WAAROM SEËN ONS ONS KINDERS?
Bereshiet (Gen) 5:2
Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.Bereshiet (Gen) 9:1 En Elohiem het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.
Bereshiet (Gen) 22:18 En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.
Bereshiet (Gen) 27:1 Toe Yietsgak oud geword het en sy oë swak was, sodat hy nie kon sien nie, het hy sy oudste seun Esau geroep en vir hom gesê: My seun … gaan uit in die veld en jag vir my 'n stuk wild en maak vir my lekker ete klaar soos ek dit graag wil hê; en bring dit vir my om te eet; sodat my siel jou kan seën voordat ek sterf.
Bereshiet (Gen) 48:9 En Yosef antwoord sy vader: Dit is my seuns wat Elohiem my hier gegee het. En hy sê: Bring hulle tog by my, dat ek hulle kan seën.
Bemiedbar (Num) 6:23-27 Spreek met Aharon en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Yiesraél seën deur vir hulle te sê: Yahweh sal jou seën en jou behoed; Yahweh sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou goedgunstig wees; Yahweh sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. So moet hulle dan my Naam op die kinders van Yiesraél lê; en Ek sal hulle seën.
1 Kron 16:43 En toe die hele volk elkeen na sy huis gegaan het, het Dawied omgedraai om sy huisgesin te seën.
1 Kron 17:27 Dit het U dan nou behaag om die huis van u kneg te seën om vir ewig voor u aangesig te wees; want U, Yahweh, het geseën, en dit sal vir ewig geseënd wees.
Tehielliem (Psa) 3:8 Die verlossing behoort aan Yahweh; laat u seën wees oor u volk!
Tehielliem (Psa) 28:9 Verlos u volk en seën u erfdeel, en wees vir hulle 'n herder en dra hulle tot in ewigheid.
Tehielliem (Psa) 33:12 Geseënd is die nasie wie se Elohiem Yahweh is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.
Tehielliem (Psa) 65:2 en 4 o Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom! Geseënd is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die afgesonderdheid van u paleis.
Tehielliem (Psa) 84:4-5 Geseënd is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Geseënd is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.
Tehielliem (Psa) 89:15 Geseënd is die volk wat die geklank ken; o Yahweh, hulle wandel in die lig van u aangesig.
Tehielliem (Psa) 112:1-2 Hallelu-Yah! Geseënd is die man wat Yahweh vrees, wat 'n groot welbehae in sy gebooie het. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; die geslag van die opregtes sal geseën word.
Tehielliem (Psa) 115:12-15 Yahweh het aan ons gedink: Hy sal seën, Hy sal die huis van Yiesraél seën, Hy sal die huis van Aharon seën. Hy sal diegene seën wat Yahweh vrees, die kleintjies saam met die grotes. Yahweh sal julle vermenigvuldig, julle en jul kinders. Julle is geseënd deur Yahweh wat hemel en aarde gemaak het.
Tehielliem (Psa) 127:3-5 Kyk, seuns is 'n erfdeel van Yahweh; die vrug van die moederskoot is 'n beloning. Soos pyle in die hand van 'n held, so is die seuns van die jeug. Geseënd is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort praat nie.
Tehielliem (Psa) 128 'n Bedevaartslied. Geseënd is elkeen wat Yahweh vrees, wat in sy weë wandel! Die opbrings van jou hande sal jy beslis eet; geseënd is jy, en dit gaan met jou goed! Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel. Kyk, so sal beslis geseën word die man wat Yahweh vrees. Mag Yahweh jou seën uit Tsion, dat jy die voorspoed van Yerushalayiem mag aanskou al die dae van jou lewe! En dat jy jou kleinkinders mag aanskou! Vrede oor Yiesraél!
Tehielliem (Psa) 144:11-15 Ruk my uit en red my uit die hand van vreemdes, wie se mond leuens praat en wie se regterhand 'n regterhand van bedrog is; sodat ons seuns soos plante mag wees wat opgekweek is in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare wat uitgebeitel is na die boustyl van 'n paleis; dat ons skure vol mag wees, wat allerlei soorte voorraad oplewer; ons kleinvee by duisende mag aanteel, by tien duisende vermeerder word op ons velde; ons beeste gelaai mag wees; geen bres in ons mure en geen uittog daaruit, en geen geskreeu op ons pleine nie. Geseënd is die volk met wie dit so gaan; geseënd is die volk wie se Elohiem Yahweh is!
Tehielliem (Psa) 147:11-13 Yahweh het 'n begeerte na die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop. o Yerushalayiem, prys Yahweh! o Tsion, loof jou Elohiem! Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.
Mieshleh (Spr) 3:33 Die vloek van Yahweh is in die huis van die afvallige, maar Hy seën die woning van die regverdiges.
Mieshleh (Spr) 20:7 Wie in sy integriteit wandel as 'n regverdige - geseënd is sy kinders na hom.
YeshaYahu (Jes) 44:3 Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.
YeshaYahu (Jes) 61:9 En hulle nageslag sal bekend word onder die nasies en hulle nakomelinge onder die volke; almal wat hulle sien, sal hulle daarvoor aansien dat hulle 'n geslag is wat Yahweh geseën het.
YeshaYahu (Jes) 65:23 Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of verwek vir skielike ondergang nie; want hulle is 'n geslag van die wat deur Yahweh geseën is, en hulle nakomelinge is by hulle.
Markus 10:15-16 Amein Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van Elohiem nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. En Y'shua het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.