VAN ADAM TOT NOAG: DIE EVANGELIE IN ’N NEUTEDOP

‘n Ondersoek na die Betekenis van die Name van die Nakomelinge van Adam soos opgeteken in Bereshit (Genesis) 5

 

‘n Studie van die betekenis van die name van die direkte nasate van Adam, tot en met Noach, lei tot die ontdekking dat hierdie tien name ‘n merkwaardige verhaal vertel: Die verhaal van ‘n Skepper  wat aan die mens die LEWE as gawe gegee het, om daarna te moes toesien hoedat die mens kies om sonde te doen en hierdie wonderlike gawe te verruil vir iets wat sy DOOD sou beteken.  Danksy die guns en volgehoue bemoeienis van hierdie Skepper word ‘n plan in werking gestel waardeur daar weer herstel gebring kan word en die Skepper weer sy regmatige eer kan ontvang.  Hierdie plan behels dat “Iemand” van die hemel moes "neerdaal" (d.w.s. as gawe uit die hemel gegee moes word) sodat die mens weer opnuut die gawe van LEWE kon ontvang.  Om dit moontlik te maak kom hierdie “Iemand” om dissipels te maak en self te STERF sodat almal wat hulle eie sondenood (of geestelike armoede) besef en in Hom glo, die versekering ontvang dat al sou hulle ook sterf, hulle uiteindelik sal LEWE en ‘n periode van ewige RUS sal binnegaan.  Klink dit na ‘n verhaal waarvan jy al gehoor het?

 

 

Betekenis van Naam

Dieper betekenis

Addisionele Notas

Adam = “to be red; to show blood; a man; a human being”

Yahweh het die mens geskape na sy beeld - volmaak, blakend gesond en bruisend met lewe

Die Skrif toon aan dat  bloed ‘n aanduiding van lewe en versoening is - Gen 9:4; Exod 30:10; Lev 17:11

Set = “to place; to substitute; to put on (a dress); to put weeds or thorns on a field”

Die mens het egter gesondig en daardeur die eer van Yahweh verruil vir dorings en onkruid

Volgens die Skrif is dorings simbolies van die nagevolge van sonde - Gen 3:18; Spr 22:5; Jes 5:6; Jes 32:13

Enosh = “to be frail, to be feeble, to be mortal, to be woeful; to be sick”

Hierdie verandering het meegebring dat die mens ellendig, sterflik en beklaenswaardig geword het

Die vernietigende gevolge van sonde blyk uit gedeeltes soos Gen 6:5; Ps 14:1-3;           Rom 3:9-18

Keinan = “to erect; to build (up); to fix; to make a nest”

Yahweh het ‘n plan in werking gestel om die mens uit sy ellende op te rig en weer herstel te bring

Die Vader het uitdruklik gesê dat Hy sy volk weer sal oprig en herstel, bv. Jes 30:26; Jer 30:17; Amos 9:11

Mahalalel = “someone who makes clear or makes to shine or praises Elohim”

Daar was iemand nodig om Yahweh (weer) op die voorgrond te bring sodat Hy sy eer kan ontvang

Dit waarvoor Yahweh die mens in die eerste plek geskape het - Gen 1:26,27;    1 Kor 10:31

Yared = “to come down; to descend; to go downwards”

Hierdie “iemand” moes "neerdaal" uit die hemel sodat ons hier op aarde iets kon ontvang wat direk van Yahweh af kom

Slegs een wat "van Yahweh af" kom, kan die Vader se volmaakte wil doen en ware lewe skenk - Joh 6:38,51

Chanoch (Henog) = “to initiate, to train, to discipline; to make disciples”

Die Een wat gestuur word, kom om volgelinge te maak wat gedoop, opgelei en gedissiplineer word

Dis op dié manier dat mense Yahweh spontaan kan liefhê en (soos Henog) volkome voor Hom wandel - Jer 31:33-34

Metushelach = “He was sent for death; his death will send or bring”

Hierdie Een is gestuur om te sterf, maar deur sy dood stuur (bring) Hy ook iets besonders aan ‘n besondere groep mense

Sy dood was soos die “dood” van ‘n koringkorrel - dit bring ‘n groot oes te voorskyn -    Joh 12:24; 1 Kor 15:36

Lamech = “to the poor; to those who are lacking; to them who are in need”

Die groep mense wat deur sy dood bevoordeel word, is veral diegene wat eenvoudig en “arm van gees” is

Hy het nie vir die “gesondes” gekom nie, maar vir die siekes, armes en ellendiges - Jes 61:1-3; Matt 5:3; Mark 2:17

Noach = “to rest; to settle down; to dwell comfortably”

Aan hierdie armes of ellendiges sal Hy op die bestemde tyd rus en vrede en ‘n veilige tuiste gee

Die periode wat sal aanbreek  met die koms van die Messias, is die Sabbatsrus wat deur baie verwag word - Heb 4:1-11