NIE ALLES WAT BLINK IS GOUD NIE!!
Ek gaan probeer om in my swakheid iets te verwoord wat Vader deur Sy Gees oopgebreek het en wat ek glo baie belangrik is en 'n ernstige waarskuwing teen baie fyn misleiding! Ek vertrou dat Hy deur Sy Gees dit self sal oopbreek vir elkeen wat dit lees.
Deur 'n droom wat so spesifiek en duidelik was dat niemand dit kan ignoreer nie, het Vader op Sy "awesome" manier my volle aandag gekry en ek het geweet dat ek weet "moet dit nie ignoreer nie, kyk hierna!!" Toe ek Hom vra wat die droom beteken, het ek duidelik ervaar Hy sê dis ' n waarskuwing! Stukkie vir stukkie het Hy die ontstellende droom begin oopmaak en ek het besef dat iets wat ek altyd beskou het as kosbaar en van Hom, is vals!! Dit gaan hier oor goud, "gold dust", goue tande, ens. Iets wat die hele wêreld met 'n storm verower het - myself inkluis! Dit was vir my baie moeilik om dit te aanvaar, maar die Gees van Waarheid het pynlik duidelik kom uitwys hoe fyn die misleiding is.
Ek het die eerste keer die "gold dust" (baie baie fyn stukkies goud en silwer- soos fyn stof) op my hande en gesig gekry in die vliegtuig op pad na Israel vir 'n toer deur die land. Ek was so bly en opgewonde. Ek het dit nie gevra nie, maar meeste van die toergroep wat saam met my op pad was, het dit al gekry en ons was almal baie opgewonde oor my "gold dust"! Ek het net aanvaar dis so 'n spesiale aanraking van die Allerhoogste. Ps 24, waar Hy so duidelik sê dat slegs hulle met skoon hande en hart mag kom op Sy heilge berg, was juis een van die skrifte wat ek aanmekaar gekry het voor die toer. Na die toer het ek 'n video gesien oor die bo-natuurlike verskyning van die goud en die verduideliking dat ons so naby die koms van ons Bruidegom is en soos Izak vir Rebekka geskenke gestuur het toe hy haar laat haal het, so stuur ons hemelse Bruidegom vooruit geskenke vir Sy Bruid - dit het net vir my soveel sin gemaak!!
Maar as ek terugdink, was daar tog goed wat gepla het, wat ek net onderdruk het. Ek het gewonder hoe dit dan was dat mense wat ek geweet het nie 'n skoon lewe lei nie, die oomblik dat hulle die storie van die verskynsel (weet nie eintlik hoe om dit anders te beskryf nie) met hulle verstand vat en glo, kry hulle ook goud!! En dan was daar baie opregte, pragtige, wedergebore gelowiges wat dit glad nie gekry het nie. Ek kon hier nie die somme maak nie! Vader het nie witbroodjies nie, dit sien ons tog duidelik in die Skrif, en as dit bedoel is vir die Bruid van die Messias moet almal wat hulle gereed maak vir sy koms dit mos kry!
Al het die Gees van Waarheid, die Ruach HaQodesh, begin om vir my hier duidelik 'n ding te wys en iets in my verstand oop te breek, het ek met ‘n skok besef dat my hart hierdie spesiale geskenk moeilik sou los!! Ek wou dit nie laat gaan nie, omdat dit my so goed en so spesiaal laat voel het! So 'n teken dat ek Sy spesiale kindjie is. Ek moes erken: dit was vlees - dit het my vlees gestreel, en om van hierdie spesiale verskynsel te vertel het my goed en tog so bevoorreg laat voel! Ek moes dit maar net eenvoudig erken en bely!! Toe ek begin bely kon ek dit begin regkry om dit wat ek so gekoester en vasgehou het in my hart, totaal te "release" en te laat gaan. Ek was toe gereed en oop vir die skrifte wat alles vir my bevestig het.
Toe ek daarna weer na die skrif in Ps 24 kyk, besef ek dat daar gepraat word van SKOON hande!! Ek het net besef hoe fyn die vyand met misleiding inkom, die oomblik as hy sien jy soek daarna om naby te kom, ".. to see His face!" Dit was my hartsbegeerte en ek het besef ek moes deur hierdie toets gaan om die misleiding te kan sien en erken. Anders sou ek dalk nooit besef en erken het hoe sterk die begeertes van my vlees is nie, hoe kragtig ek deur my "eie ek" mislei en gebind kan wees nie. Hoogmoed is iets wat mens BAIE moeilik by jouself erken - vra my!!!
Die Gees van Yahweh het my teruggevat na Exodus. Die volk wou iets tasbaars hê wat hulle kon sien met hulle oë en wat word toe "geskep"?! DIE GOUE KALF!! Wat vir my die ontstellendste is wat ek nou eers raaksien, is wie die goue kalf toe vir hulle gebou het: Aaron wat die verpersoonliking van die geestelike leierskap was!! Hy wat deur Yahweh self aangestel was in daardie posisie!! Sy verweer toe Moses met hom daaroor praat, is dat die volk dit so wou hê!! (klink vir my darem alte veel na "people-pleasing"!!) Die volk kon en wou nie wag nie - en satan kry sy sin! Hulle kry iets wat hulle kan sien en wat die vlees streel. En hy maak dit vas met die grootste misleiding van alles: die regte woorde is gesê! "Tomorrow is a festival to Yahweh" (Ex 32:5), maar die goue kalf word op 'n altar geplaas en aanbid!! Kyk hoe het Yahweh met hierdie sonde gedeel: hulle moes onmiddellik ‘n keuse maak en 3000 het gesterf!! (Ex 32:33-35).
