WARE BLYDSKAP, GEBASEER OP DIE WAARHEID, NIE OP DIE VERMENGDE GEES VAN KERSFEES

A. Ses interessante aanhalings uit Microsoft Encarta Encyclopedia 2005.

1. Natal (Brazil): City in north-east Brazil, capital of Rio Grande do Norte State, near the Atlantic coast and the mouth of the River Potengi. It is an important seaport served by rail links and an airport; manufactured goods include textiles and processed food. The Federal University of Rio Grande do Norte (1958) is here. Natal was founded by the Portuguese on Christmas Day 1597, hence its name. Population (1990 estimate) 600,214. ("Natal" is die Portugese woord vir Kersfees en ons eie [Kwazulu] Natal het sy naam ontvang omdat Vasco da Gama dit op 25 Desember 1497 ontdek het)

2. Candlemas: Christian festival observed on February 2 in honour of the presentation of the infant Christ in the Temple and the purification of the Virgin Mary. The festival was probably meant to replace the great feast of expiation and purification (Februa) that was held in ancient Rome in mid-February. The date of the pagan feast was then transferred to February 2, the 40th day after Christmas; the 40-day period was in accordance with the Jewish law that required the ritual purification at the Temple of every mother of a male child 40 days after the child's birth. The festival is believed to have been instituted in 541 or 542 by the Byzantine Emperor Justinian I. (Moontlike oorsprong van die Afrikaanse woord "Kers"-fees).

3. Boxing Day: Popular term applied to December 26 in England, Wales, parts of Canada, and in some other countries of the Commonwealth of Nations. Traditionally, on that day the employers would give presents, generally of money, to servants, tradespeople, and itinerants. These presents came to be known as Christmas boxes. In rural parts of England and Wales, it was traditional for small boys to capture a robin and take it in a box from house to house, asking for alms. (Dis seker waarom hierdie tyd van die jaar vandag nog so deur bedelaars uitgebuit word).

4. Jubilee: The Christian Church adopted the concept of a year of remission and the term Jubilee from the Jews; the Jubilee year, or Holy Year as it is officially designated, exists in two forms, the ordinary and the extraordinary, and is still an institution in the Roman Catholic Church. The ordinary Holy Year is celebrated at stated intervals. It was instituted by Pope Boniface VIII in 1300, and the interval between Holy Years was fixed at 25 years by Pope Paul II in 1470. Observance of the Holy Year involves a pilgrimage to Rome or equivalent works specified in the papal proclamation. (Dis nie moeilik om te raai op watter dag van die jaar hierdie "heilige jaar" – wat opvallend verskil van die jubileumjaar waarvan die Skrif praat - amptelik aangekondig word nie – In die Encarta artikel oor Pous Pius XII word onder meer vermeld: "Pius opened the 25th Holy Year in the history of the Church on December 24, 1949."

5. Mistletoe:" Common name for various parasitic plants belonging to the mistletoe family. The common European mistletoe grows on various trees … it is an evergreen plant with small, greenish flowers and white berries … The common European mistletoe figured significantly in the folklore and religions of pre-Christian Europe. Reputedly endowed with magical powers, it was used as a cure for sterility and as an antidote for poisons. It is used as a Christmas and New Year’s decoration, and kissing under a branch of mistletoe is still customary. (Die manier waarop die Christendom heidense gebruike oorgeneem het en deel van "Kersfees" gemaak het, herinner baie sterk aan die manier waarop voëlent of "mistletoe" groei en floreer deur op vreemde boomspesies te parasiteer).

6. St Nicholas's Day: The feast day (December 6) of one of the most popular saints in Christendom. Little is known about the life of the saint, but he is said to have been Bishop of Myra, in Asia Minor, in the early fourth century who was persecuted by the Romans but freed under the rule of Emperor Constantine. A great number of legends grew up around him—one is that he once restored to life three little boys who had been cut up and pickled in brine to be served as bacon … St Nicholas, in the guise of Santa Claus (or Father Christmas), is now more closely associated with Christmas although his traditional feast day of December 6 is still celebrated in parts of Europe … In the Netherlands, Switzerland, and parts of Austria and Germany, the saint is represented by a man dressed as a bishop who hears children say their catechism before rewarding them with presents of apples and nuts. Sometimes, he is accompanied by a fierce-looking servant, known as Kris Kringle or Knecht Ruprecht, who threatens to punish children who have not been good or cannot recite their prayers. In Bavaria, Knecht Ruprecht, hooved and with a long, forked tail, traditionally carries a sack laden with children who have misbehaved, while in other parts of central Europe, small boys, dressed as devils, follow in the wake of the saint. (Die dikwels verregaande uitspattigheid en losbandigheid wat met Kersfees geassosieer word, asook die ellende en tragedies wat so kenmerkend van hierdie tyd van die jaar geword het, versterk die vermoede dat Satan en Kersfees, net soos Knecht Ruprecht en Santa Claus, onafskeidbaar verbonde is).

B. Ses kragtige oproepe om ons te verbly – sonder om die vermengde gees van Kersfees aan te hang

1. YeshaYahu 66:10-14 "Wees bly saam met Yerushalayiem en juig oor haar, almal wat haar liefhet! Wees vrolik saam met haar, baie vrolik, almal wat oor haar treurig gewees het! Sodat julle kan suig en versadig word aan die bors van haar vertroostinge; sodat julle kan uitdrink en julle verlustig in die oorvloed van haar voortreflikheid. Want so sê Yahweh: Kyk, die vrede lei Ek na haar toe soos ‘n rivier en die rykdom van die nasies soos ‘n oorlopende stroom; en julle sal suig, julle sal op die heup gedra word en op die knieë getroetel word. Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos; en julle sal in Yerushalayiem getroos word. En julle sal dit sien, en julle hart sal vrolik wees, en julle beendere sal groei soos die jong gras; dan sal die hand van Yahweh bekend word aan sy knegte, en Hy sal op sy vyande grimmig wees. "

2. Tehilliem 32:7-11 "U is ‘n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Selah. Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees. Wees nie soos ‘n perd, soos ‘n muilesel wat geen verstand het nie, wat ‘n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie. Die afvallige het baie smarte, maar hy wat op Yahweh vertrou - met goedertierenheid sal Hy hom omring. Wees bly in Yahweh en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart! "

3. MattitYahu 5:10-12 "Geseënd is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Geseënd is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het."

4. Romeine 12:9-12 "Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan; wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning; wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Meester; verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed."

5. Filippense 4:4-7 "Verbly julle altyd in die Meester; ek herhaal: Verbly julle! Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Meester is naby. Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by Elohiem. En die vrede van Elohiem, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in die Messias Yahshua."

6. 1 Kefa 1:3-9 "Geseënd is die Elohiem en Vader van ons Meester, Yahshua die Messias wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Yahshua die Messias uit die dode, sodat ons 'n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons wat in die krag van Elohiem bewaar word deur die geloof tot die verlossing wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd. Daarin verheug julle jul, al word julle nou--as dit nodig is--'n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en voortreflikheid by die openbaring van Yahshua die Messias; vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met 'n onuitspreeklike en voortreflike blydskap, en die einddoel van julle geloof, die verlossing van julle siele, verkry."