WAT MAAK YAHWEH, ONS ELOHIEM, SO UNIEK?

Sy unieke manier van werk, van Alef tot Tau

  1. Alef: Av – Vader. Hy is die Elohiem wat Avraham ("Vader van menigte") uitverkies het, met hom ‘n verbond gesluit het en sy belofte aan Avraham vervul het (NegemYah / Nehemia 9:7-8).
  2. Bet: Bara – skep. Hy is die Elohiem wat die hemele en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het
  3. (Handelinge 4:24).

  4. Ghimel: Ghadol – groot. Hy is die Elohiem wat groot en ontsagwekkende dinge aan ons gedoen het wat ons met ons eie oë gesien het (Devariem / Deuteronomium 10:21).
  5. Dalet: Daghah – Laat groei. Hy is die Elohiem wat self laat groei en wat ons bloot geroep het om sy medewerkers te wees
  6. (1 Korintiërs 3:7-8).

  7. Heh: Halal – lig. Hy is die Elohiem wat lig geskep het en wat in ons harte ingeskyn het om verligting te bring
  8. (2 Korintiërs 4:6).

  9. Waw: Weshomer – En bewaar. Hy is die Elohiem wat Hom getrou bewys teenoor die wat Hom liefhet EN sy gebooie bewaar
  10. (Devariem / Deuteronomium 7:9).

  11. Zayien: Zeh – hierdie. Hy is die Elohiem wat hierdie dag gemaak het en op wie ons hoop tot op dáárdie dag (Tehielliem / Psalm 118:24; YeshaYahu / Jesaja 25:9).
  12. Chet: Chayah – lewe. Hy is die Elohiem wat Y'shua uit die dode opgewek en Hom voortreflikheid gegee het, sodat ons geloof en hoop op Elohiem kan wees (1 Kefa / Petrus 1:21).
  13. Têt: Tuv – Goedheid. Hy is die Elohiem wat goedheid uitwerk en wegbêre vir die wat Hom vrees en by Hom skuil
  14. (Tehielliem / Psalm 31:19).

  15. Yod: Yatsah – Uitlei. Hy is die Elohiem wat sy volk, en almal wat by sy volk ingereken word, uit Mietsrayiem, uit die slawehuis, uitgelei het (Shemot / Exodus 20:2).
  16. Kaf: Kafar – Versoen. Hy is die Elohiem wat ons met Homself versoen het deur Y'shua die Messias en aan ons die bediening van die versoening gegee het (2 Korintiërs 5:18).
  17. Lamed: Lechafats + Le’asah – Om te wil en om te werk. Hy is die Elohiem wat in ons harte die begeerte bring om te wil en om te werk na sy welbehae (Filippense 2:13).
  18. Mem: Mut – dood. Hy is die Elohiem wat die dode opwek, wat ons uit elke doodsgevaar red en wat ons reg aan die einde van die dood sal verlos (2 Korintiërs 1:9-10).
  19. Nun: Natsal – Uitred. Hy is die Elohiem wat sy volk red uit die hand van al hulle vyande wat rondom hulle stelling inneem (Shofetiem / Rigters 8:34).
  20. Samek: Sagar – Afreken. Hy is die Elohiem wat afreken met diegene wat hulle hand optel teen sy uitverkorenes
  21. (2 Shemuel / Samuel 18:28).

  22. ‘Ayien: ‘Iem – Saam met. Hy is die Elohiem wat saam met sy volk trek en belowe dat Hy hulle nooit sal begewe en verlaat nie (Devariem / Deuteronomium 31:6).
  23. Peh: Paniem – Voor. Hy is die Elohiem wat voor sy volk uittrek, vir hulle stry en hulle dra soos wat ‘n man sy seun dra (Devariem / Deuteronomium 1:30-31).
  24. Tsade: Tsur – Rots. Hy is die Elohiem wat die rots van my verlossing is en my verhef bo my teëstanders (2 Shemuel / Samuel 22:47-49).
  25. Qof: Qadosh – Afgesonder. Hy is die Elohiem wat sy volk van ander volke afgesonder het en van hulle verwag om onderskeid te maak tussen rein en onrein (Wayyiekra / Levitikus 20:24-25).
  26. Resh: Ro’eh – Herder. Hy is die Elohiem wat my as Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe
  27. (Bereshiet / Genesis 48:15).

  28. Shin: Shemen – salf. Hy is die Elohiem wat ons salf met oorvloed en aan ons alles ryklik verleen om te geniet
  29. (1 Timoteus 6:17).

  30. Tau: Tefillah – gebed. Hy is die Elohiem wat my gebed nie afwys en sy goedertierenheid aan my nie onttrek nie

(Tehielliem / Psalm 66:20).