WANDEL IN DIE WEË VAN YAHWEH

Wat beteken dit prakties na aanleiding van Hoshea 14?

Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van Yahweh is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel! (Hoshea 14:9)

  1. Bekeer jou tot Hom (vers 1) Vgl. Hoshea 3:5 "Daarna sal die kinders van Yisra’el hulle bekeer en Yahweh hulle Elohiem soek en Dawied hulle koning, en met siddering aankom na Yahweh en na sy goedheid in die laaste van die dae."
  2. Offer woorde aan Hom (vers 2) Vgl. Tehilliem (Psalm) 69:30-31 "Ek wil die Naam van Elohiem prys met ‘n lied en Hom groot maak met danksegging; en dit sal vir Yahweh meer aanvaarbaar wees as beeste, as stiere wat horings en gesplitste kloue het."
  3. Stel jou vertroue in Hom (vers 3) Vgl. YeshaYahu (Jesaja) 31:3 "Ja, die Mitsrayimiete (Egiptenaars) is mense en nie El nie, en hulle perde is vlees en nie gees nie; as Yahweh sy hand uitstrek, dan struikel die helper, en wie gehelp is, val; en saam gaan hulle almal te gronde."
  4. Ontvang genesing van Hom (vers 4) Vgl. Shemot (Exodus) 15:26 "As jy getrou na die stem van Yahweh jou Elohiem luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Mitsrayiem (Egipte) gelê het nie; want Ek is Yahweh wat jou gesond maak."
  5. Laat Hy jou verkwik (vers 5) Vgl. Devariem (Deuteronomium) 32:2-3 "Laat my leer drup soos die reën, my woord vloei soos die dou, soos reëndruppels op die grasspruitjies en soos reënbuie op die plante. Want die Naam van Yahweh roep ek uit: Gee grootheid aan onse Elohiem!"
  6. Laat Hy jou versier (vers 6) Vgl. ZegarYah (Sagaria) 6:12-13 "Kyk, ‘n Man wie se Naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van Yahweh bou. Ja, Hy sal die tempel van Yahweh bou, en Hy sal majesteit (dieselfde skaars woord – "hood" – as in Hoshea 14:6) verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy ‘n priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan."
  7. Laat Hy sy seën op jou uitstort (vers 7) Vgl. Mishleh (Spreuke) 14:11-14 "Die huis van die afvallige word vernietig, maar die tent van die opregtes bloei (of "groei": dieselfde woord – "parag" – as in Hoshea 14:7). Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood. Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so ‘n blydskap is bekommernis. Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die goeie man uit syne."
  8. Laat Hy sy vrug in jou lewe vertoon (vers 8) Vgl. Ya’akov (Jakobus) 1:17 "Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie."