Verwyder alle suurdeeg
Tydens die Fees van Ongesuurde Brode word ons opgeroep om alle vorme van suurdeeg uit ons lewens te verwyder. Wat presies word hiermee bedoel? ‘n Ondersoek na die woorde wat die Skrif in die konteks van Ongesuurde Brode gebruik en die manier waarop hierdie woorde ingespan word, gee vir ons ‘n baie goeie idee. Die basiese konnotasie van suurdeeg is dat dit oor die vermoë beskik om ‘n baksel voedselbestanddele te laat rys (opswel) en dimensies daaraan te gee wat dit eintlik nie op sigself bevat nie. In ‘n geestelike sin word suurdeeg daarom met valsheid in verband gebring. Ongesuurde Brode is daardie tyd van dier jaar waarin ek en jy geleentheid kry om klaar te speel en ontslae te raak van elke vorm van valsheid in ons lewens. Hierdie proses vereis ‘n deeglike en eerlike selfondersoek en ons het die Skrif nodig om ons in hierdie opsig te begelei.
Dus: Om valslik voordeel uit ander te trek
Dus: Om valsheid in jou hart te laat oorbly
Dus: Om valse lering uit te deel of te ontvang
Dus: Om met valse ywer ‘n sekere koers in te slaan
Dus: Om onder valse voorwendsels te praat of te handel
Dus: Om met valse roem of trots vervul te wees
Dus: Om valse beïnvloeding in jou lewe toe te laat
1 Kor 5:8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die Ongesuurde Brode van reinheid en waarheid!