NIE GEKEN NIE, NIE AANGENEEM NIE, NIE GEËER NIE
(‘n Vaste patroon wat reg aan die begin van Yahshua se koms vasgelę is en wat ook vir al sy volgelinge, tot vandag toe, geld)
Is dit nie ironies nie: “Die węreld het deur Hom (Yahshua) ontstaan (m.a.w. Hy was die fokuspunt wat Yahweh voor oë gehad het toe Hy die węreld geskape het), en die węreld het Hom nie geken nie”? Alle dinge wat in die hemele en op die aarde is, is in Hom en deur Hom en tot Hom geskape (Kol 1:16; 1 Kor 8:6; Efes 3:9; Heb 1:2). Hy is voor alle dinge (d.w.s. belangriker as en groter as alle dinge); in Hom hou alle dinge in stand (Kol 1:17). Voordat Avraham was, IS Hy alreeds (Joh 8:58 - in die sin dat die woord - logos - en die plan aangaande die Messias van die grondlegging van die węreld reeds bestaan het). Hy is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid (Heb 13:8). Sy uitgange (d.w.s. die besluit om Hom na hierdie węreld te stuur) is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid (Miga 5:1). Hy staan bekend as die Aleph en die Tau - die begin en die einde wat betref die plan rakende ons verlossing.
Die tragiese is egter: Die węreld het Hom nie geken nie. Aan die een kant het niemand Hom nie geken nie, omdat Hy eers na verloop van ‘n sekere tyd (in die volheid van die tyd - Gal 4:4) aan hierdie węreld geopenbaar is. Maar selfs toe Hy as mens in hierdie węreld gebore is en hier kom leef het (ook gesterf en opgestaan het), het die meerderheid Hom nie geken nie. Nie omdat hulle Hom nooit ontmoet het nie, maar omdat hulle harte toegesluit was vir die boodskap wat Hy gebring het. Hy het na sy eiendom gekom, maar sy eie mense het Hom nie aangeneem nie (Joh 1:11). Die mense van die węreld het hulle gang gegaan en GELEWE, maar hulle kon nie hulle harte oopmaak vir die Een wat aan hulle die lewe geskenk het en die sleutel hou van die WARE LEWE nie (Joh 10:10;14:6). Die mense van hierdie węreld het die goeie dinge en die gawes en die seëninge uit die hand van die Skepper geniet, maar nie erkenning gegee aan Hom deur Wie hulle dit ontvang het nie. Hulle manier van lewe was ‘n bewys dat hulle nie die Sleutel van redding en die Middelaar tot die ware lewe geken het nie.
Dit is betekenisvol dat die vrome Simeon vir Yahshua as baba in sy arms geneem het en geprofeteer het: “Hierdie Kind is bestemd tot 'n val en 'n opstanding van baie in Israel en tot 'n teken wat weerspreek sal word”(Luk 2:34). Die manier waarop die mense van hierdie węreld hulle harte sou toesluit en sou weerstand bied teen Yahshua (wie se Naam beteken: die Verlossing van Yahweh) is nie net deur profete voorspel nie. Dit word ook profeties uitgebeeld deur sekere voorvalle wat reeds kort na die geboorte van die Messias plaasgevind het. Een voorbeeld hiervan is dat ons lees dat Miriam (Maria) vir Yahshua in doeke toegedraai het (Luk 2:7). Op die oog af lyk dit nie na iets buitengewoon nie, maar die Griekse woord (sparganoo) wat hier gebruik word, dui op ‘n dieper betekenis. Hierdie woord word soms gebruik vir die doeke (“swaddling clothes”) waarmee babas toegedraai word, maar beteken eintlik “verbande waarmee wonde verbind word”. Kan dit wees dat die doeke waarmee Yahshua as baba toegedraai is, ten diepste heengewys het na die wonde wat mense Hom sou toedien? Nie net fisiese wonde nie, maar ook emosionele wonde. Die feit dat mense later sy boodskap sou verwerp en verdraai en verag. Die feit dat die węreld die Messias en sy volgelinge sou vervolg en sou haat. En die feit dat dit juis deur sy wonde is dat daar vir ons genesing sou kom (Yeshayahu / Jes 53:3-5). Soms is dit ook deur ons wonde en ons swaarkry dat daar vir andere genesing kom - die bediening van versoening is immers ook aan ons toevertrou (2 Kor 5:18).
