Tehielliem 40:5 "Groot dinge het U gedoen, Yahweh my Elohiem - u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel."
- Hy is soos ‘n leeu wat verskeur en Hom dan terugtrek – met die uitsluitlike doel dat sy volk hulle skuld bely en weer sy aangesig soek (Hoshea 5:14-15)
- Hy is soos die laat reëns wat die aarde besproei, omdat Hy begeer om weer te genees en te verbind (Hoshea 6:3)
- Hy tref met sy woorde en oordele soos ‘n ligstraal, omdat Hy behae het in liefde en ware kennis van Hom, meer as in offers en rituele (Hoshea 6:5-6)
- Hy sprei sy net oor ons soos oor die voëls van die hemel, omdat ons rebelsheid en oortreding sy tugtiging noodsaaklik maak (Hoshea 7:12-13)
- Hy is soos een wat die juk van ‘n dier se kakebeen aflig, omdat Hy optel, genees, nader trek, afbuig en voed, maar meeste sien dit nie raak nie (Hoshea 11:3-4)
- Hy laat sy uitverkorenes aankom soos voëls uit Mietsrayiem en duiwe uit Ashur, omdat Hy belowe het dat Hy Efrayiem nie sal vergeet nie (Hoshea 11:9-11)
- Hy is vir Yiesraél soos die dou, sodat hy kan bloei soos ‘n lelie en wortels kan hê soos ‘n boom van die Livanon en skoonheid soos ‘n olyfboom (Hoshea 14:5-6)
- Hy is soos ‘n groen sipres, omdat Hy ons gebede verhoor, sy oog oor ons hou en vrug in ons lewens tot stand bring (Hoshea 14:8)