy was nie.

 

YoshiYah        Beter as al die ander konings t.o.v. sy liefde tot Yahweh

2 Melagiem 23:25 En voor hom was daar geen koning soos hy nie wat hom tot Yahweh bekeer het met sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag ooreenkomstig die hele wet van Mosheh, en ná hom het nie een soos hy opgestaan nie.

 

Ester               Meer guns en welwillendheid as al die jongmeisies van die land

Ester 2:17 En die koning het Ester liefgekry meer as al die vroue, en sy het guns en welwillendheid voor hom gevind meer as al die jongmeisies; en hy het die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vashti.

 

Iyov                 Meer regverdig en opreg as enige mens op aarde

Iyov 1:8 En Yahweh vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Iyov? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, wat Elohiem vrees en wat afwyk van die kwaad (vgl. Iyov 2:3)

 

Iyov se            Mooier van gestalte as al die vroue van die land

Dogters                      Iyov 42:15 En in die hele land is geen vroue gevind so mooi soos die dogters van Iyov nie; en hulle vader het hulle ‘n erfdeel gegee onder hulle broers.

 

Dani’el             Aantrekliker en gesonder as al die jongmanne van die land

en Vriende                  Dani’el 1:15, 19 En aan die einde van tien dae het hulle voorkoms beter en hulle voller van vlees gelyk as al die jong seuns wat die spys van die koning geëet het ... en onder hulle almal is daar niemand gevind soos Dani’el, GananYah, Misha’el en AzarYah nie. So het hulle dan voor die koning gedien.

 

Yahshua         Spreek woorde soos geen mens nog ooit gespreek het nie

Yahuganan 7:47 Die dienaars antwoord: Nooit het 'n mens so gespreek soos hierdie mens nie. En die Perushiem (Fariseërs) antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie?  48  Het iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Perushiem (Fariseërs)?  49  Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek! 

                       

Uitnemender as al die boodskappers van Yahweh

Ivriem 1:4  terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die boodskappers namate Hy 'n voortrefliker naam geërf het as hulle.

                       

Voortrefliker as al die middelaars voor Hom

Ivriem 8:6 Maar nou het Hy 'n voortrefliker bediening verkry vir soverre Hy ook Middelaar is van 'n beter verbond wat met die oog op beter beloftes deur die wet vasgestel is.