VERSTAANBARE VERWARRING OOR KERSFEES
In ‘n blog (internet gesprek) met die titel "Seënwense wat aanstoot gee" wat deur die Burger aangebied is, word die stelling dié week gemaak dat dit nie nodig is om aanstoot te neem wanneer iemand jou ‘n Geseënde Kersfees toewens nie, al het jy nie ‘n saak met Kersfees nie, of al is jy self ‘n Moslem of ‘n Hindoe. Om ‘n idee te kry van hoeveel verwarring daar in die harte van mense oor hierdie saak bestaan, het ek sommige van die bydraes op die blog hieronder aangehaal.
Met Kersfees herdenk Christene hul skepper se geboortedag
Het sopas n mail gekry van n dronk takbok wat n kersliedjie sing. Nie snaaks nie.
Wel ek dink 'n singende dronk takbok is snaaks
Ek kry die Kersboom jammer want kort-kort besluit iemand om kersbome uit openbare plekke te verwyder, omdat dit godsdienstig aanstootlik is
Moenie die kersboom jammer kry nie, kry die mense jammer wat onder die indruk verkeer dat die oprig van 'n boom wat met silwer en goud versier is ('n praktyk wat in Jeremia 10:2-5 as "die weg van die heidene" beskryf word) 'n manier is om erkenning te gee aan die geboorte van die Messias.
Kersfees beteken verskillende dinge vir verskillende mense.
As 'n nie -gelowige, voel ek nie geaffronteer as iemand vir my geseende Kersfees toewens nie (al het dit nie vir my 'n spesiale betekenis nie), en ek sal met groot vrymoedigheid vir 'n Christen dieselfde toewens
Laat die wat kersfees wil vier dit doen. ek self sal Newtonfees vier
Niemand sal my stil maak nie .... nie eers die regering nie … Johannes was onthoof ter wille van Jesus … nou ek staan ook in daardie ry … kersfees sal ek toewens al jaag hulle my ook weg, dan gaan ek net na ‘n ander plek.
`n Ortodokse Jood het op `n dag vertel hoe lief hy vir Jesus het! Iemand vra toe hoe dit moontlik is aangesien hy nie in Jesus as Verlosser glo nie? Hy antwoord:" As mense nie sy verjaarsdag gevier het nie sou dit nie so goed met my besigheid gegaan het nie. Nou koop hulle en Jesus bring groot besigheid!"
Ek kom gereeld deur die jaar Sondae saam met die gelowiges byeen. Kersoggend is vir my egter die een geleentheid wat dit vir my heerlik is om by die huis te bly en nie deel te wees van die vertrappery by die kerk nie. Dit laat ek maar aan die ouens oor wat nooit in `n kerk kom nie behalwe op Kersfees omdat dit tradisie is.
Ek tree sover moontlik hoflik op wanneer mense vir my 'n geseende Kersfees toewens omdat ek weet hulle bedoel goed, maar terselfdertyd ontstel dit my dat die mense nie weet hulle is met soveel heidense elemente besig en paradeer dit as Jesus se sogenaamde geboortedag nie.
Maar kom ons maak seker ons kinders besef – so teen die tyd dat hulle die Tandemuis en Kersvader natuurlik afsterf en besef Sneeuwitjie het toe nié uit die dood uit opgestaan nie – dat "God" en "Satan" en "Jesus" ook maar net storiekarakters is.
En dan hierdie een in Engels: I wanted to send some sort of holiday greeting to my friends, but it is so difficult in today's world to know exactly what to say without offending someone. So I met with my attorney yesterday, and on his advice I wish to say the following: Please accept with no obligation, implied or implicit, my best wishes for an environmentally conscious, socially responsible, low stress, non-addictive, gender neutral celebration of the solstice holiday, practised with the most enjoyable traditions of religious persuasion or secular practices of your choice with respect for the religious/secular persuasions and/or traditions of others, or their choice not to practice religious or secular traditions at all.
