Yom Terua 2 Oktober 2008
STEMME EN GELUIDE OP YOM TERUAH
In Wayyikra 23:24 lees ons hierdie woorde: "Spreek met die kinders van Yiesraél en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle 'n rusdag wees, 'n herinneringsdag deur geklank van die ramshoring, 'n afgesonderde byeenkoms." Die woorde "geklank van die ramshoring" is ‘n vertaling van net een Hebreeuse woord, die woord "teruah" wat basies die betekenis het van ‘n baie skril geluid, ‘n groot geraas, of ‘n baie harde stem. Die bekendste manier om ‘n "teruah" teweeg te bring, was om ramshorings en trompette te blaas.
Daar word baie moontlike redes opgenoem waarom die ramshorings op hierdie dag meer geblaas moes word as op enige ander feesdag, waarvan die volgende die bekendstes is:
Die woorde "die geluid van die ramshoring" kom dikwels in die Skrif voor. In Hebreeus word dit gewoonlik met die woorde "qol hashofar" weergegee. Die woord "qol" kan met "geluid" of "stem" vertaal word. In Hebreeus word daar nie altyd duidelik onderskeid gemaak tussen die stem van ‘n mens en die geluid van byvoorbeeld ‘n musiekinstrument nie. Die geluid van die ramshoring is terselfdertyd ook die stem van die ramshoring. Dit sê vir ons dat wanneer die ramshoring geblaas is, het die volk dit verstaan as die stem van Yahweh – Hy vra hulle aandag en wil hê dat hulle moet luister na sy stem.
Die geluid van die ramshoring waarna ons vandag luister, is ‘n oproep om baie noukeurig na die stem van Yahweh te luister. Psalm 29 sê die stem van Yahweh is op die waters; die stem van Yahweh is vol van krag; die stem van Yahweh verbreek vestings en die stem van Yahweh laat woestyne bewe. Die stem van Yahweh maak ons ook bewus van ander stemme en ander geluide rondom ons. Partykeer het ons die skril geluid van die ramshoring nodig om die betekenis van al die geluide rondom ons reg te verstaan.
Watter soort geluide moet ons op hierdie dag hoor?
Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie!
Heb 3:7; Heb 3:15; Heb 4:7.