WANDEL IN SY WEË

In sy kommentaar op Devariem / Deut 28 skryf Matthew Henry dat Yahweh sy seën aan sekere voorwaardes gekoppel het. Een van hierdie voorwaardes is dat die volk sy gebooie sal hou en in sy weë wandel. En dan voeg hy hierdie woorde by: "Not only do them (his commandments) for once, but keep them for ever; not only set out in his ways, but walk in them to the end." Wanneer dieselfde kommentator ingaan op die betekenis van Yahushua / Joshua 22:1-9, in besonder vers 5 ("Neem net noukeurig in ag die onderhouding van die gebod en die wet wat Mosheh, die kneg van Yahweh, julle beveel het, om Yahweh julle Elohiem lief te hê en in al sy weë te wandel en sy gebooie te onderhou en Hom aan te hang en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel"), kom hy tot die volgende slotsom: "…there will be a constant care and sincere endeavour to walk in his ways, in all his ways, even those that are narrow and up-hill, in every particular instance, in all manner of conversation to keep his commandments, at all times and in all conditions with purpose of heart to cleave unto him, and to serve him and his honour, and the interest of his kingdom among men, with all our heart and with all our soul."

‘n Mens besef hoe sterk ons hemelse Leermeester daaroor voel dat sy volgelinge in sy weë sal wandel as jy die woorde van Tehielliem 81:13 lees: "Ag, as my volk maar na My wou luister, Yiesraél in my weë wou wandel!" Oor hierdie vers het Henry (ongeveer 300 jaar gelede) onder meer die volgende geskryf: "He expected no more than that they should hearken to him, as a scholar to his teacher, to receive his instructions - as a servant to his master, to receive his commands; and that they should walk in his ways, those ways of (Yahweh) which are right and pleasant, that they should observe the institutions of his ordinances and attend the intimations of his providence. There was nothing unreasonable in this." Dit is duidelik dat as ons kan deurdring tot die diepste en suiwerste betekenis van wat dit beteken om in Yahweh se weë te wandel, ons uiteindelik ook beter sal verstaan wat dit beteken om werklik volgens sy wil te lewe. Kom ons kyk na ‘n aantal Skrifgedeeltes wat hieroor handel.

  1. Devariem 8:5-6 "Erken dan in jou hart dat Yahweh jou Elohiem jou onderrig soos 'n man sy seun onderrig, en hou die gebooie van Yahweh jou Elohiem om in sy weë te wandel en Hom te vrees." Die manier waarop ons Yahweh as ons Leermeester behoort te eer en gehoorsaam, is om in sy weë te wandel.
  2. Devariem 10:12-13 "En nou, Yiesraél, wat eis Yahweh jou Elohiem van jou as net om Yahweh jou Elohiem te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en Yahweh jou Elohiem te dien met jou hele hart en met jou hele siel, om te hou die gebooie van Yahweh en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?" Die sleutel tot voorspoed, en die enigste ware rede om te kan sê: Dit gaan gaan goed, is wanneer iemand in Yahweh se weë wandel.
  3. Devariem 11:22-23 "Want as julle ywerig al hierdie gebooie hou wat ek julle beveel, om dit te doen deur Yahweh julle Elohiem lief te hê, in al sy weë te wandel en Hom aan te hang, dan sal Yahweh al hierdie nasies voor julle uit verdrywe, en julle sal groter en magtiger nasies as julle uit hulle besitting verdrywe." Daar wag groot en wonderbaarlike oorwinnings vir diegene wat in al Yahweh se weë wandel.
  4. Devariem 28:9 "Yahweh sal jou vir Hom as afgesonderde volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van Yahweh jou Elohiem hou en in sy weë wandel." Yahweh sal ons bevestig (opbou en bewaar) as sy afgesonderde volk as ons in sy weë wandel.
  5. 1 Melagiem / Konings 2:2-3 "Ek gaan heen op die weg van die hele aarde: wees dan sterk en word 'n man, en onderhou die ordening van Yahweh jou Elohiem deur te wandel in sy weë, deur sy insettinge, sy gebooie en sy verordeninge en sy getuienisse te onderhou." Ware man-wees (en ware vrou-wees) kom veral daarin na vore dat iemand in die weë van Yahweh wandel.
  6. 1 Melagiem 8:57-58 "Mag Yahweh onse Elohiem met ons wees soos Hy met ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie - deur ons hart tot Hom te neig om in al sy weë te wandel en om sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge wat Hy ons vaders beveel het, te onderhou." Ons gebede en seënwense vir mekaar behoort dit as inhoud te hê dat Yahweh ons harte na Hom toe sal neig om in al sy weë te wandel.
  7. Hoshea 14:9 "Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van Yahweh is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!" Die voordele daarvan om in die weë van Yahweh te wandel is iets wat nie deur almal raakgesien word nie, maar slegs deur hulle wat die wysheid van Bo gevind het.
  8. Tehielliem 119:1-3 "Geseënd is die opregtes van weg, wat in die wet van Yahweh wandel. Geseënd is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek; ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel." Ware opregtheid moet gemeet word aan die kriterium of iemand in die weë van Yahweh wandel.

 

Oor laasgenoemde gedeelte in Tehielliem 119 het Matthew Henry die volgende geskryf: It will not serve us to make religion the subject of our discourse, but we must make it the rule of our walk; we must walk in his ways, not in the way of the world, nor of our own hearts."

Om in die weë van Yahweh te wandel is nie ‘n saak van eie insig nie, net so min as wat dit ‘n saak is van die insigte van die menigtes daarbuite. Verder is dit ‘n saak van DOEN en van VOLLE OORTUIGING. Hulle wat daaroor (met instemming) praat en nog steeds in hulle ou, self-gerigte weë wandel, sal nie die volle seën van Yahweh beleef nie. Die Skrif sê dat die weë van Yahweh vir die opregte ‘n vesting en ‘n bron van vreugde is (Mieshleh / Spreuke 10:28-29). Is dit nie daarom die moeite werd om Hom volledig te vertrou en Sý weë ook óns weë te maak nie?