WAT BETEKEN DIT VOLGENS DIE SKRIF DAT YAHWEH ONS VADER IS?

‘n Kykie na Sewe Gedeeltes in die Ou Verbond waar Yahweh spesifiek as “Vader” aangespreek word  


 

1.      Dit beteken dat Yahweh ons spesiaal gekies het om deel van sy eiendomsvolk te wees.


Deut 14:1-2 Julle is kinders van Yahweh julle Elohim; julle mag julle ter wille van 'n dooie nie stukkend kerwe of 'n kaalte tussen julle oë maak nie.  Want jy is 'n volk heilig aan Yahweh jou Elohim, en jou het Yahweh uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is.

 

2.      Dit beteken dat Yahweh sy Naam oor ons uitgeroep het

 Jes 63:16-19 Want U is ons Vader! Want Abraham weet van ons nie, en Israel ken ons nie. U, o Yahweh, is ons Vader; ons Verlosser is van ouds af u Naam ... . ons het geword soos hulle oor wie U nie van ouds af geheers het nie, oor wie u Naam nie uitgeroep is nie.

 

3.      Dit beteken dat Yahweh die Pottebakker is en ons die klei

 Jes 64:8  Maar nou, Yahweh, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.

 

4.      Dit beteken dat Yahweh ons vertroude vriend van ons jeug af is 

Jer 3:4-7  Het jy My nie nou eers aangeroep nie: My Vader, die vertroude Vriend van my jeug is U! ... Het jy gesien wat die afkerige, Israel, gedoen het? ... En Ek (Yahweh) het gesê, nadat sy dit alles gedoen het: Keer na My terug! Maar sy het nie teruggekeer nie.

 

5.      Dit beteken dat Yahweh ons ‘n allersierlikste erfenis van die nasies wil gee

 Jer 3:19  Ék het wel gedink: o Hoe gaan Ek jou met seuns gelykstel en aan jou gee 'n kosbare land, 'n allersierlikste erfenis van die nasies! Ook het Ek gedink: Jy sal My noem: My Vader! en jy sal van My nie afvallig word nie.

 

6.      Dit beteken dat Yahweh deur ons geëer en gevrees moet word

 Mal 1:6  'n Seun eer die vader, en 'n kneg sy meester. As Ek dan 'n Vader is, waar is my eer? En as Ek 'n Meester is, waar is die vrees vir My? sê Yahweh van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons u Naam verag?

 

7.      Dit beteken dat ons nie troueloos met ons broers en suster moet handel nie 

Mal 2:10  Het ons nie almal een Vader nie? Het een Elohim ons nie geskape nie? Waarom handel ons dan troueloos met mekaar, deur die verbond van ons vaders te ontheilig?