Ek was mislei en het GEVOEL die "gold dust" is 'n teken van Yahweh El Shaddai se teenwoordigheid, maar as ek na die Skrif kyk is Sy teenwoordigheid in 'n wolk. Ek haal aan uit "Scriptures" Ex 33:17-23: "And YHWH (Yahweh) said to Mosheh (Moses), ‘Even this word you have spoken I shall do, FOR YOU HAVE FOUND FAVOR IN MY EYES, AND I KNOW YOU BY NAME’. Then he said, ‘Please show me Your esteem’ (ander vertalings praat van "heerlikheid, glory"). And He said, ‘I shall cause all My goodness to pass before you, and I shall proclaim the Name of YHWH before you. And I shall favour him whom I favour, and I shall have compassion on him whom I have compassion.’ But He said, ‘You are unable to see My face for no man does see Me and live.’ And YHWH said, ‘See there is a place with Me! And you shall stand on a rock.. And it shall be while My esteem passes by, that I shall put you in the cleft of the rock and cover you with My hand while I pass by. Then I shall take away My hand and you shall see My back, but My face shall not be seen.’"
Yahweh het hom toegemaak voordat Hy in Sy heerlikheid (glory) verbygegaan het - in die donkerte en in die donkerste tye van mens se lewe is jy die meeste bewus van Sy teenwoordigheid, is jy die naaste aan Hom, is dit nie so nie?! En Hy sê duidelik in vers 19 toe Moses vra dat hy Sy heerlikheid wou sien: "I shall cause all My goodness to pass before you, and I shall proclaim the Name of YHWH before you." Die wolk van Sy teenwoordigheid (His Presence) is "His goodness and Kindness" over us (Rom 9:15,16; Ps 51:1(3); Ps 23:6; Ps 16:2; Ps 117; Ps 118 om maar 'n paar voorbeelde te noem!!).
Verder in Ex 34 toe Moses moes opgaan om die 2de stel kliptafels te ontvang, Ex 34:5-7: "And YHWH came down in the cloud and stood with him there and proclaimed the Name YHWH . And YHWH passed before him and proclaimed , ‘YHWH, YHWH, an El compassionate and showing favour, patient and great in KINDNESS and TRUTH, watching over KINDNESS for thousands, forgiving crookedness and transgression and sin, but by no means leaving unpunished, visiting the crookedness of the fathers upon the children and the children's children to the third and fouth generation."
Die Gees van Yahweh het in Desember 2002 vir my duidelik Jes 30 kom gee en nadat ek alles afgelê het en bely het en skoongemaak het, my weer daaraan kom herinner. Ek haal net 'n gedeelte aan wat vir my totaal 'n nuwe betekenis bygekry het. Yesh (Jesaja) 30 vanaf vers 18: "And therefore YHWH shall wait to show you favour . And therefore He shall be exalted, to have compassion on you. For YHWH is an Elohim of right-ruling. Blessed are those who wait for Him. For the people shall dwell in Tsiyon (Zion) at Yerushalayim (Jerusalem), you shall weep no more. He shall show much favour to you at the sound of your cry; when He hears, He shall answer you. Though YHWH gave you bread of adversity and water of affliction, your Teacher shall no longer be hidden. But your eyes shall see your Teacher, And your ears hear a word behind you, saying, This is the Way, walk in it, whenever you turn to the right, or whenever you turn to the left. And you shall defile the covering of your graven images of SILVER and the planting of your moulded images of GOLD. And YOU SHALL THROW THEM AWAY AS A MENSTRUAL CLOTH AND SAY TO THEM, ‘BE GONE!’ "
Ek vertrou dat die Gees van Yahweh vir elkeen verligte oë van verstand sal gee en sal oopbreek op Sy kosbare manier wat ons moet weet rondom hierdie saak. Al waaroor ek met outoriteit kan getuig is my eie ondervinding en hoe dit aan my oopgebreek is. Daar is bevestiging in Job 33:14-18 oor hoe Yahweh die mens waarsku om sy siel te red van die dood en van die maniere hoe Hy met die mens praat is deur drome en naggesigte! Na hierdie openbaring kan ek my juis met Job vereenselwig, veral vers 15-17 van Job 23. Hy was, as ek dit in my eie woorde moet sê, "toegemaak met duisternis", maar in Job 42: 3-6 sê hy: "Who is this that hides counsel without knowledge? Therefore I declared but I did not understand, matters too marvelous for me, which I did not know. Listen, please and let me speak, I ask You, then would You make it known to me? I have heard of You by the hearing of the ear but now my eye sees You! Therefore I despise myself and repent in dust and ashes."
Wilhelmina Nel
Saldanha