SHAVUOT: ‘N RADIKALE BOODSKAP
Shemot (Eksodus) 19 beskryf die volk se aankoms by die berg Sinai en die voorskrifte wat nagekom moes word voordat hulle gereed was om die Torah te ontvang. Dis duidelik dat die gebeure van Shemot 19 op of baie naby aan die fees van Shavuot moes plaasgevind het. Vers 1 beskryf dit as die derde maand na hulle uittog uit Mietsrayiem (Egipte), d.w.s. nie drie maande later nie, maar terwyl hulle uittog in die eerste maand was (die 15 de dag van daardie maand), was die ontvangs van die Torah by Sinai in die derde maand. Ons kan nie uit die beskikbare gegewens aflei presies op watter dag van die maand dit was nie, maar Shavuot val altyd in die derde maand van die Skriftuurlike jaar. Die hoofstuk bereik sy klimaks by vers 24, waar Yahweh vir Mosheh sê: "Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aharon saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na Yahweh toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie." Hierdie vers bevat 5 verskillende werkwoorde wat saam ‘n duidelike, verreikende, maar ook ‘n radikale boodskap verteenwoordig: (1) Gaan ["halag"] (2) Gaan af ["yarad"] (3) Gaan op ["alah"] (4) Deurbreek ["haras"] 95) Losbreek ["parats"]. As ‘n mens die gebruik van hierdie vyf woorde in die res van Shemot, en ook die res van die Skrif nagaan, is daar ‘n patroon wat na vore kom wat vir ons ‘n beter begrip behoort te gee van die dieper betekenis van Shavuot.
Boodskap: Yahweh stuur sy boodskapper voor sy volk uit.
Hand 2:18 En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in daardie dae van my Gees uitstort.
Boodskap: Yahweh stuur sy kneg om af te gaan en sy volk te red.
Hand 2:22 die Natsarener, 'n man deur Elohiem vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat Elohiem deur Hom onder julle gedoen het.
Boodskap: Yahweh laat sy kneg alleen toe om op te gaan na Hom toe.
Hand 2:33 Nadat Hy dan deur die regterhand van Elohiem verhoog is … het Hy dit uitgestort, wat julle nou sien en hoor
Boodskap: Yahweh gee opdrag dat elke heidense gebruik afgebreek word.
Hand 2:40 En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag
Boodskap: Yahweh sal self toesien dat sy volk vermeerder en losbreek na alle kante.
Hand 2:47 En Yahweh het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.
Elkeen van hierdie vyf woorde hou ‘n dringende en radikale boodskap in vir ons wat vandag begeer om aan die woord van Yahweh en die getuienis van Y'shua getrou te bly.