VRAE WAT JOU LEWE KAN VERANDER

 

DRIE VRAE VAN DIE VOLK, YIESRAEL

Shemot / Exodus 14:11 Wat het u ons nou aangedoen, dat u ons uit Mietsrayiem uitgelei het?

Shemot / Exodus 17:7 Is Yahweh in ons midde of nie?

Bemiedbar / Numerie 11:4 Wie sal vir ons kos gee om te eet?

DRIE VRAE VAN MOSHEH, DIE DIENSKNEG VAN YAHWEH

Bemiedbar / Numerie 14:41 Waarom oortree julle tog die bevel van Yahweh, aangesien dit tog nie sal baat nie?

Devariem / Deut 4:8 En watter groot nasie is daar wat sulke regverdige insettinge en verordeninge het soos hierdie he le Torah wat ek julle vandag voorhou?

Devariem / Deut 32:6 Is Hy nie jou Vader wat jou geskape het nie; het Hy jou nie gemaak en jou voorberei nie?

DRIE VRAE VAN BIELAM, DIE SIENER

Bemiedbar / Numerie 23:8 Hoe sal ek vloek wie El nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie Yahweh nie verwens nie?

Bemiedbar / Numerie 23:12 Moet ek dan nie sorgvuldig alles praat wat Yahweh in my mond lê nie?

Bemiedbar / Numerie 23:19 Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of praat en dit nie waar maak nie?

DRIE VRAE VAN YAHUSHUA, DIE OPVOLGER VAN MOSHEH

Yahushua / Joshua 5:14 Wat wil my Meester aan sy dienskneg sê?

Yahushua / Joshua 18:3 Hoe lank sal julle jul so traag hou om die land in besit te gaan neem wat Yahweh, die Elohiem van julle vaders, aan julle gegee het?

Yahushua / Joshua 22:24 Vraag van Yahushua (namens Yiesrael): Wat het julle te doen met Yahweh; die Elohiem van Yiesrael?

SEWE VRAE VAN YAHWEH, DIE ALMAGTIGE

Bereshiet / Genesis 4:6 Vraag aan Kayien: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?

Bereshiet / Genesis 16:8 Vraag aan Haghar: Waar kom jy vandaan, en waar gaan jy heen?

Bereshiet / Genesis 18:14 Vraag aan Avraham: Sou iets vir Yahweh te wonderbaar wees?

Bereshiet / Genesis 32:29 Vraag aan Yaakov: Waarom vra jy tog na my Naam?

Shemot / Eksodus 16:28 Vraag aan Mosheh: Hoe lank weier julle om my gebooie en my leringe te onderhou?

Shemot / Eksodus 33:14 Vraag aan Mosheh: Moet Ek self saamgaan om jou die rusplek te verskaf?

Bemiedbar / Numerie 14:11 Vraag aan Mosheh: En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het?