WYSHEID VAN BO (2)
Kom ons kyk nog ‘n keer na wat die Skrif leer oor wysheid van Bo – wat dit is en hoe Yahweh ons daarmee wil toerus om voluit te kan lewe.
Shemot (Ex) 31:3-4
en Ek het hom vervul met die Gees van Elohiem, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerlei werk, om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper.Yaákov (Jak) 1:5
En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van Elohiem bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.Devariem (Deut) 4:5-6
Kyk, ek het julle insettinge en verordeninge geleer … Onderhou dit dan en doen dit; want dit is julle wysheid en julle verstand voor die oë van die volke.Kol 1:9
Dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig, sodat julle waardiglik voor die Meester mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van Elohiem mag groei.2 Kron 1:10
Gee my nou wysheid en kennis, dat ek voor hierdie volk kan uit- en ingaan, want wie kan hierdie groot volk van U regeer?Kol 4:5-6
Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit. Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.Tehielliem (Ps) 51:6-7
Kyk, U het 'n behae in waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend. Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.Efes 1:17-18
dat die Elohiem van ons Meester … aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die voortreflikheid van sy erfdeel onder die afgesonderdes is.Tehielliem 90:12-17
Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom! Versadig ons in die môre met u goedertierenheid .. laat die lieflikheid van Yahweh onse Elohiem oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!Mat 25:1-4
Dan sal die koninkryk van die hemel wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas … die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.YeshaYahu (Jes) 11:2-5
Op Hom sal die Gees van Yahweh rus, die Gees van wysheid en verstand … aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen … en geregtigheid sal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees.Yaákov (Jak) 3:17-18
Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins. En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.YermeYahu (Jer) 9:23-24
Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie … maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek Yahweh is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in hierdie dinge het Ek 'n behae, sê Yahweh.Rom 11:33-36
o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van Elohiem! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! Want wie het die gedagte van Yahweh geken, of wie was sy raadsman gewees? Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge …Tehielliem (Ps) 111:10
Die vrees van Yahweh is die beginsel van die wysheid; almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand. Sy lof bestaan tot in ewigheid.MigaYah (Miga) 6:8-9
Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra Yahweh van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou Elohiem? Die stem van Yahweh roep tot die stad - dit is wysheid om u Naam te vrees.Bereshiet (Gen) 41:38-39
Daarna het Farao aan sy dienaars gesê: Kan ons wel iemand vind soos hierdie man in wie die Gees van Elohiem is? En Farao sê vir Yosef: Aangesien Elohiem dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie.Hand 6:3
Kyk dan uit, broers, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Afgesonderde Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel.Luk 21:15
Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan weerstaan nie … julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en vriende … En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van my Naam … Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry.Hand 6:9-10
En daar het sommige van die sogenaamde sinagoge van die Libertyne opgestaan … en van die mense van Cilicië en Asië, en hulle het met Stefanus geredetwis. Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gepraat het, nie weerstaan nie.