DIE BETEKENIS VAN SHEMUEL (SAMUEL) VIR DIE TYD WAARIN ONS LEWE

 

1.                  Shemuel was ‘n rigter (1 Sam 7:15) - word genoem shophetim (iemand wat andere regeer deur teëspraak, regspraak en inspraak) en  “moshi’im (iemand wat andere verlos, vrymaak, en help - kom van die woord yasha).

2.                  Die naamShemuel”: 1 Sam 1:20; 28 - (sha’al) = versoek, begeer, benodig – 2 betekenisse: (1) Hannah se aanvanklike begeerte (sy sha’al  ‘n seun van Yahweh) en latere opoffering (Yahweh sha’al die seun van haar) en (2) Ps 99:6 - (shemo) = sy naam is El -- d.w.s. Samuel het te make met die aanroeping van Yahweh se Naam

3.                  Shemuel was die voorganger van Sha’ul (= “om te begeer“ - dui op die begeerte aan ‘n aardse koning in die plek van Yahweh) – vgl. 1 Sam 8:7 (tipe van die Antimessias)

4.                  Algemene situasie in Shemuel se tyd:   

            4.1  Woord van Yahweh skaars/kosbaar (1 Sam 3:1)
            4.2  Openbaring
breek nie deur nie (1 Sam 3:1)
            4.3  Eli se swak (1 Sam 3:2 - geen visie)

            4.4  Ikabod
- eer is weg (1 Sam 4:21: eer = ark,
simbool van die wet van Yahweh)

5.                  Shemuel was bereid om te hoor wat Yahweh (1 Sam 3:10) en hom aan Yahweh te onderwerp (“dienskneg”) - daarom was Yahweh met hom (1 Sam 3:19) en het Hy Hom aan hom openbaar (1 Sam 3:21 - ga’al = om die bedekking/kleed te verwyder)

6.                  Shemuel was betroubaar (“aman - 1 Sam 3:20) as profeet van Yahweh (profeet = iemand wat sy eie hart bedek en Yahweh se hart openbaar - vgl. Jer 20:7-9; 23:16)

7.                  Shemuel begelei die volk van die nederlaag by Ebenhaeser naby Afek (= “to force oneself”) tot by die oorwinning by Ebenhaeser naby Mitspah (= “to watch, to wait”) - 1 Sam 4:1-2; 1 Sam 7:11-12 [Ebenhaeser betekensteen van hulp” - vir sommiges is die Messias ‘n Steen van aanstoot, vir andere ‘n Rots van heil]

8.                  Shemuel leer die volk die betekenis van bekering met die hele hart” - 1 Sam 7:3-6:

            8.1       Verwyder afgode (Baals en Astartes = vreemde name en vreemde feeste)

            8.2       Maak jou hart vas aan Yahweh (Erken Hom as jou enigste bron van sekuriteit)

            8.3       Wees aan Yahweh alleen gebind (soos mens aan ‘n baas of ‘n man gebind is)

            8.4       Laat Yahweh se Rigter vir jou as Middelaar optree (Messias)

            8.5       Maak seker dat jy by Mitspah uitkom (“to wait, to watch, to peer in the distance”)

            8.6       Bely daardie sonde wat jy vroeër (1 Sam 4:3) nie wou erken nie.

            8.7       Neem ‘n besluit om jouself te verloën (die volk het water wat normaalweg gedrink sou word, geweier [deur vas] en op die grond uitgegiet)

                                           Die Skriftuurlike manier om hierdie bekering simbolies te bevestig, is om jou te “was” in die Naam van “Shiloh” (= Messias, vgl. Gen 49:10) om daarmee uitdrukking te gee aan die offer wat Yahweh gebring het deur die lewende water van sy Seun, Yahshua, op die aarde uit te giet “Shilohbetekenom vrede te ervaar, om vastigheid te , om voorspoedig te wees, om vrede te ken”

                                           Dit is opvallend dat Shiloh (wat dui op die Messias) die plek is waar Yahweh Homself reg aan die begin aan Shemuel geopenbaar het (1 Sam 3:21).  Dit is ook by Shiloh waar Shemuel die Woord van Yahweh gehoor het (1 Sam 3:21).  Die tragiese is dat al die probleme rakende die ark van Yahweh (wat die wet verteenwoordig) begin het toe die ark uit Shiloh weggeneem is (1 Sam 4:3-4).  Dieselfde het in die geskiedenis van die Christendom gebeur met die verspreiding van die valse boodskap dat die Messias die wet afgeskaf het en uit ons middeverwyderhet.