VADER EN SEUN IN KOMBINASIE
|
Grieks |
Scriptures (korrek) |
NAV (korrek) |
KJV (nie korrek nie) |
OAV (nie korrek nie) |
|
7 hoti treis eisin hoi marturountes TSen TSto TSouranoTShoTS pater TSho TSlogos TSkaiTStoTS hagion TSpneumaTSkaiTShoutoi TShoiTStreisTS henTSeisin |
7 Because there are three who bear witness: |
7 Daar is dus drie wat getuig: |
7 For there are three that bear record in heaven, the Father, the Word, and the Holy Ghost: and these three are one. |
7 Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; |
|
8 TSkaiTStreisTSeisinTShoi TSmartutountesTSenTSte TSghe to pneuma kai to hudor kai to haima kai hoi treis eis to hen eisin |
8 the Spirit, and the water, and the blood. And the three are in agreement. |
8 die Gees en die wa-ter en die bloed, en die drie se getuienis stem oreen. |
8 And there are three that bear witness in earth, the Spirit, and the water, and the blood: and these three agree in one. |
8 en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig. |
Bogenoemde verstaan van die Afgesonderde Gees, synde die Gees van die Vader en ook van die Seun (nie as een van die "persone" van ‘n sg. "Drie-eenheid" – ‘n begrip wat nêrens in die Skrif voorkom nie) kom duidelik na vore in die volgende gedeeltes:
1 Kor 2:10-12 Maar Elohiem het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van Elohiem. Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in Elohiem is nie, behalwe die Gees van Elohiem. Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit Elohiem is, sodat ons kan weet wat Elohiem ons uit guns geskenk het.
Die Gees van Elohiem (of die "Gees wat uit Elohiem is") moet dus op dieselfde manier verstaan word as "die gees wat in ‘n mens is". Net soos wat die gees van ‘n mens verseker nie as ‘n "afsonderlike persoon" beskou kan word nie, net so is die Gees van Yahweh nie ‘n afsonderlike Persoon wat van die Vader en die Seun onderskei moet word nie.1 Joh 4:13 Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het. Die Vader het aan diegene wat in die geloof aan Hom verbind is, van sy Gees gegee, dit wil sê hulle lewens behoort dus nou dieselfde gees en gesindheid en karakter te weerspieël as wat in Hom teenwoordig is.
Matt 11:27 Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar. Hierdie vers is ‘n weerspreking van 1 Kor 2:210-12 (Matt 11 - "niemand ken die Vader nie, behalwe die Seun" versus 1 Kor 2 - "niemand weet wat in Elohiem is nie, behalwe die Gees van Elohiem") BEHALWE AS DIE GEES NIE ‘N APARTE PERSOON IS NIE, MAAR DIE GEES VAN YAHWEH WAT OOK IN YAHSHUA GEVIND KAN WORD.
Mark 13:32 Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die boodskappers in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader. Opvallend dat hier geen vermelding van die Afgesonderde Gees is nie, maar wel van die Seun en die boodskappers in die hemel. Die rede is eenvoudig: Die Gees is nie beskou as ‘n afsonderlike Persoon nie, maar as die Gees van Yahweh.
Luk 9:26 Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy grootheid en dié van die Vader en van die afgesonderde boodskappers. Weer eens geen vermelding van die Afgesonderde Gees nie, alhoewel ‘n mens dit binne die raamwerk van ‘n drie-eenheid sou verwag (as die Gees ‘n afsonderlike Persoon was, kan die grootheid van die afgesonderde boodskappers [d.w.s. engele] tog nie méér wees as dié van die Afgesonderde Gees nie).
Gal 4:6 En omdat julle kinders is, het Elohiem die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! Sommige mense sal sê dat ons hier ‘n verwysing na die Drie-eenheid het, maar let wel: Dit is die Vader wat die Gees van sy Seun in gelowiges se harte uitstuur (of "inblaas") sodat hulle ook (soos die Seun) Yahweh as "Vader" kan aanroep. In die konteks van Gal 4 is daar geen sprake van ‘n afsonderlike werking van die Gees nie.
2 Pet 1:17 want Hy het van Elohiem die Vader eer en grootheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke voortreflikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Kefa (Petrus) beskryf hier die voorval toe Yahshua in die Jordaanrivier gedoop is met die gepaardgaande stem uit die hemel ("Dit is my geliefde Seun …") en die Gees wat soos ‘n duif op Yahshua neergedaal het ("Hy het van die Vader eer en grootheid ontvang", en NIE "Hy het die Gees as ‘n afsonderlike Persoon ontvang" nie).
1 Joh 1:3 wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê; en ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Yahshua die Messias. Let Wel: Ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun (punt). Dit behels uit die aard van die saak dat die Gees van die Vader (wat ook die Gees is wat in die Messias gesien kon word) in ons harte werksaam is, vrug en besondere gawes in ons lewens te voorskyn bring en ons in staat stel om met vrymoedigheid en oortuiging van hierdie gemeenskap met die Vader en die Seun te getuig.
** Daar word dikwels sterk klem op gelê dat die Gees as ‘n Persoon beskou moet word omdat Yahshua in die Joh 14-16 onder meer aangedui het dat die Afgesonderde Gees "gestuur" sou word (14:26) en die dissipels sou "onderrig" (14:26), by hulle sou "bly" 14:16) en hulle sou "oortuig" (16:8). Dieselfde woorde word egter dikwels gebruik in gevalle waar daar nie van ‘n persoon sprake is nie, bv. Gawes kan "gestuur" word (Openb 11:10); die natuur kan "onderrig" (1 Kor 11:14); die toorn van Yahweh kan op mense "bly" (Joh 3:36) en ‘n mens se gewete kan "oortuig" (Joh 8:9).