JB, Heidelberg

Soos geskrywe is op julle webblad, het ek ook tot ander insigte gekom en
probeer 'n lokale gemeente opspoor in Gauteng. Ons woon in Heidelberg
ongeveer 45km vanaf Johannesburg. Dalk kan julle help.

Kommentaar

Dankie vir jou briefie. Ons het talle soortgelyke briewe oor die afgelope
klompie maande ontvang en ek wens daar was 'n groep waarvan ek geweet het
waarby jy met vrymoedigheid kan inskakel. Die waarheid is egter dat daar op
meeste plekke in Suid Afrika (en elders in die wêreld) slegs enkele
gelowiges is wat die keuse gemaak het om terug te keer na 'n lewenswandel en
belydenis waarin die Vader op sy eie voorwaardes gedien en aanbid word. My
voorstel is dat jy hierdie oortuiging wat in jou hart posgevat het met
persone deel wat sterk op jou hart lê en dat julle self met 'n gereelde
byeenkoms begin sodra daar twee of drie is wat ook so 'n begeerte het.
Sommige van die vroeë "gemeentes" waarvan ons in die Skrif lees, was ook
baie klein en het in gewone huise bymekaar gekom. Ons sal enige tyd help met
materiaal. Ons maak ook CD's van ons Shabbat dienste wat ons vir julle kan
aanstuur. Verder het ons 'n Afrikaanse vertaling van die Skrif (in A4
ringbind formaat) waarin die name van die Vader en die Seun herstel is en
ander korreksies aangebring is. Jy weet seker ook van "The Scriptures" wat
by Qodesh Publishers beskikbaar is.

Baie seën - mag Yahweh self die pad vorentoe vir julle uitwys! Laat hoor
gerus weer van jou.