In reaksie op bogenoemde kan ‘n mens maar net sê soos wat Vincent van Sewende Laan hierdie week vir Vanessa gesê het: "We’ve created a monster!" Dis wat gebeur as mense tussenbeide tree en gebruike instel omdat hulle meen dat die Skepper se eie instellings en verordeninge nie aanvaarbaar of modern genoeg of kultureel, polities of godsdienstig korrek is nie. In plaas van ‘n verlustiging het Kersfees ‘n verleentheid geword. En die oplossing is nie om eenvoudig die opvallende heidense elemente soos kersbome en kersversierings en kersvaders en kersbokke weg te skraap en nog steeds voort te gaan om ewe vroom die geboorte van die Messias op dieselfde dag as die sogenaamde geboorte van die son te vier nie. So gaan ons nog steeds nie van die verwarring en die heidense bagasie rondom Kersfees ontslae raak nie. Kom ons kyk nog ‘n slag of daar nie in die Skrif meer spesifieke riglyne in hierdie verband na vore kom nie.
Yahushua 24:14 Vrees dan nou Yahweh en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die afgode wat julle vaders gedien het oorkant die Perat en in Mietsrayiem, en dien Yahweh. VERWYDER DIE AFGODE VAN JULLE HEIDENSE VERLEDE.
YeshaYahu 5:20 Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter. IETS WAT ‘N SLEGTE KERN HET, WORD NIE GOED DEUR DIT LIGWEG TE VERANDER NIE.
YeshaYahu 8:20 Tot die Torah en tot die getuienis! As hulle nie praat ooreenkomstig hierdie woord nie, is hulle 'n volk wat geen daglig het nie. DIT WAT NIE SY BASIS HET IN DIE WOORD VAN YAHWEH EN DIE GETUIENIS VAN Y'shua NIE, BRING GEEN SEËN NIE.
YeshaYahu 29:13 En Yahweh het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My 'n aangeleerde mensegebod is. AANGELEERDE MENSEGEBOOIE EN LIPPEDIENS GAAN HAND AAN HAND.
YermeYahu 3:13-14 Alleenlik, ken jou ongeregtigheid, dat jy teen Yahweh jou Elohiem oortree het en jou weë gerig het na die vreemdes, onder elke groen boom; maar na my stem het julle nie geluister nie, sê Yahweh. Keer terug, o afvallige kinders, sê Yahweh, want Ek is Meester oor julle; en Ek sal julle neem, een uit 'n stad en twee uit 'n geslag en sal julle in Tsion bring. YAHWEH SE STEM WORD NIE GEHOOR MIDDE-IN DIE VREEMDE GEBRUIKE VAN DIE NASIES NIE.
YermeYahu 8:5 Waarom is dan hierdie volk, Yerushalayiem, rebels met 'n aanhoudende afvalligheid? Hulle hou vas aan bedrog, hulle weier om terug te keer. REBELSHEID KOM DIE DUIDELIKSTE NA VORE IN DIE HARDNEKKIGE VASHOU AAN DIT WAT ONSUIWER IS.
YermeYahu 16:19 O Yahweh, my sterkte en my beskutting en my toevlug in die dag van benoudheid, tot U sal volke van die eindes van die aarde af kom en sê: Net leuens het ons vaders geërf, nietige afgode, en daaronder was niks wat voordeel kon bring nie. ONDER DIE LEUENS WAT ONS VAN ONS VOORGESLAGTE GEËRF HET, IS DAAR NIKS WAT VOORDEEL BRING NIE.
Markus 7:7-8 Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. Want terwyl julle die gebod van Elohiem nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas. MOENIE DIE OORLEWERING VAN MENSE NAJAAG TEN KOSTE VAN DIE GEBOD VAN ELOHIEM NIE.
Romeine 2:21-23 Jy dan, wat 'n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy? Jy wat sê dat 'n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat 'n weersin in die afgode het, pleeg jy tempelroof? Jy wat jou op die Torah beroem, onteer jy Elohiem deur die oortreding van die Torah? MENSE WAT HULLE OP DIE TORAH BEROEP, ONTEER YAHWEH WANNEER HULLE TEEN DIE GEES VAN DIE TORAH LEWE.
1Korintiërs 10:14 Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens. MOENIE KYK HOE NABY JY AAN AFGODEDIENS KAN KOM SONDER OM TE SONDIG NIE – VLUG DAARVAN WEG!