YESHAYAHU IN KONTEKS

 

Een van die grootste oorsake waarom die geloof van baie mense met soveel misleiding vermeng is, is die onvermoë van uitlêers van die Woord om die Skrif binne sy gegewe konteks te lees en uit te lê.  Tekste word links en regs aangehaal sonder om die verband waarin hulle voorkom, of die konteks waarin dit staan, in aanmerking te neem.  Meeste van ons haal graag tekste aan uit die boek van YeshaYahu (Jesaja) – sekerlik een van die mees aangrypende boeke in die hele Skrif.  Dit is egter van die grootste belang dat ons juis in ‘n boek soos YeshaYahu nie moet nalaat om die volle konteks te lees waarin elke indiwiduele teks voorkom nie.  Kom ons kyk na ‘n aantal “geliefde” verse in YeshaYahu en die dikwels verrassende konteks waarin hierdie verse staan.

 

1.                       1:18:  “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê Yahweh: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.”

 

Konteks  1:19-20:  “As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet. Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van Yahweh het dit gespreek.”

 

Uitleg:  Yahweh wil graag ons sondes vergewe, maar as ons nie gewillig is om na Hom te luister nie, en wederstrewig is teen sy Woord en sy wet, sal ons nie van die “goeie” van die (beloofde) land eet nie!

 

2.                       5:13:  “Daarom gaan my volk in ballingskap (of: te gronde) weens gebrek aan kennis ...”

 

Konteks  5:24:  “hulle uitspruitsel (sal) soos stof opstuiwe; omdat hulle die wet van Yahweh van die leërskare verwerp het en die woord van die Afgesonderde van Yisra’el verag het.”

 

Uitleg:  Die gebrek aan kennis wat gemaak het dat die volk van Yahweh in ballingskap gegaan het en wat ook vir jou en my te gronde sal laat gaan, is die gebrek aan, en die verwerping van die kennis van die wet en die Woord van Yahweh!

 

3.                       8:18:  “Hier is ek en die kinders wat Yahweh my gegee het...”

 

Konteks  8:20:  “Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek ooreenkomstig hierdie woord nie, is hulle ‘n volk wat geen daglig het nie.”

 

Uitleg:  Dit is goed en baie nodig dat ons onsself en ons kinders aan Yahweh sal toewy, maar as ons dit probeer doen sonder om terug te keer na die wet en die getuienis, is ons soos ‘n volk wat geen daglig het nie!

 

4.                       30:18:  “En daarom sal Yahweh met ongeduld daarop wag om julle guns te bewys, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm”

 

Konteks 30:9:  “Want dit is ‘n wederstrewige volk, leuenagtige kinders, kinders wat die wet van Yahweh nie wil hoor nie...”

 

Uitleg:  Rebelsheid teen gesonde lering, die vertroeteling van leuens in ons midde en onwilligheid om die wet van Yahweh te gehoorsaam, is dit wat verhinder dat Yahweh sy guns aan bewys en Hom oor ons ontferm.  Hy wag met ongeduld om vir ons sy goedheid te laat smaak, maar solank hierdie dinge nie in plek is nie, kan dit nie gebeur nie.

 

5.                       48:17:   “Ek is Yahweh jou Elohiem, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan”

 

Konteks 48:18:  “Ag, as jy maar na my gebooie geluister het, dan sou jou vrede gewees het soos ‘n rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see”

 

Uitleg:  Diegene wat begeer dat Yahweh vir hulle sal leer wat heilsaam is en sal lei op die weg wat hulle moet gaan, se begeertes sal dubbel en dwars vervul word (hulle sal Yahweh se “shalom” ervaar) as hulle net na sy gebooie luister!

 

6.                       59:1:  “Kyk, die hand van Yahweh is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie”

 

Konteks 59:2:  “maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle Elohiem, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie”

 

Uitleg:  Yahweh is meer as gewillig om te help en wil graag ons gebede verhoor, maar ons ongeregetighede en sondes (dit wil sê:  ons oortreding en verontagsaming van sy wet) is soos ‘n muur tussen ons en Hom en veroorsaak ‘n totale blokkasie in ons verhouding met Hom.

 

7.                       [YeshaYahu 42-44 bevat van die kragtigste beloftes in die Skrif]

42:1-3:  “Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel ‘n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê ... Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring  43:1  “Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!”  44:3  “Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge” 

 

Konteks 42:7:   “Ek gee U ... om blinde oë te open”  42:16  “Ek sal die blindes lei op ‘n weg wat hulle nie ken nie ... Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit”   42:18  “Hoor julle dowes, en kyk julle blindes, om te kan sien”  42:20  “Jy het wel baie dinge gesien, maar daar geen ag op gegee nie; die ore oop gehad, maar jy hoor nie”  42:22  “hulle is almal gebonde in kerkers, verborge in gevangenisse”  42:23  “Wie onder julle luister na hierdie dinge? Wie merk op, hoor dit ook vir die toekoms?”  43:8  “Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het”  44:18  “Hulle weet nie en verstaan nie, want hulle oë is toegesmeer, sodat hulle nie sien nie, hulle harte, sodat hulle nie verstaan nie”

 

WAT IS DIT WAT DIE MENSE NIE KAN SIEN NIE EN NIE KAN HOOR NIE?

 

Konteks 42:5:   “So sê El, Yahweh, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het”  42:6  “Ek, Yahweh, het U geroep in geregtigheid ...”  42:8  “Ek is Yahweh, dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee nie”  42:10  “Sing tot eer van Yahweh ‘n nuwe lied”  42:12  “Laat hulle aan Yahweh die eer gee en sy lof in die eilande verkondig”  42:24  “Is dit nie Yahweh teen wie ons gesondig het nie? En hulle wou in sy weë nie wandel nie en het na sy wet nie geluister nie”  43:3  “Want Ek is Yahweh, jou Elohiem, die Afgesonderde van Yisra’el...”   43:7  “(Ek versamel) elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het”  43:11  “Ek, Ek is Yahweh, en daar is geen Verlosser buiten My nie”  43:15  “Ek is Yahweh, julle Afgesonderde; die Skepper van Yisra’el, julle Koning”  43:25  “Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie”  44:5  “Die een sal sê: Ek behoort aan Yahweh; en die ander sal die naam van Ya’akov uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe: Ek behoort aan Yahweh, en hom met die erenaam Yisra’el noem  44:6  “So sê Yahweh, die Koning van Yisra’el en sy Losser, Yahweh van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen Elohiem nie”