SHABBAT: DIE GROTER PRENTJIE

In hierdie tyd waarin mense normaalweg met vakansie gaan (‘n ruskansie neem) en "Kersfees" op almal se lippe (en brein) is, besef ‘n mens opnuut die besondere betekenis en seën wat opgesluit lê in die rus wat Yahweh ingestel het, die rus van die Shabbat.

Woordeboeke gee die betekenis van die woord "Shabbat" aan as "to cease, to rest, to leave, to put down, to repose". Die Engelse woord "repose" beteken: "to rest in confidence or trust, due to the honour of a friend; rest of mind; freedom from uneasiness; in painting: harmony of colours".

Die Skrif wys daarop dat ons rus (shabbat) eintlik voortspruit uit ‘n groter en belangriker vorm van rus wat Yahweh van die begin af vir die mens bestem het. Kom ons kyk na die manier waarop daar in die Skrif van "Yahweh se rus" gepraat word – in hierdie breër sin van die woord.

  1. Yahweh het gerus (shabbat) van al die werk wat Hy gedoen het – nadat Hy dit bevredigend voltooi of afgehandel het. Bereshiet 2:2,3; vgl. Rut 3:18
  2. Die siklusse van die natuur en die vasgestelde tye van Yahweh sal nie ophou (shabbat) nie. Bereshiet 8:22.
  3. Yahweh sal die gevaar van wilde diere, die skrik van die vyand en die bedreiging van die swaard laat ophou (shabbat), sodat dié wat aan Hom gehoorsaam is, waarlik kan rus. Wayyikra 26:2-9. L.W. "Ek sal My na julle wend" (vers 9) d.w.s. "Ek sal julle respekteer" – vgl. 2 Melagiem 13:23.
  4. Yahweh sal die manna laat ophou (shabbat). Yahushua 5:12 – "manna" = afgelei van "mah" wat beteken: "Wat? / Waarom? / Hoe?". Dit wil sê: Hy maak ons vrae minder, want ons het geproe van die vrug van die land (vers 12).
  5. Yahweh sal nie sy verlossing laat ontbreek (shabbat) nie. Rut 4:14 – vgl. Bersehiet 24:27; Tehilliem 68:19; Efes 1:3.
  6. Yahweh sal die bestaan van die afvalliges op hierdie aarde laat ophou (shabbat). Tehilliem 119:119 – vgl. YeshaYahu 13:11; 14:4.
  7. Yahweh sal toesien dat Yisrael nooit ophou (shabbat) om sy volk te wees nie. YermeYahu 31:36.

DAAROM:

LAAT ONS OPHOU OM NA MENSE TE KYKEN TE LUISTER WANNEER DIT KOM BY DIE VRAAG: WAT BETEKEN DIE SHABBAT?

[Teenvraag: Wat van al die grys areas, probleme, onbeantwoorde vrae en teenkanting rakende die Shabbat? – vgl. NegemYah 6:3]

LAAT ONS NOOIT OPHOU OM DIE WOORDE VAN YAHWEH TE RESPEKTEER; DIE WERKE VAN YAHWEH TE DOEN EN DIE WARE RUS VAN YAHWEH TE SOEK NIE.