Nog ‘n stukkie inligting wat byna “toevallig” genoem word, maar wat ‘n veel dieper betekenis het, is die feit dat daar vir Yahshua geen plek in die herberg was nie (Luk 2:7). Hy het hier op aarde geen vaste woonplek gehad nie. Die Woord het vlees geword (sę Joh 1:14) en onder die mense kom woon - letterlik kom “skeneo” - kom tent opslaan; in ‘n hut of ‘n tydelike woonplek kom bly. Daarom is daar ook goeie rede om te vermoed dat die Messias tydens die Loofhuttefees (in September / Oktober) gebore is - die fees waartydens ‘n mens tot vandag toe reg deur die land van Yisrael hutte en tydelike woonplekke sal aantref. Waarom? Omdat dit die voorskrif van die Woord is (Wayyikra / Lev 23:42) en omdat dit die volk daaraan moet herinner dat hulle hier op aarde net “bywoners” is. Ons permanente woonplek is nie hier op aarde nie - dit word in die hemel vir ons in bewaring gehou. Alhoewel ons deel van hierdie węreld is, pas ons nie in by die węreld en sy manier van doen nie. Ons oog is gerig op die ewige en nie op die tydelike nie.
Die woorde van Simeon dat Yahshua bestemd was tot ‘n val en opstanding van baie in Yisrael, dui onder meer daarop dat Simeon oortuig was dat Yahshua ‘n profeet was. Dit word bevestig deur die vraag aan Jahchanan (Johannes) die Doper: “Is u die profeet” en sy antwoord dat hy nie self “die profeet” is nie, maar die een wat die pad van die profeet moes voorberei (Joh 1:21-23). Alles dui daarop dat Yahshua reeds van sy geboorte af as “die profeet” geďdentifiseer is wat, net soos die profete van ouds, ‘n boodskap sou bring wat vir sommiges ‘n boodskap van aanstoot sou wees en vir andere ‘n boodskap van redding. In die lig van gedeeltes soos Hand 3:22 en Devarim / Deut 18:15-19 weet ons dat “die profeet” op wie se koms almal gewag het, ‘n profeet “soos Moshe” (Moses) sou wees. Moshe was dus ‘n tipe of ‘n voorganger van hierdie groot Profeet wat sou kom. Daarom kan ons verwag dat daar bepaalde ooreenkomste en raakpunte tussen Moshe (Moses) en Moschiach (die Messias) sou wees.
‘n Gebeurtenis uit die tyd van Moshe wat vir ons van belang is, is die episode toe die volk tydens Moshe se afwesigheid vir hulle, soos die heidene, ‘n goue kalf gemaak het en daarvoor neergebuig het. Net soos Moshe vir ‘n sekere periode op die berg, in die teenwoordigheid van Yahweh, vertoef het, vertoef Moschiach op hierdie oomblik ook aan die regterhand van sy Vader van waar Hy weer gaan terugkeer na hierdie aarde toe. Waarmee hou ons ons besig terwyl die Messias by sy Vader in die hemel is? Is ons nie ook besig met heidense, goue kalf aanbidding nie? Is die manier waarop die meerderheid van mense in hierdie węreld, mense wat bely dat hulle volgelinge van die Messias is, kwansuis die geboorte van die Messias vier, nie deurweek met heidense goue kalf-tipe aanbidding nie? In 1 Kor 10, waar Shaul (Paulus) oor die voorbeeld van Moshe praat, lees ons die volgende woorde: “En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel”. Dit beteken nie eet en drink en speel is verkeerd nie, maar eet en drink en speel wat gekoppel word aan praktyke - ja, ook feesdae soos kersfees - wat met afgodery en heidense gebruike te make het. Hierdie duidelike verbod (veral teen afgodediens - onthou 25 Desember was oorspronklik die herdenking van die geboortedag van die songod) word bevestig in gedeeltes soos 1 Kor 6:10; Gal 5:19-21; Efes 5:5; Openb 22:15.
Oor die afgelope 16 eeue is die geboorte van die Messias aan ‘n fees gekoppel wat hoegenaamd niks met die boodskap van die Skrif te make het nie en wat boonop duidelike heidense elemente bevat en al die kenmerke van heidense feeste (goue kalf aanbidding) vertoon (soos losbandigheid, dronkenskap en brassery). Dit is net nog ‘n bewys dat die węreld die Messias nie ken nie, dat sy eie mense Hom nie aanneem vir wie Hy is nie en dat Hy nie die eer ontvang wat Hom as die eniggebore Seun van die Allerhoogste toekom nie. Kom ons beywer ons opnuut daarvoor om hierdie patroon te verbreek en te begin om die Vader en die Seun te vereer volgens die duidelike riglyne wat vir ons in die Skrif neergelę is.