YERMEYAHU, Y'shua EN ONS
Die naam "YermeYahu" beteken letterlik: "Verhoog of opgehef deur Yahweh". Met die eerste oogopslag lyk dit vir ‘n mens of die betekenis van hierdie profeet se naam teenstrydig is met wat ons in werklikheid van hom weet. As ‘n mens deur die boek YermeYahu lees (en ook deur die boek Egah, of Klaagliedere, wat ook aan YermeYahu toegeskryf word) kry ‘n mens eerder die indruk dat YermeYahu meermale verneder en verdruk is, en nie juis verhoog en opgehef is nie. Die profeet self het dit in elk geval so ervaar en nie gehuiwer om telkens sy "lot" voor Yahweh te bekla nie. ‘n Mens dink hier aan YermeYahu 15:10 ("Wee my, my moeder, dat u my verwek het—‘n man van twis en ’n man van stryd vir die hele land!"); 20:14 ("Vervloek is die dag waarop ek gebore is; laat die dag waarop my moeder my verwek het, nie geseënd wees nie"); 23:9 ("my hart is gebreek in my binneste, al my beendere sidder; ek is soos ‘n dronk man en soos ‘n man wat deur die wyn oorweldig is, vanweë Yahweh en sy afgesonderde woorde") en Egah 3:15 ("Hy het my met bitter kruie versadig, my genoeg wilde-als laat drink"), om maar net ‘n paar voorbeelde te noem.
Daar is egter méér in hierdie profeet en sy woorde opgesluit, as wat ‘n mens met die eerste oogopslag besef. In meer as een opsig was hy ‘n tipe van die Messias, wat na hierdie wêreld gestuur is het om lyding, spot en vernedering te ervaar, maar uiteindelik, soos deur die naam YermeYahu te kenne gegee word, deur Yahweh verhoog en opgehef is. Vir ons is dit nie net ‘n bevestiging dat Y'shua waarlik die Messias is nie, maar ook ‘n bevestiging dat wat die Messias te beurt geval het, ook met sy volgelinge sal gebeur (net soos dit met sy voorgangers gebeur het). Verder is daar ‘n geweldige bemoedigende element in opgesluit: Dit wat in beginsel reeds deur die naam "YermeYahu" aangedui word en in werklikheid met die Messias gebeur het, sal ook met diegene gebeur wat aan die Messias getrou bly: Hulle sal verhoog en opgehef word deur Yahweh! Kom ons kyk gevolglik na sommige van die raakpunte tussen YermeYahu en Y'shua en na die boodskap wat dit vir jou en my inhou.
A. OPVALLENDE OOREENKOMSTE:
YermeYahu: "Want Yahweh van die leërskare wat jou geplant het, het rampspoed teen jou gepraat weens die boosheid van die huis van Yiesraél en die huis van Yehudah, wat hulle graag gedoen het, om My te terg deur rook te laat opgaan vir Baál. En Yahweh het my dit bekendgemaak, sodat ek dit weet. Toe het U my hulle handelinge laat sien" (YermeYahu 11:17-18).
Y'shua: "Maar Y'shua self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want Hy self het geweet wat in die mens is (Yahuganan 2:24-25).
YermeYahu: "Maar as julle daar nie na luister nie, sal my siel in skuilplekke ween vanweë die hoogmoed; en my oog sal bitterlik huil en afloop in trane, omdat die kudde van Yahweh as gevangenes weggevoer is" (YermeYahu 13:17).
Y'shua: "Toe sê Hy vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My" (MattietYahu 26:38).
YermeYahu: "Yahweh, U het my oorgehaal, en ek het my laat oorhaal; U was te sterk vir my en het oorwin; ek was ‘n bespotting die hele dag, almal saam spot met my. Want elke keer as ek praat, moet ek dit uitskreeu, moet ek roep: Geweld en verdrukking! --omdat die woord van Yahweh vir my ‘n oneer en spot geword het die hele dag" (YermeYahu 20:7-8).
Y'shua: "En hulle het Hom uitgelag. Maar Hy het almal uitgedryf en die vader van die kind saamgeneem en die moeder en die wat by Hom was, en ingegaan waar die kind lê" (Markus 5:40).
YermeYahu: "Want ek het die skindertaal van baie gehoor—skrik rondom! --Klaag aan, en ons sal hom aanklaag! Al die mense wat met my in vrede lewe, loer op my val; hulle sê: Miskien laat hy hom verlei, dan kan ons hom oorweldig en ons wraak op hom neem" (YermeYahu 20:10).
Y'shua: "En toe Hy dit aan hulle sê, begin die skrifgeleerdes en die Perushiem Hom skerp in die oog te hou en Hom uit te vra oor baie dinge, om vir Hom 'n strik te stel en te probeer om iets uit sy mond op te vang, sodat hulle Hom kon beskuldig" (Lukas 11:53-54).
YermeYahu: "Hy het my toegemuur, sodat ek nie kan uitkom nie, my koperboeie swaar gemaak. Al skreeu ek ook en al roep ek om hulp, Hy laat my gebed onverhoord" (Klaagliedere 3:7-8).
Y'shua: "En omtrent die negende uur het Y'shua met 'n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtani? Dit is: My El, my El, waarom het U My verlaat?" (MattietYahu 27:46).
B. IRONIESE VERSKILLE:
YermeYahu: "Maar, o Yahweh van die leërskare, regverdige Regter, wat niere en hart toets, laat my u wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak toevertrou" (YermeYahu 11:20).
"Maar U, Yahweh, ken hulle hele plan teen my om my dood te maak; doen geen versoening oor hulle ongeregtigheid en delg hulle sonde nie uit voor u aangesig nie, ja, laat hulle tot ‘n val kom voor u aangesig, tree teen hulle op in die tyd van u toorn" (YermeYahu 18:23)
Y'shua: "En Y'shua sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp" (Lukas 23:34).
YermeYahu
Y'shua: "Toe verskeur die hoëpriester sy klere [
*]en sê: Hy het lasterlik gepraat, wat het ons nog getuies nodig? Kyk, nou het julle sy lastering gehoor! Wat dink julle? En hulle antwoord en sê: Hy is die dood skuldig" (Matt 26:65-66).[
*] Volgens Joodse reg moes die Hoëpriester sy kleed skeur (26:65) en was die beskuldigde met die dood strafbaar (26:66) SLEGS as hy spesifiek die NAAM uitgespreek het. Ons sien dus dat YermeYahu onskuldig bevind is omdat hy in die Naam van Yahweh gespreek het en dat die Messias skuldig bevind is juis omdat Hy die Naam van Yahweh uitgespreek het.